Argief
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Fanus Rautenbach is terug met staaltjies oor studente, die liefde en trouplanne!

Fanus Rautenbach

Daar is meer as een "ware verhaaltjie" oor studente en veral oor goeters wat op Maties gebeur het.

Daar is snaakse stories, soos die een van wat met Uys Krige en sy twee maats gebeur het. Hulle was in 'n baie vrolike bui per trein terug Stellenbosch toe. Daar was 'n oulike dingetjie wat haar mense in Engels gegroet het, sodat Uys-hulle aangeneem het dat sy Engelssprekend is, met die gevolg dat hulle allerhande opmerkings op Afrikaans oor haar gemaak het, soos: "Ek sal darem vanaand my skoene onder haar bedjie wil bêre." Toe hulle aan die einde van die reis kom, vra sy in suiwer Afrikaans ewe galant aan Uys: "En het u darem die reis geniet?" Verpletterd antwoord Uys Krige: "Sorry, no speaka det language!"

Nou by Dirk Mudge se ware verhaal. (Dit is 'n ware verhaal, want ek was by toe Dirk Mudge dit oorvertel het!)

Dit was verkiesingstyd in Suidwes, en saans het ons lekker gekuier. Oom Lappiewa, vertel Dirk Mudge, se grootste ideaal was dat sy enigste seun, Lappa, eendag Maties toe sou gaan en vir die Maties rugby moes speel; en tannie Lappies se grootste ideaal was dat Lappa Universiteit toe moes gaan en predikant moes word. Daarom is hy dan ook in die vrese van die Here grootgemaak. Tannie Lappies het Lappa groot stukke uit die Bybel laat voordra, waarvan I Korinthiërs 13 die gewildste en geliefdste was. Dit was dan ook die enigste teks wat sy gemerk het toe Lappalief van die huis af is. Stellenbosch was ver van die plaas af en oom Lappawa het mooi uitgewerk dat hy hoogstens vier keer per jaar Stellenbosch toe sou kon gaan. Lappa moes elke oomblik wat hy gehad het, gebruik om 'n geldjie te verdien. En hy het alles gespaar … Toe begin hy na die meisietjies kyk en … sy hart word baie seer, want daar was nie een wat hy geken het - en nie geken het nie - wat bereid was om op 'n gatsaag "gelift" te word nie.

"Het ek julle ooit vertel van ie keer toe Uys Krige…"

"Ek wil nou eers van Lappa hoor!"

Hierdie keer hoor Uys Krige se pa niks van hom af nie. Hulle weet nie eens of hy deurgekom het of nie. Sy pa sy stuur toe 'n dringende telegram: "Het jy gedop of geslaag?"

Antwoord Uys Krige: "Ja!"

Telegram aan Uys van Pa Krige: "Ja, wat?"

Uys: "Ja, Pa!"

"Lappaland! Dirk Mudge, ek donner nou vir jou! Vertel van Lappaland … tannie Lappies en Lappa!"

Dirk glimlag fyntjies. "Elke keer as oom Lappaland by Lappa in die kamer kom, het hom mooi uitgevra: "My seun, lees jy darem nog gereeld jou Bybel?"

"Ja, Pa! Maar daar is 'n ander ding waaroor ek met Pa wil praat. Ek weet nie of Pa gesien het nie, maar as Pa die dorp binnekom, dan is daar 'n Volkskiegarage, en daar staan 'n Volksie, net R3 000. Het Pa dit gesien?"

"Ja, ek het dit gesien, maar dit is wêreldsgoed. Lees jy nog gereeld jou Bybel? Gister weer vra jou ma ek moet jou vra of jy gereeld na die stukkie verwys wat sy gemerk het. Die stukkie oor die liefde. Lees jy dit gereeld?"

"Ja, Pa, ek belowe … Pa, dis baie belangrik, ek weet, maar ek moet darem lewe ook … Pa moet weet, die meisiemense wil nie met 'n man uitgaan as hy nie 'n ryding het nie. En dis nou nie lat hy so baie kos nie - net drie duisend rand - dis mos niks vir Pa-hulle nie."

"Dit help nie lat jy die hele liewe wêreld wen en skade ly aan jou siel nie. Jy moet nou my hier en nou belowe dat jy elke aand die stukkie oor die liefde sal lees en sal besin."

En so gaan dit keer op keer.

Volgende keer as oom Lappaland by Lappe in die kamer kom, is dit weer: "Het Pa toe al aan die geel Volksie gedink?"

"Nee, as jy maar so baie aan die Bybel dink as wat jy aan die Volksie dink, sal al ons probleme opgelos word …."

"Hoe gaan dit met Mammie?"

"Gaan baie goed, sy kan nie wag om vir haar 'n rok te gaan uitsoek nie … en sy sê dit gaan vir haar so 'n groot plesier wees om jou toga vir jou te mag koop … 'die kleed van die Here' …"

"Pa. ek hoor daardie kleed kos amper meer as R3 000 … wat die geel Volksie ook kos …"

So het dit aangehou … en het die jaar einde se kant toe begin staan.

Dit was die voortsetting van Lappa se probleme … oom Lappawa en tannie Lappies was baie meer bekommerd oor hulle mooi seun se geestelike lewe.

Daarom gebeur dit elke keer as oom Lappa by die lenkelbedkateltjie vir die Lappas 'n ernstige gebed doen.

"Jou ma stuur baie groete …"

"Dankie, Pa. Pa, daar is iets wat ek …"

"Jou ma vra of jy gereeld elke aand jou Bybel lees en veral van die Liefde, soos sy vir jou in Die Bybel gemerk het. Lees jy nog gereeld jou Bybel?"

So gaan die tyd verby. As oom Lappaland die kamertjie binnestap, dan vra Lappies: "Pa. het Pa toe al aan die … Pa wat nou van die ou Volksie daar langes Mosterd se Garage?"

"Jou ma vra of jy net so gereeld aan Korinthiërs dink as aan die Volksie …"

"Pa, se vir my Ma ek dink ' n mens kan nie 'n bruid op 'n gatsaag opaai nie - ek dink nie ek wil meer predikant word nie … Dis net R3 000 …"

Toe is dit belangrike sake en Lappaland en tannie Lappies kom albei vir hulle mooi seun kuier.

"Lappies, lees jy nog gereeld jou Bybel?"

"Ja … Ma … ja … Pa …"

"Nouja, bring vir ons Die Bybel, dan lees jy vir ons die stukkie oor die Liefde - die stukkie wat jou Ma gemerk het!"

En Lappies gaan haal Die Bybel, slaan oop by I Korinthiërs 13. Maar voor hy kan lees, fladder daar iets uit Die Bybel uit …

"Wat was dit?" vra Dirk Mudge se luisteraars gelyk.

"'n Tjek vir R3 000 … uitgemaak op daardie eerste dag wat Lappies van die geel Volksie gepraat het."

"En die datum?"

"Dit moet jy maar self besluit!"

Groetnis!

Umfaanus





LitNet: 12 Julie 2005

Wil jy reageer op hierdie "Umfaanus"? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.