Argief
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Fanus Rautenbach

Hallo daar!

Fanus Rautenbach

Stem vroeg. Stem reg. Stem dikwels! Die stemme is fluks aan die inkom om 'n naam vir ons rubriek te kies. In hierdie stadium loop Umfaanus met meer as 'n kortkop voor. Onthou, elke stem kry, soos dit inkom, 'n nommer en aan die einde gaan ons 'n trekking hou. Die kieser wie se nommer getrek word, wen ook 'n eksemplaar van die dubbel-laserskryf* 'n Hele Opvoering. Ons sluit vandag die debat oor 'n Afrikaanse vertaling van urban legend af en begin van die voorstelle vertel. Hierdie is almal wat lus het om saam te speel se rubriek. Rubriekers kom saam om te klets, te vertel, nuwe woorde te skep en humor te deel. Kom rubriek in die rubriek sonder brieke by pietc@sybaweb.co.za.

In die Sonstad het 12 van die wêreld se voorste gholfspelers dit begin uitspook in die Nedbank Uitdaagtoernooi.

Tossel sê: Oom Trevor sê ons groeikoers gaan vanjaar 3,5 persent wees. As hy die inkomste van Ernie en sy maters vanjaar kon bygetel het, sou dit seker 10 persent gewees het.

Groot nuus hierdie week was die hof wat beslis het gay-huwelike is in die haak - hulle kan ook nou maar afhaak. Wat sal ons gay-huwelike op Afrikaans noem? Dalk eiesoortige huwelike? Die kerke se reaksie op die jongste verwikkeling laat my dink aan die ou gesegde: "Hulle is getroud, maar nog nie gekerk nie."

* * *

Pieta vertel met al die gestemmery vir 'n naam vir ons rubriek en met oom Trevor in die nuus, laat dit hom dink aan 'n stemdagstorie van die voormalige minister van finansies, Barend du Plessis. Op stemdag in sy kiesafdeling Florida kom 'n omie met uitgestrekte hand na hom aangestap: "Ek is so bly ek kan uiteindelik 'n slag aan jou hand vat - ek het die ding al verdomp so baie in my sak gevoel."

* * *

URBAN LEGENDS … en nog is het einde niet!

Chris van Zijl, Universiteit Pretoria, skryf:

Kom ons los nou eens en vir altyd die legende van die stadslegende, dorpslegende, streekslegende, asook stoepstories, markpleinstories, plaasstories, kerkstories, skoolstories ... en ander stories op.

Dit lyk half vir my asof ons in hierdie rubriek appels en pere bymekaar tel … en net appels, of net pere kry …

Daar is stories wat in die stad, in die dorp, op die markplein en by die skool vertel kan word wat niks met die onoutentieke urban legend te make het nie. 'n Urban legend is nie bloot 'n storie wat oorgelewer is en waarvan die egtheid nie bewys kan word nie. Daardie stories is gewoon stories, of oopskopgrappe wat die toets van die tyd deurstaan het.

'n Urban legend, daarenteen, is 'n storie met 'n kinkel, en gewoonlik bestaan daardie kinkel uit 'n swendel. Dit is nie bloot net 'n Jan Spies-oorvertelling van die spookvrou van Uniondale nie, maar die een van die verpleegster wat met die kunstande deurmekaar geraak het, is 'n urban legend. So ook die legende van die Bybelvertaling toe die knaap sy naamdoek, Habakuk, vir 'n blikkie kondensmelk en Ruth verruil het ... en Ruth wat toe weer Habakuk vir Genesis verruil … en toe Dominee die Bybelname aankondig en Genesis se naam noem, toe draf Habakuk op!

Hier is 'n nou eens en vir altyd die beste, egte, outentieke urban legend: Oom Koos van De Aar kom een Vrydagmiddag met sy Mercedes by Volkskas in die Goudstad aan. Hy sê vir die bankbestuurder hy is heeltemal vreemd in die stad en hy wil, hy moet, R100 tot Maandag leen. As kollateraal bied hy sy Mercedes aan vir die naweek, van Vrydag tot Maandag. Maandag sal hy die bestuurder die lening, plus rente, teen heersende tarief terug betaal. Die bestuurder reken tereg dat dit nie 'n waagstuk is nie, en sê vir een van die klerke om die Mercedes in een van die motorhuise toe te sluit. Hy leen die R100 vir die boer.

Maandagoggend kom haal oom Koos sy Mercedes, en vra wat hy skuld. Die bestuurder werk uit teen die huidige tarief en sê R105. Toe hy sy Mercedes wil uittrek, vra die bestuurder: "Meneer, verskoon my my nuuskierigheid, maar u lyk heeltemal welgesteld. Waarom sou u R100 vir 'n naweek wou leen?"

Antwoord oom Koos met die kinkel: "Meneer, waar in Johannesburg sal jy sulke veilige, onderdak-parkering vir slegs R5 kry?"

Dit is 'n urban legend, en nie daardie ander stories sonder kinkels, of sonder swendels nie.

Aldus Chris van Zijl.

Nou ja toe. Gaan heen en vertaal urban legend met iets anders as stoepstorie, stadstorie, plaasstorie, kampvuurstorie … Onthou, dit gaan nie om die plek waar die legende vertel word of afspeel nie, maar oor die kinkel of swendel of stertjie wat die legendes anders maak as blote oorvertellings.

