Argief
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Hallo daar!

Fanus Rautenbach

Woorde en nogmaals woorde: speel met woorde, pret maak met woorde, stuitig wees met woorde en ernstig wees oor en met woorde - veral Afrikaanse woorde. Dit is waaroor ons dit bo alles in hierdie rubriek het. Daarom was dit vir ons so lekker om te verneem van Stellenbosch se Afrikaanse Woordfees. En die speelgrondboelies - maak nie saak of hulle van die Oop Bende of die Toe Bende is nie - moet dié nou nie kom staan en bederf nie! Rubriekers kan skryf na pietc@sybaweb.co.za, waar die bydraes versamel en vir plasing versorg word.

Eers het die bedompiges gedreig en lawaai oor Bram Fischer en die eredoktorsgraad wat by Stellenbosch aan hom toegeken is. Nou is dit die oorbeligtes wat lawaai om dat Dan Roodt 'n geleentheid gaan kry om sy woord by Stellenbosch se Woordfees te doen.

Tossel sê

My pa sê hy kan nie verstaan hoekom is almal so kwaad vir Dan Roodt oor wat hy te sê het nie. Ons leef dan in 'n demokrasie en dit gee mos aan élke mens die reg om 'n gat van hom- of haarself te maak!

*

Sonder liefde kan niemand leef nie. Selfs nie die kleinste kleintjies nie. Miskien juis nie hulle nie. Op TV is daar 'n program met die titel Small Talk. Kleuters, tot sewe jaar oud, word vrae gevra. Meestal is dit baie snaaks. Ek wens iemand wil so 'n program in Afrikaans begin. Maar die meeste Afrikaners reken Afrikaanse kindertjies is te teruggetrokke - behalwe natuurlik as jou naam Dan Roodt is - dan sê jy net wat jy wil. Maar as jou naam Max du Preez is, dan maak Dan van jou 'n teruggetrokkene en sê jy jy speel nie meer saam nie.

Terloops, ek wonder of dr Roodt self sy voornaam - of is dit nou na aanleiding van verlede week se rubriek 'n noemnaam - op Afrikaans of op Engels uitspreek? Hy moet versigtig wees, want as hy die Engelse uitspraak gebruik, beland hy dalk nog straks aan 'n skandpaal!

Een vraag aan 'n outjie verlede week op Small Talk het vir 'n oulike antwoord gesorg. Die vraag was: "What is a love bite?" Toe kom die antwoord: "It is when you kiss a girl, but you don't kiss her you bite her … that is what we call a love bite! … That is like: First come, first served ... but it is 'bite' and then you say: 'Love at first bite …' or 'First come, first bite!'"

*

Hoe sê verskillende mense van verskillende lande die een is lief vir die ander?

In Suid-Afrika, in Afrikaans: "Ek het jou lief!"
In Duitsland, in Duits: "Ich liebe dich."
In Frans: "Je taime."
In Spaans: "Te amore."
In Hollands: "Ik ben verliefd op je", of "Ik heb je lief godverdommme!"
In Engels in Suid-Afrika: "I love you!"
In Amerika: "I love you", maar dan moet daar 'n antwoord ook wees: "I love you TOO!"
In Suid-Afrika as jy 18 jaar oud is: "Het jy lus vir vry?"

Daardie ene in Amerika laat my altyd dink aan die advertensies wat 'n eerste prys iewers by iemand behoort te wen. Dis waar die dogtertjie vir haar mammie vra: "How long are you going to be …?" Antwoord die mammie: "For a while … I must go back …" almal dink sy is in die tronk … en dan buk sy en maak die stort se vloer verder skoon.

Wil van die rubriekers nie vir ons nog 'n paar sulke soort van advertensies uitdink nie?

*

Ek was die naweek in Durbanville. Dog eers ek het in Brakpan beland, of dalk in Al Debbo se Turffontein - daar is vreeslik baie honde in Durbanville. Die honde het omtrent almal dieselfde naam: Plankie.

