Argief
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Kom ons “benaam” saam!

Fanus Rautenbach

Ek dink onse mense is briljant wat naamgee betref: Weet jy wat ‘n “nerd” op Afrikaans is (die outjie wat klein en maer is, baie intelligent en ‘n dikraam-bril dra)?

My eie vertaling is: briljantjie.

Die Boere is oorspronklik
In Ottery smous hul vark
Die Boere vernoem hulle sake
‘n Troeteldierwinkel is ‘n Ark.

Snoekies is ‘n winkelnaam
Ek en Jy – ‘n handelaar in vis
Seekat se naam is Calamari
Terwyl C-Kos in Hermanus is.

‘n Watergat is ‘n lekker plek
Jy suip jou bene lam
Maar kan jy dink in Londen
‘n kroeg plein Dop-en-Dam!

Savignon en Cabernet
Is in Wynland net die ding
Maar die wynboer noem sy plaas
Engele-Piepie in Robertson.

Al die knape en die kleuters
Sal in hul doeke poefies
Maar Toor- en Speelgoed in ‘n winkel
Kry die naam van Vuile Foefies.

Die Boere boer met Ganse
En laat die water spat
Maar die restaurant in Gansbaai
Se naam is Gansegat !

In Centurion by Pretoria
Is dit lekker vleis, laat waai
Daar steek jy vas by ‘n slaghuis
Wat skree: Kom koop – Hokaai!

In Oos-Londen vir verliefdes
Is die plek van Wu en Wong
Dis Chinees, die winkel,
Maar die juweel is Yinne Yong!

‘n Biefstukpaleis in Sandton
Slaan ‘n wenprys los
Of is dit dalk ‘n Boerebordeel
Met die trefnaam Koningskos?

‘n Melkery in Standerton
Vat die koek met kersies
Kyk net na hierdie bul van ‘n naam:
Koeitjies en Kalfies en ander Versies!

‘n Boeresaak in Pelgrimsrust
Is ‘n pure wenner, sjoe!
Want die koffiehuis in daardie dorp
Se naam is Moerland Toe!

Broeklosmaak is ‘n groot noodstasie
En soms geheel van pas
Draai jy dit om, Ma moenie rasie
Dan kry jy Kakemas!

In Voëlklip het die huise name
Die een het selfs ‘n van
Maar die naam van twee toilette
Is Piep-My-Vrou en Piep-My-Man!




LitNet: 14 Maart 2006

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.