Argief
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Fanus Rautenbach

Hallo daar!

Fanus Rautenbach

Vandag is die laaste dag van die stemming vir ons rubriek se naam. As jy dalk die wenner van een van die dubbel-lagskywe (CD's) 'n Hele Opvoering* wil wees, moet jy vandag nog stem. Vrydag kondig ons die wen-naam, die skepper daarvan, asook die naam van die wenkieser aan. Hierdie is almal wat lus het om saam te speel se rubriek. Vandag is dit al die 13de verskyning van hierdie rubriek en nou kan die bygelowiges ook maar bykom. Rubriekers kom saam om te te klets, te vertel, nuwe woorde te skep en humor te deel. Kom rubriek in die rubriek sonder brieke by pietc@sybaweb.co.za. Daar is al 'n mooi klompie rubriekers wat saam brieklosmaak. So vra een byvoorbeeld vandag dat ons moet voortgaan om nuwe Afrikaanse uitdrukkings te skep en oues te verduidelik.

Nou het Koos Wye Voete regtig daarin getrap en is daar 'n geurtjie by. Nogal 'n medaljewyn waarmee die fynproewers laat verkul het.

Tossel sê: Daar is byt in die KWV se wyn omdat hulle stout was en soetrissies by droë wyn gegooi het. Ek sal hierdie wynstories nooit verstaan nie - soet is stout en al maak wyn jou aangeklam, kan dit droog wees.

* * *

Wat ek glad nie verstaan nie, is hoe 'n wyn 'n trofee as jongwyn van die jaar kan wen as dit gedokter is. Ek is hoeka agterdogtig oor my deftige vriende se uitsprake oor die gehalte van wyne. Die manier waarop mampoerproekampioenskappe in die Maricobosveld gehou word, is na my mening baie meer wetenskaplik as die geswaai, gesnuif, geslurp en gespoeg van die

wynmanne. Daar gaan die mampoer met 'n kopruk reguit keelgat af. Die beoordeling vind dan eers die volgende dag plaas as hulle die grootte van die gate in die manne se onderbroeke meet. Daarvoor is geen gilde of skilde nodig nie. Al kwalifikasie wat nodig is, is dat jy nie 'n sissie moet wees nie.

In vandag se Die Burger sê een van die wynmakers wat nou sonder werk is: "Ek het tien goeie jare by KWV gehad en daaroor is ek nie spyt nie … ek moet nou maar my kop ophou en sterk wees." Dalk is daar vir hom in die Maricobosveld 'n stookwerkie.

* * *

My pa het altyd gesê: "Jy moet nie dink geld groei aan bome nie", of "Dink jy daar groei geld op my rug?"

Maar, geld groei darem in grond. Dit is waarom oorsese beleggers so graag eiendom in Suid-Afrika koop. Nou is daar weer sprake daavan dat Suid-Afrikaanse eiendom slegs op die 99-jaar-huurpag aan buitelanders beskikbaar gaan stel. Terug na die feodale stelsel? Dalk is dit maar net 'n uitbreiding van die stamgrondstelsel met die regering as opperhoof.

Volgens 'n brief in Die Burger word eiendom selfs in Tygerberg baie duur:

Meneer die Redakteur,

Nou het ek gedink as jy soveel vir 'n erf betaal, kry jy darem minstens die tier by …

skryf dié leser.

Hierdie brief vra om 'n limeriek :

'n Verkoopsman van Tierberg
sê dit is darem te erg
met of sonder tier
bly ons grond te duur
is dit die kwaadkat of die erf!

* * *

Die Minister van Gesondheid sê die Nasionale Bloedoortappingsdiens moet vir oom Thabo om verskoning vra omdat hy nie hulle vormpie ingevul het nie en hulle toe nie sy bloed wou hê nie.

Nou wonder ek of die Ontvanger van Inkomste ook sal weier om my geld te vat as ek nie sy vormpies wil invul nie.

Eintlik moet dit vir oom Thabo as politikus 'n vreemde ervaring wees dat daar iemand is wat nie sy bloed soek nie. Hy is seker ook maar dankbaar dat Cosatu nie in beheer van die Bloedoortappingsdiens is nie.

* * *

'n Nuwe rubrieker, Leonard Fughardt van Odendaalsrus (baie welkom!), hou daarvan dat ons daarmee volhou om nuwe Afrikaane woorde te skep en om oues te verklaar. Hy vra twee: wolhaarstories (of wolhaarpraatjies) en die Afrikaans vir "Don't crowd me …"

Volgens Afrikaanse Etimologieë van Boshoff en Nienaber is wolhaarpraatjies (kletspraatjies) moontlik bedoel as 'n mengelmoes van byvoorbeeld wol (van skape) en (bok)haar van bokke. Een van my onderwysers in Afrikaans, mnr JC van Eyssen, het destyds geraai dat wolhaarstories stories is wat tydens skeertyd ontstaan het. Maar waarom wolhaar vir "onwaar" gebruik is, het Maatjie van Eyssen nie geweet nie. Sy vertaling van "Don't crowd me …" was … nee, kom ons los dit vir ons rubriekers om voorstelle te maak!

