Argief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Die Cederbergfees is ‘n kuierfees!

Die Cederberg Kunstefees vind hierdie naweek in Clanwilliam plaas. LitNet het met feesorganiseerder Ilsé Lochner gesels.

1. Waarom nog ‘n fees? Hoe verskil die Cederbergfees van ander kunstefeeste?
Daar was miskien nog altyd ‘n vorm van ‘n feeskultuur in ons streek. Die kuierkultuur rondom storievertel, kosmaak en besondere natuurskoon is sinoniem met Clanwilliam en omstreke. Die weer en ons mense tel darem maar baie in ons guns.

Die Cederbergfees is ‘n kultuurfees met ‘n kunste-gerigtheid.

2. Die Fees het in 1997 begin as die Leipoldt-fees. Waarom die klemverskuiwing?
Die konsep rondom die Leipoldt-fees was werklik te eksklusief en die plaaslike behoefte aan ‘n breër gemeenskapsgerigte kultuurervaring het spontaan die grense verskuif.

3. In watter mate het die Fees sedert 1997 gegroei? Wie besoek die Fees?
Daar’s ‘n omvattende gemeenskapsbetrokkenheid en ons probeer die mees toepaslike produksies van “buite” aan ons gemeenskap bekendstel. Ook om sodoende te kan deel in wat ons kultuurgemeenskap bied – ‘n “gee-en-neem-kultuur”, miskien.

4. Ons verstaan surplusfondse gaan aan gemeenskapsprojekte. Vertel ons meer daarvan.
Die jeug is ‘n prioriteit. Fondse gaan aan toneelfees-projekte wat regisseurs- en skryfskool-projekte insluit. Ons vlagskipproduksies oor die jare heen was nog altyd gemeenskapsgerig en gefokus op gemeenskapsbetrokkenheid.

5. Wat is die langtermyndoelwitte van die fees?
Die uitgangspunt bly dat die fees sy eie pas aangee - die fees word nie van buite die dorp bestuur nie. Ons sal graag wil verseker dat die veelsydigheid van ons kultuuraktiwiteite nog verder ontwikkel tot ‘n totale deelname van almal in ons veelsydige gemeenskap.

Besoek LitNet se feesblad vir nadere besonderhede oor die Cederberg Kunstefees.


LitNet: 28 April 2006

  • Wil jy reageer op hierdie kennisgewing? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

    boontoe / to the top


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.