"Hoekom is elke tweede hond se naam Plankie?" vra ek vir my gasheer.

"Dis omdat hulle sommer so op elke hoek van die straat vasgespyker word!"

*

Kyk 'n bietjie hoeveel mense jy met hierdie kinderpretspeletjie kan vastrek: Dit is in die hospitaal, daar is 'n dringende noodoperasie nodig … "Ek mag nie op die pasiënt opereer nie … bloedverwante mag dit nie doen nie … Jy sien, ek mag nie op my eie kind opereer nie," sê die dokter - wat egter nie die pasiëntjie se pa is nie. Hoe werk dit? (Die antwoord word volgende week gegee.)

*

"Het jy gehoor? Hestrie gaan met die sanger Jurie trou. Dit is 'n romanse wat al lewenslank aan die gang is …"

"Jurie? Jurie Ferreira?"

"Nee, nie so lank nie!"

*

Verlede week het ons nuwe name vir ouetehuise gehad, en ons het berig oor Camilla wat met prins Charles gaan trou. Hulle is self nie meer so jonk nie. Wat sal ons hulle ouetehuis noem? Daar is net een naam: Huis Paleis … of dalk: Paleis Ouetehuis.

Terug by Hestrie en Jurie: Jurie sal saam met haar in die Hoërhuis moet gaan bly!

Ons het dit verlede week ook oor byname gehad. Toe het ons vertel hoe dit wat 'n mens doen hom soms 'n bynaam op die hals kan haal - soos met oom Jood Henning gebeur het. Ons het ook vertel hoe ons oënskynlik die bynaamtradisie by die Skotte geërf het. Saterdag kyk ek op TV na die rugbywedstryd tussen Italië en Skotland en toe is daar 'n man vir wie ek terstond baie jammer voel. Sy van is Hoare en raai in watter posisie speel hy? Ja, hy's die hooker!

*

Op 12 Maart 2005 word die heel eerste program in 'n nuwe reeks op die Woordfees op Vergelegen aangebied. Die onderwerp is: In hoeveel tale kan die mens lag? Op soek na mense wat anders kan lag, loop ek 'n lagsanger raak. Hy LAG enige wysie, maar as iemand in die geselskap eers begin saamlag, is daar geen einde nie. Probeer 'n bietjie lag op die wysie van "Happy birthday to you" of op die wysie en maat van die troumars! Dis groot pret!

Wat my natuurlik baie nader aan trane as aan lag bring, is die jongste gewroeg oor wie en wat nou eintlik 'n Afrikaner is. In die dae toe elke Dan en Daan nie gewonder het oor wie of wat 'n Afrikaner is nie, is wyle dr DF Malan se stelling: "Maak bymekaar wat uit innerlike oortuiging by mekaar hoort", dikwels aangehaal. Lees ek die naweek weer die toespraak van dr Malan waaruit daardie aanhaling kom. Hy het baie spesifiek na Afrikaners verwys en nie net een voorvereiste gestel nie - "… almal wat Suid-Afrika eerste stel …" - maar ook verwys na beide Afrikaans- en Engelssprekende Afrikaners. Hy kan maar bly wees Dan Roodt was nie toe al daar nie, want dalk het hy ook aan 'n skandpaal beland.

Dalk is Tossel se pa heeltemal reg en moet Max du Preez en die ander teruggetrokkenes aan die ander kant van die spektrum dalk nog mooi een van die belangrikste lesse van die demokrasie leer: dit gee aan elkeen die reg om 'n gat van hom- of haarself te maak. Of dalk is húlle self juis besig om daardie reg uit te oefen?

Terloops, in my jongdae was 'n gespyker aan 'n skandpaal die ding wat 'n meisie "in die ander tyd" laat beland het. Nou is dit deel van 'n "literêre debat"! Nou verstaan ek geen woord meer van wat op die Afrikaner se intellektuele terrein gebeur nie!

Groetnis!

Fanus




LitNet: 09 Maart 2005

Wil jy reageer op hierdie "Umfaanus"? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.