Argief
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Fanus Rautenbach

Hallo daar!

Fanus Rautenbach

Hoe kan ons nou al ophou met ons wedstryd* om 'n naam vir hierdie rubriek te vind? Ons het in die vorige rubriek gesê dis die laaste voorstelle wat ons plaas. Toe stroom daar nog 'n klomp sulke lekker voorstelle in. Vandag is dit nou regtig die laastes. Oor die naweek sal 'n onvaste niestaande komitee 'n kortlys uitsoek en Maandag vra ons die LitNetters om te stem vir hulle eerste keuse. Ondertussen begin ons mense lekker saamspeel. As jy wil saamspeel, skryf vir ons by erns@litnet.co.za

Gister in Die Waarheid lees ek: "Adj pres Jacob Zuma het hom in sy hoedanigheid as 'vader en landsburger' ten gunste van maadelikheidstoetse as teenvoeter vir die verspreiding van MIV/vigs verklaar."

Pa-lament alli gemiste maagde

Pa-Zuma vanni pa-lament
Dink aan al die maagde, so bedroef
Pa-Zuma as Stamvader
Is tog geregtig op 'n steekproef?

Gegga skryf: "As ek so na Britney Spears se amperbroekie op die foto kyk wat julle in die jongste rubriek geplaas het, dink ek sy kan dalk Fanus se eerste meisie se naam verdien - sy was mos Koekie Hall?

* * *

Dis vanjaar 50 jaar dat die veteraan-sportjoernalis Joe Venter oor sport en veral rugby verslag doen. Deesdae bevind hy hom in die Rosestad - in die Vrystaat, al dink party die Rosestad is Londen na verlede Saterdag se afstof van die Springbokke deur die Engelse. Hy het darem TV daar in die Vrystaat en het die wedstryd dopgehou. Erg bekommerd oor wat teen die Skotte kan gebeur, besluit hy om vir Jake White te bel en 'n telefoniese onderhoud met hom te voer. Dié het ten dele so verloop:

Jake: Die voorste Springbokke gaan nie teen Skotland speel nie.
Joe: En die agterspelers?
Jake: Nee, ek bedoel nie voorspelers nie. Ek bedoel voorste spelers!
Joe: Hoekom nie, Jake? Hoekom gaan die beste spelers nie speel nie?
Jake: Hulle moet rus. Hulle is te moeg …
Joe: Te moeg vir rugby!?
Jake: Nee, te moeg vir verloor!

* * *

Lees hierdie week ook in Die Waarheid ons oudpolitici raak darem versorg wanneer hulle uittree:

MOOSA JOP!
Wally Moosa, gewese minister van omgewingsake, is die nuwe president van die Wêreldbewaringsunie. Dit nadat hy as minister van omgewingsake moes uittree omdat hy nie meer in kortbroeke pas nie! Bewaar ons!

* * *

Nog 'n oudpolitikus wat nuwe saligheid ontvang het, is dr Allan Boesak - hy is terug in die bediening. Hoor gister 'n gesprek tussen twee vrinne. Dit het só verloop:

Erns: Dr Boesak gaan Sondag die eerste keer weer preek.
Gert: Waar?
Erns: Daar in Wellington - daar waar die beeld van ds Andrew Murray met sy voete op die sypaadjie sit.
Gert: Hoekom sit hy daar op die sypaadjie?
Erns: Wie - Boesak?
Gert: Nee man. Sê mos Boesak is nie meer op straat nie. Hy is terug in die bediening. Waarom sit Andrew Murray op 'n stoel met sy voete in die straat?
Erns: Die Kerkraad het seker nie genoeg geld gehad vir 'n Perd nie.
Gert: Van geld gepraat … Wellington se kerk het nog van daardie lang besemstokke, met die geldsak vooraan, wat hulle gebruik om kollekte op te neem.
Erns: Ek wonder watter liedere gaan hulle sing tydens dr Allan Boesak se preek Sondag op Wellington?
Gert: Seker "Hou jou roksak toe … Hou jou broeksak toe … Hou jou boesak, sysak, geldsak … Hou die hele lot toe! My voete wys na Worcester-streek … maar ek gaan op Wellington preek!"

* * *

Bernard Greyvensteyn skryf: "Ek ry bedags met die trein werk toe en terug. Dit sal ek vir geen Ferrari wil verruil nie. Ek is nie so 'n groot geselser nie, maar ek luister so lekker. Veral nou met die rugby.

Gister, eergister, wanneer nog, gehoor:

"Daardie Pieter du Randt is darem 'n bees van 'n mens!"
"Os!" help sy reisgenoot hom reg.
Die man wat van Pieter du Randt praat, vra: "Wanneer word ' n os 'n bees?"
"Sou self nie kon sê nie, sê jy maar ...?
"Wanneer jy hom slag!"

Nou ja toe - gaan heen en luister waaroor praat onse mense en laat weet ons hier by Fanus se Rubriek nog sonder naam en sonder brieke.

