Argief
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Fanus Rautenbach

Hallo daar!

Fanus Rautenbach

Ons wedstryd* om 'n naam vir hierdie rubriek te vind staan einde se kant toe. Ons plaas vandag die laaste voorstelle. Aanstaande week takel ons urban legend met mening en begin ons met 'n splinternuwe limeriekwedstryd. Hierdie rubriek is vir almal wat lus het om saam te speel. Fanus soek rubriekers om saam te klets, te vertel, nuwe woorde te skep, humor te deel - te rubriek in die rubriek sonder brieke by erns@litnet.co.za

Tossel sê:

Die Mediese Navorsingsraad sê Kaapstad se kinders se IK is 'n paar punte laer as wat dit kan wees oor te veel lood in hulle bloed. Ek ken baie mans met dieselfde probleem oor te veel lood op 'n ander plek!

Die probleem met die lood - dis nou vir die kinders, nie vir die mans nie - kom veral van ons petrol, sê die geleerdes daar by die MNR. Maar die meeste mense bekommer hulle meer oor die water wat hulle drink as oor die petrol. 'n Slim entrepreneur het gesien hoe onse gewone mense met hulle aqua water-tietiebottel - aan duim en voorvinger vas - soos zombi's deur die strate beweeg … Toe open hy by die WATERKANT … die WATERFRONT … 'n watergat … 'n waterkroeg … Dit lyk net soos 'n sterkdrank-kroeg, maar hy verkoop net water … water in alle vorme en bottels in alle skakerings van blou! Blou en wit.

Jy gaan sit aan, nes in 'n gewone kroeg, op 'n kroegstoeltjie, bestel jou waterdrankie … en vertel skoon stories, skoon vervelig: "Gee my daar 'n aqua bella-bella … Maak dit 'n dubbel, my vrou is die moer in vir my!"

'n Entrepreneur soos dié maak my tiete lam
Hier by die watergat drom die dorstiges saam
Boorgatsous se bynaam is bories
Luister na Dop-en-Dam se afgewaterde stories:
Die plek se naam is Dam-en-Dam!

* * *

Die manne se probleme met die lood begin natuurlik dikwels deur te veel te loer na meisies soos Britney Spears. Sy verbeel haar natuurlik sy is baie verlangs familie van William Shake-Spear en toe skryf sy onlangs 'n gedig toe sy en haar man van hulle wittebrood terugkom.

Hier volg Britney se gedig:

Honeymoon Poem - Britney Spears

A honeymoon at last, to get away from it all
My assistant Fe gave me the call.

I remember it well, as she was smilin'
She said it was called Turtle Island.

I packed my bags light and quick,
Then grabbed my pink dress & favorite lipstick.

We hopped on a plane and took our flight
I slept really well, all through the night.

As we arrive, I turn and look out the door,
People are greeting us right at the shore.

A meal, a shower and some ice cream
Then I threw my man down, you know what I mean!

Magical nights filled with stars
Silence is golden, no running cars.

Private dinners, romantic fires
Little piece of heaven, whatever your heart desires.

Friendly "hellos" and never goodbyes
When you're having fun, oh, how time flies!

As we sit and prepare to make our part
I thank you, Turtle Island, with all my heart!


Fanus kry 'n stekie in na Britney in sy tweede laaste strofte. Klik hier - as jy braaf en oud genoeg is - om te sien waarna hy verwys!

Op uitdaging verwerk ek dit toe in Afrikaans:

Die Wittebrood van Britney Spears!

Hier is dit uiteindelik -
My eie wittebrood!
My maatjie wil eers als "explain",
Maar ek is al twee weke groot!

Wat vat jy alles saam
as jy van al die lekkerte droom?
'n Goue flessie elang-elang
en 'n Jakob Regop groot kondoom?

"Dis tyd vir ons sekslesse!"
(die sekretaresse het haar oorvreet)
"Dis alles reg, Mevroutjie,
wat wil Tannie alles weet?"

Toe beduie ek haar al die poesiesies
Van seks, jou lekker ding:
Alles van Nege-en-Sestig
Tot by die Sendeling!
(Daar is grootmense wat dit nog nie weet nie:
dat "missionary" op Afrikaans "sendeling" heet nie!
Soms weer, as hul doenig is, horisontaal op die baan,
dan lyk dit kompleet soos die opstote van 'n jagse likkewaan!)

Op Skilpadtepel is ons hemel
Die Eiland van ons eie liefdespel
Dis waar dit van witbrood wemel
Die hoofstad is mos Rokoptel!

Rokoptel en Broekiesak
Dis die Witbroodding
Behalwe van opinie verander
Is dit die hardste oefening!

