Argief
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Wie is ons Grapkoning?

Fanus Rautenbach

Ek koop sy boek, bestaande uit 195 bladsye, vir R1,00 by ‘n boekwinkel van gebruikte boeke:

Suid-Afrikaanse
G R A P – K O N I N G
South African
J O K E – K I N G
deur
Richard Fick Outeursreg Junie 1945.
As Origineel, Oorspronklik
Die eerste en enigste van
sy soort in Suid-Afrika.

En nou kom die mooi deel:

“Kopie- en Gedagte-Reg”
voorbehou deur
Die Versamelaar

Tot u diens,
Die Eienaaar, Vader en Versamelaar

RICHARD FICK
Posbus 181, Randfontein (Transvaal)

“Gedagte-Reg?”

‘n Klomp kopers staan tou voor ‘n winkel waar ‘n groot uitverkoping aan die gang is. Die mense in die tou druk en skuur. Een vrou sê vir die man voor haar: “Ag, Meneer, wil jy nie net vorentoe beweeg nie? Ons skuur teen mekaar, en dis ‘n groot verleentheid.”

Hy antwoord: “Dame, dit wat jy teen jou lyf voel, is maar net my beurs en my maand se salaris!” Sy sê: “Dis wat ek bedoel; die afgelope tien minute het jy al vier verhogings gehad!”

Dit is die karikatuurtekenaar Rufus Papenfus se eie “gedagte-reg”-storie. Ek vra of hy dit nie vir Umfaanus sal skets nie, maar hulle kan hom nie betaal nie. Ek werk ook verniet!”

Merk Rufus op: “Ja, ek weet, daarom noem ons ons werk VRY-SKUT! Dis vry, gratis en verniet!”

Dis lekker om te sê dat dit my woord is, vryskut … die Afrikaans vir freelance. Ek het dit uitgedink, maar daar bestaan nie iets soos “Gedagte-Reg” in die Kopieregwet nie.

Nog ‘n oorspronklike woordjie is hysbakkies vir face-lift – dis ook my eie skepping. En oorbel vir selfoon … Maar nou het ek al drie oorbelle gehad, en dit word ’n oorlas!

Die slenterbroeke wat die jong dametjies dra, dié waar die magie en die naeltjie uitsteek (wat is dit op Engels? Hipster?) … Daardie broekie noem ek ‘n naelskraapbroekie, of net ’n naelskrapie.

As iemand baie maer is, sê die oumense: “Hy het aan die agtertiet (of agterspeen) gedrink.”

Terwyl ons met die onderwerp besig is: ek noem Johanna wat by ons werk, Johanna van die Bo-Kaap. Sy sê nee, sy is nie ‘n bruin mens of ‘n kleurling nie, sy is in Prieska gebore, sy is ‘n Namakwalander. “My moeder had sestien kinders, ek was die laaste ene, daar was nie meer moedersmelk vir my oor nie, toe noem hulle my Droë Pram!”

Kom ons maak die briek los met hierdie oorspronklike “Fanus-storie” …

Elke keer as dit reën, kla Vroutjie-Douwtjie by my en ek belowe om die dak, wat lek, heel te maak. Maar dat doen ik niet. Toe kom ek op die plan om ‘n potplant onder die lek te sit. Dit deug!

Maar nie vir lank nie: “Nou lek dit op ons bed!”

Toe dit weer reën, gaan kyk ek: daar is twee plekke waar dit op die bed reent. Ek sit toe twee potplante onder die lekke. Hoe dink jy watter blomme was in die potte? Delicious Monster en Jakobregop!

Dis my eie. Ek registreer dit nou onder die “Gedagte-Reg”.

My advokaatseun sê ek sal maar baie snaaks in die hof lyk as ek ‘n saak wil maak … Snaaks? Pot-sierlik!




LitNet: 1 November 2005

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.