* * *

"'n Halwe eier is beter as 'n leë dop," sê een van my tafelgenote hier in my plek vlak teen Nelson se berg in Tamboerskloof tydens ontbyt. "Hoekom so negatief?" vra die ander ou.
"Wat is nou negatief daaraan?"
"Om te sê 'n halwe eier is beter as 'n leë dop. Dis net halfslim. Is dit nie beter om te sê 'n hele eier is beter as 'n leë dop nie?"
"Aan die ander kant," sê die eerste ou, "is enige dop beter as 'n dosyn eiers."
"Half ingewikkeld, maar wanneer is 'n halwe beter as 'n hele?"
"'n Halwe tjoppie is beter as 'n leë been."
"'n Halwe vrot pampoen is beter as 'n hele."
"Halfdood is beter as heeltemal dood. Is dit?"
En toe kom hierdie juweeltjie: "'n Halwe dop is beter as 'n leë bottel!"

Hier is 'n nuwe: Die deur is half-oop. Die deur is half-toe. Wanneer is die deur half-oop en wanneer is die deur half-toe?

Skakel 'n mens die lig aan, of skakel jy die donkerte af?

* * *

Hier is 'n nuwe woordspeletjie: DIE NUWE AFRIKAANSE WOORDEBOEK

Afrikaans gaan toet en taal
in die stryd die boonste paal haal,
maar jy moet hom ken
om als vas te pen,
want soms klink dit vreeslik banaal.
As jy die taal heel anders wil maak,
as jy in 'n dam branders wil maak,
vat jy die taal
en hoogs lateraal
kan jy 'n nuwe woordeboek maak.
Nou moet jy eers mooi oplet:
jy vat die ou alfabet,
die ou ABC
en dan moet jy dit net 'n kinkel G!

Die nuwe Afrikaanse woordeboek lyk dan so:

A fer kaner
B ve rasie
C ve jaartjie
D fi rensiasie
E we neens
F fe kleurig
G ver lof
H ver mout
I ver ster
J ver familie
K fer rivier
L fe amper 'n dosyn
M fi seem
N so voorts!
O ver spel
P fe reer
Q ve haal asem
R fe nis
S vir vuurmaak
T ver geefs
U ve dienswillig!
V ver haal
W ver kuns
X vir seks
Y ve rig
Z vir vogeltje

Die nuwe speletjie?

Jy moet kyk of jy op hierdie woordlys kan verander/verbeter.
Soos, vir die eerste een het ons:

A fer kaner
Maar dit kan ook wees:
A fi liasie …

Speel saam!

* * *

Hier is nou régtig die laaste voorstelle vir ons rubriek se naam wat ons kan inpas voordat ons Maandag met ons stemming begin om te bepaal wie kry die prys:

Stella Niemand: Flink Vonkia of Flinke Vonke of Vonken Flink of vonksnaaks of Vonkpraatjies of Vonk dit!
Lala Malan: Wat van Vonken Flinknet?
Emmie Gous: O, Vonk!
Mischa Slabbert: LIPNET@litnet
Swys: Lit-Uit-Lag met Rautenbach of Skaterlag met Rautenbach of Litteroer met Fanus of Litlos/LitLoos/Litteloos (LosLit? - maar dié gaan 'n bietjie mank aan lyf, nie waar nie?) of Ommelit of Praat Bog met Bach of Kom Lag met Bach of Begin jou Dag met Rautenbach of Faan - met 'n lag en 'n traan
Christo Smith: Die Slinkse Sleutelbord Judith Kotze: NETGROETNIS.

Dan skryf Swys ook: "Is 'n urban legend dan nie maar 'n stoepstorie nie?"

Judith Kotze skryf oor urban legend: Dit laat my dink aan iets soos "Fordsburg Fieta"; of wat van 'n KONTREI-SPOOK?

Wat seg die ander rubriekers? Ons wag nog vir 'n wennervertaling.

Groetnis!

Fanus



*ONS DOOP-/NAAMGEE-WEDSTRYD

Fanus Rautenbach het onlangs 'n dubbellaserskyf (CD) Hele opvoering vrygestel. Dit bevat onder meer: "Hoogtepunte van Flinkveria se tiende verjaarsdag in Bronkhorstbaai", "Die Bronkhorstbaaifees", "Fanus se grapplaat", optredes in onder meer die Kangogrotte, en geselsies met Simon van de Wildt.

NOU BIED FANUS EEN VAN HIERDIE CD'S AS PRYS AAN VIR DIE LESER WAT HIERDIE NUWE RUBRIEK DIE OORSPRONKLIKSTE NAAM GEE.

Moenie huiwer nie, dink flink, dink suiwer! En stuur dadelik jou voorstel aan: erns@litnet.co.za.

Wil jy graag hierdie dubbel-CD bestel teen slegs R100? Stuur 'n e-pos na erns@litnet.co.za om te bestel!





LitNet: 27 November 2004

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.