Argief
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Soutie

Fanus Rautenbach

In die Tweede Wêreldoorlogsdae (1939–1945) het ons as kinders na ‘n Engelse soldaat as ‘n “Soutie” verwys. My pa sê toe dit was ook die benaming tydens en na die Anglo-Boereoorlog en die Eerste Wêreldoorlog. Later is selfs ‘n Suid-Afrikaanse Engelsman uit Engeland ‘n Soutie genoem.

Waar sou die benaming vandaan kom?

Ons as onnutsige seuns het ons eie verklaring gehad: ’n Soutie was ‘n Engelsman wat so wydsbeen met sy een voet in Suid-Afrika en die ander voet in Brittanje gestaan het, met sy manlike orgaan wat in die soutwater van die see gehang het …

Intussen skryf CJ Langenhoven in die tweede deel van “Aan stille waters …” oa die volgende, wat ek as baie depressief en negatief beskou, toe gebruik en my rekenaar as antidepressant:

Met die waters wat verby is
sal jou meule nooit weer maal
uit die assies in jou vuurherd
sal jy nooit g’n gloed meer haal.
Dit is darem baie negatief! Kan ons dit nie bietjie vroliker, meer positief maak nie? My buurman sê dan moet Umfaanus dit doen, want Umfaanus is oom Langen-hoven ‘n kort-kop voor!

Kom ons probeer; hier is die eerste antidepressiewe strofe:

Met damme en damme vol water
moet jy mooi vir die roesplekke koes
want dis Lexington se teerhoes
wat jou pienk longetjies verwoes
met die riviere wat gespaar word
sal ons damme vol water kry
party mense drink net vodka
sal hulle by jou bely
party mense drink skoon vodka
sal hulle by jou bely:
“Kinders moenie innie water mors nie
die oumense gooi dit by!”

Dan dink ons aan die kwaai matroos
hy word woedend … dit kan jy dink
die see is vol van water
maar nie ‘n druppel om te drink!

Die Engelsman swem mos kaalgat
hy maak nooit ‘n foutie
as hy met sy totter innie water spat
word die kakie ‘n ware “soutie”.
So is sy naam vervang:
hy piepie soeties oor die oseane
’wyl sy worsie wydsbeen innie soutwater hang!

Hy is gesout teen koue
en word nie maklik oud nie
die boere is kwaad vir sussie
want sy soen ‘n oopbek-soutie!

Gelukkig het ons baie water
dit maak ons hartjies bly;
maar kinders, moenie innie water mors nie
die oumense gooi dit by!




LitNet: 22 November 2005

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.