Argief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Vuurwarm debatte by vanjaar se Absa KKNK

‘n Interessante nuutjie by vanjaar se Absa KKNK op Oudtshoorn is ‘n besprekingsforum in ‘n hele nuwe gedaante waar kopstukke gedebatteer gaan word oor alles wat almal in die land aan die praat het. Die besprekings beloof om meer as een feesganger witwarm onder die kraag te laat …

Die debatte en gesprekke is egter alles behalwe ‘n gesellige sitkamergesprek – hier gaan dinge uitgepraat word. Hier gaan die manne en vroue dinge by die naam noem. Hier gaan groot en hard gepraat word.

Die organiseerder, Gerrit Brand, gesoute Kaapse joernalis en uitgesproke filosoof, het sprekers aangetree om onderwerpe aan te roer wat diep krap in die psige van al wat ‘n Afrikaanse Suid-Afrikaner is. Hulle sluit onder andere in Jake Gerwel van die Nelson Mandela Stigting, Laurie Gaum, uitgesproke gay NG predikant wat uit sy kerk geskop is nadat sy minnaar selfmoord gepleeg het en Martin Welz, omstrede redakteur van die tydskrif Noseweek. Elna Boesak, vrou van dr Alan Boesak en bekende radiopersoonlikheid, sal die besprekings lei.

Wie sou jy byvoordbeeld dink moet ‘n onderwerp aanroer soos Kokkedoor of diepste bodem – hoe gaan dit werklik met ons universiteite? Brand het daarin geslaag om groot kokkedore soos Jimmy Ellis (Universiteit van Johannesburg), Theuns Eloff (Universiteit van Noord-Wes), Mvula Yoyo (Universiteit van Fort Hare) en Sipho Seepe (Henley Bestuurskollege) bymekaar te kry om hul sê te kom sê.

Dan is daar die kwessie waaroor almal wonder. Sondaar of Sondebok? Homoseksulele gelowiges beloof ‘n interessante en heftige debat tussen die konserwatiewe Peet Botha van die Cedar Onderwyskollege in Potchefstroom en Gaum, eertydse gay leraar van ‘n NG kerk in Kaapstad.

Tim du Plessis, redakteur van Rapport, die uitgesproke koerantredakteur Welz wat vir geen duiwel stuit nie en die meer gematigde joernalis Justice Malala gaan vir seker kaalvuis onder mekaar inklim in die bespreking Cowboys, Crooks en Koerante – die media vandag.

Kan enigiets goed uit Afrika kom? Kom luister gerus wat Christi van der Westhuizen van die Instituut vir Wêrelddialoog en Liesl Louw van Beeld oor die saak te sê het. Hier gaan die vonke beslis spat …

Daar is ook drie forums waar almal wat iets op die hart het, hul sê kan sê. Desmond Painter en Ria Olivier lei die debatte hier – enigiets van die voortslepende kragonderbrekings in die land tot die Zuma-debakel en die omstrede stand van rugby in ons land.

Toegang is gratis. Dis sommer net ‘n plek waar almal wat iets het om te sê, kan kom keel skoonmaak. Soos die koördineerder Gerrit Brand tong in die kies sê: “Gratis debat is aaklig. Dit saai twyfel en onsekerheid. Dit lei tot onrus en oproer. Dit staan in die pad van versoening en konsensus. Dit bewimpel alles. Dit laat jou net wonder ...”

Vir tye, lokale en kaartjies besoek die Absa KKNK-webtuiste by www.kknk.co.za



LitNet: 16 Maart 2006

Wil jy reageer op hierdie kennisgewing? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.