Argief
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Sonderwysers, Koos Doep en die ATKafee

Fanus Rautenbach

Onderwysers en sonderwysers
Wie het dit eerste gesê? Soms is dit lekker om onbeskeie te wees. Dit is 'n breinkind van Umfaan … laaaank voor Umfaanus. Ek het eenkeer op die verhoog vertel van ons kinderdae, en hoe ons die onnies gaan afloer het in die lewwies wat net na ploefdoef gekom het. Die geleentheid van die vertelling was my eerste optrede by Bronkhorstbaai, toe Flinkveria 10 jaar oud geword het. En noudat Bronkhorstspruit sy Eeufees vier, kan ek dit maar oorvertel …

Daar was 'n emmer, en dis toe die nuwe juffrou haar debuut gemaak het, dat al ons penkoppe ons groot loer kon kry. Natuurlik is daar baie kommentaar gelewer oor die juffrou se anatomie.

Maar die prinsipaal het kom kyk waaroor ons so lag: "En hoe lyk die nuwe onderwyser, Stefanus?" vra hy my en kyk my in die oog, want hy het 'n glasoog gehad.

"Snaaks, Meneer … sy is nie 'n onderwyser nie, maar 'n sonderwyser!"

* * *

Koos Doep
Nog 'n fees: dit is 21 jaar gelede wat Koos du Plessis van ons af weg is. Verlede week is daar groot hulde aan hom gebring.

Ek het Koos du Plessis die eerste keer by 'n funksie by die SAUK ontmoet. Dit was 'n baie belangrike dag vir Afrikaanse musiek, want dit was die begin van die luisterliedjie.

Eenkant, heel beskeie, soos hy maar altyd was, in kakiebroek en hemp, het Koos gesit en luister. Pieter du Bruyn was die voorsitter van die vergadering. Toe iemand vra of Koos se skeppings nie almal luisterliedjies genoem kon word nie, sê Pieter: "Maar kom ons luister … Koos, asseblief, sing vir ons iets?"

Verleë en skaam, soos hy nou maar ten enemale in die openbaar was, staan Koos du Plessis op, skud sy kakiebroek af en vra beskeie: "Is daar nie iemand wat vir my 'n kitaar kan leen nie?"

As ek reg onthou, was dit Louis van Rensburg wat Koos gehelp het. En Koos sing, die eerste keer in die openbaar, op 'n verhoog, "Kinders van die wind …"

Geskiedenis is gemaak.

* * *

Hierdie Kafee is 75 jaar oud!
Watter Kafee? Die ATKV! (Altyd tyd vir 'n ou grappie.) Die Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging.

Die Vereniging het onlangs 'n opstelwedstryd uitgeskryf. Leerders moes skryf oor: "Suid-Afrika, unieke land!"

Hier volg 'n paar uittreksels:

  1. In Suid-Afrika kan 'n mens halfrou vleis eet, en niemand sal dink jy is 'n barbaar nie.
  2. Niks is jou skuld nie, jy blameer alles op apartheid.
  3. As jy vir die Staatsdiens werk, kan jy doen net wat jy wil en dan verskoning aanteken in 11 amptelike tale.
  4. In watter ander land kan jy lemoene met 45 persent alkohol-inhoud in plaas van springmielies na 'n rugbywedstryd toe vat?
  5. As die werkers staak, val hulle niemand aan nie … hoe kwater hulle is, hoe lekkerder dans hulle.
  6. Wanneer daar 'n verkiesing is, word die stemme tot 20 keer oorgetel - totdat die regte party wen.
  7. Onwettige immigrante verlaat die land baie gou, want die misdaadsyfer is te hoog.
  8. Die polisie vra of hulle die misdaad moet opvolg wat jy so pas gepleeg het.
  9. Dis die land waar 'n moordenaar ses maande tronkstraf kry en 'n onwettige TV-kyker twee jaar.
  10. Dis 'n land waar die polisiestasies alarmknoppies het waarmee hulle om hulp kan roep as hulle aangeval word.

Hier is die pryswenneropstel oor Suid-Afrika:

Niemand weet wie Suid-Afrika ontdek het nie. Die Engelse blameer die Portugese en die Portugese blameer die Hollanders. Feit bly, Suid-Afrika is wel ontdek. Daar word verwys na Vasco da Gama en Bartholomeus Dias, wat om Kaappunt geseil het en Delagoabaai met 'n kruis gemerk het sodat hy dit kon herken indien hy weer eendag daar verby gegaan. Dit is die Dias-kruis genoem.

Ons weet net van Jan van Riebeeck wat Kaap toe gestuur is om groentetuine te kom aanlê. Die groente was so 'n halfwegstasie vir die matrose … Groente help teen skeerbuik.

Baie van die inligting oor die geskiedenis van Suid-Afrika kry ons in Adam Tas se Dagboek. Hy het 'n Dagboek geskryf, want hy het saans as sieketrooster opgetree en die weduwees gaan troos. As hy nie hiermee so besig was nie, sou hy 'n nagboek geskryf het.

Na Jan van Riebeeck, wat 'n kommandeur was, het die goewerneurs opgedaag. Dié wat die beste onthou kan word, is Simon van der Stel, want hy het Stellenbosch gestig waar die Maties geleer het om as Springbokke rugby te speel, eerste ministers te word en op Hermanus te gaan visvang.

Na Simon van der Stel was daar Katzenellenbogen, maar ons het nie baie van hom gehoor nie, want sy naam was te lank vir die voorblad van Die Burger.

Simon se broer, Willem Adriaan van der Stel, sou vandag se regters baie besig gehou het. Dink maar net aan die arme aamborstige regter wat 156 bladsye in die Shake-saak moes voorlees. En in die korrupsiedae van Willem van der Stel was daar nie 'n TV1 en TV2 wat met die gegewens verveel kon word nie.

Terug na die ATKV wat 75 jaar oud is.

Na die opstelwedstryd was daar 'n oorspronklike tweetaligheidstoets.

Kyk of jy 'n sin in Afrikaans kan skryf wat presies dieselfde aantal woorde en dieselfde woorde in Engels het .

Hier is 'n sin met ses woorde; dit beteken dieselfde in Engels as in Afrikaans: My pen is in my hand.

Hier is een met meer woorde: My hand is in my pot in my bed. (Nege woorde.)

Speel saam?

* * *

Die huwelik
Hoekom is ons so ernstig oor die huwelik? Jy hóéf nie te trou nie: jy kan enkel bly en miserabel … Of jy kan trou en wens jy was liewer dood.

By 'n partytjie gehoor: "Hoekom het jy jou trouring aan die verkeerde vinger?" "Verkeerde man getrou!"

As 'n vrou jou man steel, is die beste wraak: laat haar hom hou.

"Pappie, hoeveel kos dit om te trou?" "Nee, ek weet nie Boetie, ek betaal nog altyd."

By 'n damesklub: "Ek het nooit geweet wat ware geluk was voordat ek getrou het nie … en toe was dit te laat."

Huwelik is die triomf van verbeelding oor intelligensie.

Groetnis!

Umfaanus

Wil jy reageer op hierdie "Umfaanus"? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.