* * *

Ons geagte Minister van Onderwys vra dat ons onderwys by daaglikse omstandighede aangepas word. Sy sê daar is nog altyd getuig dat jy nie appels en lemoene bymekaar kan tel nie. Maar 'n mens kan: twee appels plus drie lemoene is vyf vrugte. En as 1 plus 2 = kondoom is, wat is 3 en 4? Ja, sewe.

Maar nou vra ons weer hierdie ene, net om die leerders in die vakansie aan die dink te hou: As "dit" die antwoord is, wat is die vraag?

* * *

In van die deftigste boetieks in die stad merk ek die jongste modegier in vroueslaapklere op: vaal, erg verkreukelde nagrokkies, en dit is glo erg in aanvraag. Nou wonder ek maar net of dit bedoel is vir seksmoeë mammies … by aansien hiervan dink die pappies hulle het klaar hulle rantsoen gehad&bsp;… en mammies word nie verder gepla nie.

* * *

Prins Harry van Brittanje het 'n Suid-Afikaanse nooientjie en haar naam is Chelsea Davy. Toe hulle hom vra: "Chelsea?", lag hy en antwoord: "Yes, she's a real bun!" 'n Chelsea bun … As hulle in Suid-Afrika trou, word sy seker Koesister.

Dalk moet Harry maar versigtig wees in watter oondjies hy broodjies bak. Ma Diana het hoeka (aldus berigte kort nadat hy wat Harry is, gebore is), op video gebieg hoe sy nuwe betekenis aan die woord "lyfwag" gegee het. Oor die verhouding met haar lyfwag vertel sy op die bande glo onder meer sy het geweet die verhouding het beteken sy het "met vuur gespeel … en ek het gebrand."

* * *

Met erkenning aan die Gautengse middagblad The Star: Humor is internasionaal. Humor is 'n lag met 'n traan, maar humor is ook 'n traan met 'n lag. Nou, September, tydens die Joodse hoë dae, verduister Abraham Lavinsky van Houghton, Johannesburg, amper twee miljoen rand. Die handelstakpolisie spoor hom op … en hy vlug. Landuit. Die laaste aand slaap hy by sy neef in Kempton Park, net langs die lughawe. Sy neef los vir hom 'n boodskap: "Geseënde Yom Kipur en … well over the border!"

* * *

Rufus Papenfus, wat ons prettige sketse in hierdie rubriek versorg, vertel van die jongste urban legend (wolwaarstorie/waarliegstorie), wat nog lank oorvertel gaan word. Nou, verlede maand op die elfde September (9/11) vertel daardie wêreldbekende kenner van terrorisme, Jerry Robinson, oor die BBC se Hard Talk:

Een van die VSA se bekendste opleidingsvlieëniers vertel dat drie Arabiere by hom kom leer vlieg het. Nadat hulle vinnig geleer het om op te styg en te vlieg, sê hy: "Nou nog net leer hoe om neer te stryk, dan is ons klaar."

"Nee," sou elkeen van hulle gesê het, "ons wil nie leer om te land nie …" Hulle het toe al geweet dat dit nie nodig sou wees nie …

* * *

Leon Wessels, minister in die vorige politieke bedeling en deesdae Menseregtekommissaris, het in die dae van die buitensporige invloed van die veiligheidsgemeenskap gevra: " ... en wie waak oor Wagter?" In die nuwe Suid-Afrika is die oplossing gevind: die Suid-Afrikaanse Polisiediens betaal private veiligheidsmaatskappye meer as R46 miljoen per jaar om polisiekantore en ander sleutelgeboue te beveilig.

* * *

Onthou nou, vandag is die laaste dag waarop rubriekers kan stem vir die naam wat hierdie rubriek moet dra!

Groetnis

Fanus



*ONS DOOP-/NAAMGEE-WEDSTRYD

Fanus Rautenbach het onlangs 'n dubbellaserskyf (CD) Hele opvoering vrygestel. Dit bevat onder meer: "Hoogtepunte van Flinkveria se tiende verjaarsdag in Bronkhorstbaai", "Die Bronkhorstbaaifees", "Fanus se grapplaat", optredes in onder meer die Kangogrotte, en geselsies met Simon van de Wildt.

NOU BIED FANUS EEN VAN HIERDIE CD'S AS PRYS AAN VIR DIE LESER WAT HIERDIE NUWE RUBRIEK DIE OORSPRONKLIKSTE NAAM GEE.

Moenie huiwer nie, dink flink, dink suiwer! En stuur dadelik jou voorstel aan: erns@litnet.co.za.

Wil jy graag hierdie dubbel-CD bestel teen slegs R100? Stuur 'n e-pos na erns@litnet.co.za om te bestel!





LitNet: 8 Desember 2004

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.