Argief
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Fanus Rautenbach

Hallo daar!

Fanus Rautenbach

Ons kan nou ongelukkig nie daarvan 'n vakansiedag maak nie, maar vandag begin die verkiesing by ons. 'n Kortlys uit die voorstelle vir 'n naam vir ons rubriek word vandag geplaas. Nou moet die LitNetters die wenner kies. Later hierdie week takel ons urban legend met mening en begin ons met 'n splinternuwe limeriekwedstryd. Hierdie is almal wat lus het om saam te speel se rubriek. Fanus soek rubriekers om saam te klets, te vertel, nuwe woorde te skep, humor te deel - te rubriek in die rubriek sonder brieke by pietc@sybaweb.co.za

In Sondag se Rapport word berig: "In Soweto is 'n nagklub met die naam Slaghuis. Van die jeugdiges wat gereeld hier uithang, gaan môre … op SABC1 openhartig gesels oor hul seksuele gewoontes en die gevolge van roekelose seksuele gedrag."

Tossel se ma sê ander dag vir haar: "Dis tyd dat ons 'n bietjie oor seks gesels." Antwoord Tossel: "Die saak is reg só. Ma moet maar sê wat ma wou geweet het."

* * *

Gerhard Roux … die skakelbeampte wat Dale Carnegie uitgedink het; bekende in reklamekringe, sportkommentator van naam, en mede-aanbieder van die destydse gewilde Koffiehuiskonsert van Pieter de Waal … was verantwoordelik vir heelwat pretprogramme op sy dae ... waarvan Caltex Kaskenades miskien die bekendste was.

Ons brieklose en nog naamlose rubriek gesels oor die naweek met Gerhard Roux. Nou kyk, hier is 'n sportkenner, met 'n fyn humorsin. Dik tong in die kies verwys hy soos volg na ons onlangse rugbyglipse:

Net-net, toe ons rugby amper dotis
kou ek die meeste naels vandat ek grotis
daai Walliesers wat bid
as hulle langs die veld gaan sit
sorg dat ons rugby amper van die Wallis innie slotis!

Van die wedstryd teen Ierland:

Dit was die Ier van vergelding …

Engeland:

Dit was vir Engeland - maar nie vir ons nie - 'n bed van Rose ...

Saterdag Skotland:

Ons het nie helemal skotvry gekom nie …

Nou moet ek sê: Bryan Habana, sterk bruingeurig soos 'n Havana-sigaar, rook die pyp, eers teen Ierland, met sy eerste vat aan die pyp. Toe twee keer teen Skotland. (Jy's nie dalk familie van Bryan van Rooyen nie??)

* * *

Die nuwelinge in die rugbyspan het so goed gespeel dat 'n mens wonder of Jake nie maar elke keer 'n nuwe span moet kies nie, seg 'n vriend Saterdag. 'n Ander vriend sê gewoonlik sorg Schalk Burger alleen vir die geelkaarte, maar Saterdag was daar twee Blou Bulle nodig om dieselfde resultate te kry. Ja, seg die eerste vriend, maar dis goed Jake het nie die hele Bloubulspan op toer geneem soos party mense wou hê nie, want dan was daar later geen Springbokke Saterdag op die veld oor nie!

Oor Saterdag se rugby en die nuwelinge in die span skryf Henk Bierman vir ons:

Tyibilika, Habana én Fourié?
Ons dag hul's nie eers op die toer nie!
Maar soos 'n wafferse mol
Tonnel Sol met die bôl
Hy druk - Habana twee maal en Fourie sê: "Hiers nòg drie!"

* * *

Gehoor by die rugby: "Oeee, hoe speel sulke doedelsakke nie op Murrayfield nie!" Reken my buurman: "Weet jy wat is 'n doedelsak? Dis 'n konsertina wat die Iere as 'n grap vir die Skotte gegee het en hulle het nog nie die grap agtergekom nie !"

* * *

Oor Saterdag se rugby-uitsending oor TV het ek 'n klippie in die skoen en 'n broertjie dood aan die kamerawerk. Voor die TV-stel in Muizenberg verloop dit Saterdag in 'n stadium só:

Ekke: Pieta! Het jy vir my 'n verkyker nie? Ek kan nie die wedstryd sien nie!

Pieta: O, ek dog jy wil jou aan ons wenrugby VERKYK !

Ekke: Ek moet sê, daardie Europa se kameramanne weet NIKS van kameras af nie óf niks van rugby af nie. 'n Mens kan nie mooi sien wie slaan vir wie in die lynstaan nie.

