Argief
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Hallo daar!

Fanus Rautenbach

Daar is nog 'n fees agter die rug en op Oudtshoorn is daar weer rus en vrede - of is daar? Zimbabwe se verkiesing was maar 'n vervelige "opvoering" sonder 'n kinkel in die ontknoping, maar Daantjie Dinamiet het darem bewys hy kan meer as net een deuntjie sing. Rubriekers kan skryf na pietc@sybaweb.co.zawaar die bydraes versamel en vir plasing versorg word.

Die KKNK se direkteur, Karen Meiring, kla dat Oudtshoorn se verkeersmense en die polisie heeltemal te vriendelik was tydens die fees daar. "Ons moet net ingaan en mense in hegtenis neem wat onkapabel op straat is," het sy gesê en gekla dat daar nie genoeg verkeerskaartjies uitgeskryf is nie.

Tossel se :

'n Mens sou dink 'n kunstefees is 'n sukses as daar meer toegangskaartjies verkoop word as wat nog duurder kaartjies op motors se vensters geplak word. Dalk het Karen meer gesukkel om parkeerplek te kry as om by party van die opvoerings in te kom.

'n Mens wonder of die Suid-Afrikaanse regering 'n voorvertoning van die Zimbabwe-verkiesing bygewoon het. Die spoed waarteen tevredenheid met die verloop van die verkiesing uitgespreek is, wil dit darem alte veel laat lyk asof daar vooraf binnekennis was, en party mense meen die verkiesing is deur 'n wolf in skaapsklere gewen.

Blairrrrrrrr

Daantjie Dinamiet Badenhorst het darem hierdie week 'n nuwe deuntjie gesing toe hy op Flinkdink bewys het hy weet van meer as net note en met 'n paar meer in sy sak by die ateljee in Aucklandpark uitgestap het.

Dis ook nie net in Zimbabwe waar die ou gesaghebbers terug is in die saal nie. Op Beaufort-Wes vertrou die ANC ook steeds op prinse en is die dorpsbestuurder terug in die kussings - of is dit dalk nou op die kussings en sing van die meisies daar steeds dieselfde deuntjie: "Binnekort sal ons prince weer kom!" (op die wysie van "Some day my prince will come")?

Het jy al vasgesit in 'n hysbak? Dis erger as om teen die Stormers te verloor.

Dit het op Goeie Vrydag met my gebeur. Dertien alledaagse, doodgewone Kaapse mense het in die hysbak vasgesit ... eintlik vasgestaan, want hoewel daar 'n bankie vir ses is om op te sit, was die meeste te onrustig, of te histeries, om te sit.

Daar waar oom Gysie Somers woon in daardie aftree-oord, is daar net meer as 200 inwoners, en net meer as een hysbak - daar is twee. En daar mag nie meer as 25 passasiers op 'n slag van die hysbak gebruik maak nie.

Voor in die ingang, op een van die hysbakke, is daar 'n kennisgewing: "In geval van brand moenie hysbak gebruik nie." Toe het 'n grapjas daarby geskryf: "In geval van brand moenie hysbak gebruik nie, gebruik liewer nat slaansakke …" Langsaan staan daar: "In geval van brand, moenie van die hysbakke gebruik maak nie … loop af met die trap. Vat saam met u, u ID-kaart, 'n fles met drinkwater en iets warms." Dieselfde grapjas het by die "ID-kaart" gegrafitteer: "Indien u in die brand omkom, het u darem u ID-kaart by u."

Die gemiddelde ouderdom van die inwoners van oom Gysie se oord is 76 jaar en 3 maande. Seker waarom hulle so gou histeries van engtevrees geword het. Almal het teen die staal-binnekant van die hysbak begin hamer.

"Heeelp!"

"Ons sit vas in die hysbak!"

"Ons is op die eerste verdieping!"

"Tweede!" begin iemand stry.

"Dis die vyfde! Ek weet, want ek het my geld in die my kamer vergeet!"

"Dis die eerste, die grondverdieping … ons het almal nou net klaar geëet!"

"Julle moet gou maak, gou vir ons oopmaak - ek is 'n historikus!"

"Historikus? Dan moet jy aantekeninge hou van al die gebeure!"

Hamer! Hamer! Skreeu!!"

"BLY STIL!" Dis ons lekeprediker se kalmerende stem. Ons bly almal baie stil.

"Ons sit nou al 34 minute hier vas … ons moet iets doen om ons te kalmeer."

"Kom ons sing saam," stel een van die tannies voor.

"Ek is so bang …" sê iemand anders.

"Wat sal ons sing ?"

"Iets toepasliks …"

Ons dink en dink. Toe val oom Elias in met: "Nader my God by u, nog nader by …"

Die grapjas bars uit van die lag.

Maar oom Elias ploeter voort, verkeerd en vals: "Al is daar ooit 'n kruis nodig vir my …."

Sarie het nogal 'n mooi alt en sy vervolg: "Dan sal mij lied nog blij … nader mij God bij u …" En: "Gaan mij niet voorbij, o Heiland. Gaan mij niet voorbij ... Wijl u ander seën, Heiland, open deure ook voor mij …"

"Ek dog jy is 'n agnostikus," vermaak die lekeprediker haar.

Die grapjas lag: "Nie agnostikus nie, vegetariër!"

"Wat beteken dit?"

"Sy gebruik wortels in plaas van kerse!" lag die jollie grapgat.

Hamer! Hamer! Hamer! … almal weer teen die staalplate.

"Stilte, asseblief."

Almal hou op met hamer en skreeu, behalwe tant Fiebie Fobia.

Maar die ander bly nie stil nie.

"Hoeveel is julle daarbinne?"

"Sewe! Nege! Twaalf! Ons is baie … baie bang!"

So hou hulle aan: "Het julle die brandweermense gebel?"

"Bly net stil!"

"Met wie kan ek praat …? Ek wil hê julle moet almal kalm bly ..."

"Ek hoor iemand praat," fluister oom Elias.

"Doodse stilte …"

Tant Fransie word weer histeries: "Wie is daar! Wie praat daar?"

"Wie is dit wat daar is? Ag, antwoord my net. Wie is jy?!"

Skielik is dit doodstil. Almal snuif asof 'n vis gefoeit het.

Mevrou Cgervouvic rek snuif-snuif haar oë.

"Wie het gefoef?!"

"Dis ekke!" giggel 'n vrou van buitekant af.

Die grapjas ken sielkunde. Hy sê: "Daar is iemand ..."

"Wie het daar gepraat van 'foef'?"

"Dis mevrou Cornelia Gouws in kamer 314!" sê Grapjas ...

Tannie Fobie slaak 'n sug van verligting: "Ag, dankie tog … Sy is gaaf! Nou voel almal sommer beter, nou weet almal ons is veilig. Cornelia Gouws is 'n gawe mensie … die beste."

Gewone mense … doodgewone mense … alledaagse mense … gee nie om wie hulle red nie - solank hulle net gaaf is …

Daardie aand, toe almal slaap, lê Gawie Grapjas nog altyd en giggel: daar is glad nie so iemand soos Cornelia Gouws nie en Herman Drumpel is in kamer 314. Mense wil net gerus gestel word.

Groetnis

Umfaanus




LitNet: 06 April 2005

Wil jy reageer op hierdie "Umfaanus"? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.