* * *

'n Mooi so 'n storie oor stadsjapies in die jagveld is van die manne wat elke aand die halfklaar bottel wyn in die kampyskas gebêre het wanneer hulle gaan slaap. Bedags as hulle met bakkies agter die bokke aan is, maak Jonas weer die kamp skoon en maak kos.

Toe die manne terugkom, is die halwe bottel wyn weg. Jonas is dadelik onder verdenking en hulle besluit om hom 'n streep te trek. Hulle pie daardie aand in 'n bottel en bêre dit in die yskas.

Volgende middag is dit weer so. Die halfvol bottel is weg, maar Jonas lyk heel vrolik. So halfpad deur sy bord bredie, wat deur Jonas voorberei is, kan een van die manne dit nie meer hou nie.

"Jonas," was die wyn wat ons vir jou in die yskas gelos het, darem lekker?"

"Nee, ek weet nie. Drink nie wyn nie. Gooi dit net by die kos," kom die antwoord.

* * *

Môre speel die Bokke se tweede span teen die Poemas se tweede span. Die Poemas se eerste span speel vir klubs in Frankryk, want hulle betaal meer. Die Bokke se eerste span speel in Engeland vir die Baabaas teen die All Blacks se tweede span. Nou verstaan ek niks meer nie. Rugby raak nou amper net so vreemd soos krieket: As ons onbeslis teen Indië gespeel het sou ons eintlik gewen het, sê hulle. Maar toe wen die Indiërs. Nou wen hulle!

Gelukkig kan die Bokke darem ook vir 'n week of drie gaan rus voordat die Super 12 weer begin!

* * *

Hier is nou 'n regte stadslegende. Jy het sake met iemand. Jy moet dringend met daardie persoon in verbinding tree. Daar is een manier: bel hom. Hy is nie daar nie en hy los vir jou 'n boodskap op sy antwoordmasjien: "Laat asseblief jou naam en nommer en ek kom terug na jou toe!"

LAASTE HOOR VAN DIE BLIKKANTIEN

"EK KOM TRUG NA JOU"
'n oor-en-oorbel-liedjie
deur Fanus Rautenbach ©

BEL … TELEFOON BEL
JY GEE MY ALTEVEEL HEL
EK LOS 'N BOODSKAP
JY DINK DIS 'N GROOT GRAP
JOU ANTWOORD, DIS WAT MY KWEL:

"LIEWE … NAÏEWE OU BELLER
EK ANTWOORD JOU NOU
LOS MY JOU NOMMER
OU KOELBELKOMKOMMER
EN EK KOM TERUG NA JOU!

JA, EK KOM TERUG NA JOU
BLY KOELKOMKOMMER
LOS MY JOU NOMMER
EN … EK KOM GOU TRUG NA JOU!

Dit het ek nie verdien nie
Ek praat nie met 'n masjien nie
Ek los jou 'n boodskap
Jy dink dis 'n groot grap
Die einde het jy nie gesien nie

EK KOM TERUG NA JOU
LOS MY JOU NOMMER
BLY KOELKOELKOMKOMMER
EN EK … KOM TERUG NA JOU

JA, EK KOM TERUG NA JOU
JY KERM SOOS 'N HOUVROU
LOS BROM SOOS 'N BROMMER
'N REGTE TWEEDEKOMMER
EK KOM GOU TRUG NA JOU!

Ek bel jou op jou oorbel
'n musikale hoor-hoor-bel
los my jou nommer
en hou op met brommer
EK KOM NOU TRUG NA JOU!

(Byklanke: PRAAT OOR FOON: "Hallo … hallo …
is meneer Belhamel daar?"
BELHAMEL SE STEM: "Ek is ongelukkig nie nou beskikbaar nie
(SING)
MAAR LOS MY JOU NOMMER
HOU OP MET BROMMER
EN EK KOM GOU TRUG NA JOUUUUU!"

(BYKLANKE: FOON WORD FLENTERS GEGOOI.
NOU HOOR ONS VERWARDE DEURMEKAAR WOORDE …):
"Ek … eeekk … koooommm … te----ruggg na jouuuuu."

Miskien kan een van ons sangers dit toonset en/of sing.

* * *

Onthou, ons stemming vir 'n naam vir hierdie rubriek sluit aanstaande Woensdag 8 Desember en een gelukkige kieser gaan ook 'n eksemplaar van die dubbel-laserskyf 'n Hele Opvoering wen.

Groetnis!

Fanus



*ONS DOOP-/NAAMGEE-WEDSTRYD

Fanus Rautenbach het onlangs 'n dubbellaserskyf (CD) Hele opvoering vrygestel. Dit bevat onder meer: "Hoogtepunte van Flinkveria se tiende verjaarsdag in Bronkhorstbaai", "Die Bronkhorstbaaifees", "Fanus se grapplaat", optredes in onder meer die Kangogrotte, en geselsies met Simon van de Wildt.

NOU BIED FANUS EEN VAN HIERDIE CD'S AS PRYS AAN VIR DIE LESER WAT HIERDIE NUWE RUBRIEK DIE OORSPRONKLIKSTE NAAM GEE.

Moenie huiwer nie, dink flink, dink suiwer! En stuur dadelik jou voorstel aan: erns@litnet.co.za.

Wil jy graag hierdie dubbel-CD bestel teen slegs R100? Stuur 'n e-pos na erns@litnet.co.za om te bestel!





LitNet: Desember 2004

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.