Pieta: En ek kan nie sien of Nigel ons deur die ore boor nie!

Ekke: Het daai skeitie nou 'n geel- of 'n rooikaart uitgedeel?

O nee vaderons, ons moet 'n plan maak met daardie kameramanne in Europa. Miskien onthou hulle die oorspronklike naam: Camera Obscura … "The whole game was obscured!"

* * *

Kwotalogie? Hoor vandag by die KWV in die Paarl: "Hier by KWV weet ons al baie jare hoe om met kwotas te werk. Wie is Wellington so danig? As dr Boesak Wellington se predikant is, hoekom kan ons nie maar ds Tutu Paarl toe beroep nie?"

"Gun ons die reg om te kritiseer," sê Tutu
Hy sluit aan by Cosatu se Ubuntu
Maar hy moenie sy bek rek nie
Oor president Thabo Mbeki
Of hy word ook verban na Suid-Afrika se Muntu!

* * *

Dit is nie net biskop Tutu wat probleme met die owerheid het nie. Johannes Lombard, ook bekend as Mot, het die eerste dag op skool al met die owerheid gebots.

Juffrou begin met 'n natuurstudieles en praat oor water: "Water is kleurloos … reukloos … en smaakloos."

Op skiet Mot se handjie: "Nee, dis nie waar nie, Juffrou! Juffrou jok!"

"Kantoor toe met jou!" en sy sleep hom aan sy oor die lang stoep af na die hoof se kantoor toe.

Meneer vra: "Mot? Wat is die probleem?"

"Meneer, skool wérk nie. Juffrou hier sê water is reukloos, smaakloos en kleurloos …"

"En wat sê jy?"

"Reukloos? Juffrou, het Juffrou nog nooit reën geruik nie? Smaakloos? Het Juffrou nog nooi reënwater geproe nie? Kleurloos? Het Juffrou nog nooit bruin waterpoeletjies gesien nie? Juffrou jok sommer, Meneer, skool werk nie!"

* * *

Berig in Sakeblad: "Professore weier om oorname deur Barclays van Absa-bank te steun ..." Dis nie dat hulle geweier het nie. Die Proffies het gewoon net vergeet om te stem … "ABSA-MINDEDNESS?"

* * *

Ai, maar ons mense het lekker saamgespeel met hierdie naamgeëry. Daar is meer as 100 voorstelle ontvang. 'n Spesiale komitee het oor die naweek 'n kortlys saamgestel, maar dit is ál die LitNetters se rubriek hierdie en daarom moet hulle besluit wat die uiteindelike naam gaan wees en wie die prys wen. Hier onder is die kortlys en 'n stemprosedure wat LitNetters kan gebruik om te stem.

Kortlys:

1. Flink Vonkia
2. Flinke Vonke
3. Vonken Flinknet
4. O, Vonk!
5. Lit-Uit-Lag met Rautenbach
6. Skaterlag met Rautenbach
7. FlinkNet
8. NetFanus
9. Flinke Fanus Net
10. LACH 'N SCHLAG
11. Lag met Rautenbach!
12. KuierNet
13. Umfaanus
14. DIE FLINK FA-BRIEK
15. Flink uit die Veerpen
16. Oom Fanie se Wyshede
17. Woord-vir-woord
18. Rubriek sonder Brieke
19. Flinkfanius

Vul jou eerste, tweede en derde keuse per e-pos in en stuur jou stembrief na pietc@sybaweb.co.za. Stemme sluit op Woensdag 8 Desember om 12.00.

Groete

Fanus



*ONS DOOP-/NAAMGEE-WEDSTRYD

Fanus Rautenbach het onlangs 'n dubbellaserskyf (CD) Hele opvoering vrygestel. Dit bevat onder meer: "Hoogtepunte van Flinkveria se tiende verjaarsdag in Bronkhorstbaai", "Die Bronkhorstbaaifees", "Fanus se grapplaat", optredes in onder meer die Kangogrotte, en geselsies met Simon van de Wildt.

NOU BIED FANUS EEN VAN HIERDIE CD'S AS PRYS AAN VIR DIE LESER WAT HIERDIE NUWE RUBRIEK DIE OORSPRONKLIKSTE NAAM GEE.

Moenie huiwer nie, dink flink, dink suiwer! En stuur dadelik jou voorstel aan: erns@litnet.co.za.

Wil jy graag hierdie dubbel-CD bestel teen slegs R100? Stuur 'n e-pos na erns@litnet.co.za om te bestel!





LitNet: 27 November 2004

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.