Daarvan gepraat, sy oë drink my in;
My ou word was en bleek;
By my skaambeen, sien my tattoeëermerk, sê hy:
"Iemand het jou mis gesteek!"

Maar alle goeie dinge kom tot einde -
En nou, as ek nou hierdie liedjie sing
Maak ek al klaar weer stunning nuwe woorde
Vir my eerste song oor egskeiding!

(In die laaste strofe word stunning en song gebruik met spesiale erkenning aan die aanbieders van popmusiekprogramme op kykNet.)

* * *

Saterdag wag die Skotte nou vir ons Bokke op Murrayfield, maar Abré Hanekom laat weet hy het onbetroubaar verneem Jake het nou agtergekom wat verlede week die grootste probleem was. Dit was met die Bokke se voorbereiding. Omdat dit so vreeslik koud was daar in Engeland, het hulle die grootste deel van hulle voorbereiding sommer in die hotel gedoen deur video-opnames van vorige wedstryde van die Rose te kyk. Om seker te maak die manne sien goed wat om te verwag, het hulle oor en oor na die video-opnames gekyk - in stadige aksie. Toe hulle Saterdag op die veld kom, speel die Engelse egter FF - "fast forward" - of op Afrikaans FV - f… vinnig.

Die immer produktiewe Henk Bierman het ook Jake se kwotaprobleem ontrafel:

Jake White kyk nie weer op sy notas nie,
want met Bakkies daar soek hy nie meer Bothas nie;
ongelukkig kan hy nie
vir Etienne kry nie,
want Krokodil Botha is nie goed vir die Botha-kwotas nie!

* * *

Speler van die jaar aangewys!

Die Blonde Bom Schalk Burger is deur almal aangewys as Internasionale Rugbyspeler van 2004! Die ander spelers is kleurloos sonder hulle speelkaarte. Gelukkig het die skeidsregters nie stemreg gehad nie.

Nou vonk die Limeriekkoning en Adjunkpresident van die Republiek van Flinkveria, Engeltjie Engelbrecht van Leeuwdoornstad, sy 378ste uitgesaaide of gepubliseerde limeriek:

Schalk Burger, Speler Vanjaar
Maak skeidsregters so naar
Hulle is boos -
Is fluitjievoos
As "Staal Burger" kleurvol baljaar!

(Ander lede van die Republiek van Flinkveria moet ook van hulle laat hoor ... die meeste lewe nog. As jy dalk dood is, hoef jy nie van jou te laat hoor nie …)

Gehoor Elton John het ook vir Jasser Arafat se begrafnis 'n liedjie geskryf? Sandals in the wind.

* * *

Ons wedstyd om 'n naam vir hierdie rubriek te kry begin nou einde se kant toe staan. Vandag plaas ons vir oulaas voorstelle wat ontvang is en Vrydag begin ons uitdun. Alle mapstieks, die kind vry al en hy is nog nie eens gedoop nie!

Llew van Rensburg: FlinkNet - en almal weet dis Fanus op LitNet!
Amanda Strydom: Dit MOET mos Flink uit die Veerpen heet!!! Wie kan dan sy radioprogram Flink uit die vere vergeet? Ok, almal wat jonger is as ek.
Lize: Litteken.
Kobus Dreyer: Sê Net! of Sê Jou Sê!
Nico Vermaak: NetFanus of NetFanusenvrinne.
Robby Sandrock: Flink uit die Net of Flinke Fanus Net of Briek Flink of Briek Flink met Fanus of BriekNet of Interbriek of Interflink of Rubriek: Flinke Fanus.
Antonetta Malan: Van-a-Fana.
Anton Viljoen: Ons wat van Flinkveria weet, is almal nou ou bokke. Dit was ons kos. Die naam moet dus Bokkos wees.
Francois Mulder: LACH 'N SCHLAG of LAG 'N SLAG.
Ollie Joubert, Windhoek: Slingsdink.
L Schlebusch, Henneman: Fanus se lagrubriek of Lag 'n slag of Fanus het nie brieke nie of Rautenbach se gelag.
Jack Zietsman: Fanus Rautenbach - Fautenbach - Faut en Lach.
Coen Meyer: Fanus se swaailem.
Kobus Dreyer: Verbode Rympies of So Gesê So Gedoen of Van Waar Die Gedruis.
Johan Pistor: Lag met Rautenbach!
Johannes Jordaan: Kom Nou Net of Skinder Net of Kuier Net of Ons Kuier Net of Konkel Net.
Renier de Villiers: Faan se Gat of Umfaanus.
Piet Roos: KWAAK! Mens kan daarvan aflei wat jy wil en dit maak geraas ook!
Johan van der Westhuizen: VIVA FANUS of Veertjie in my hoed of wat van sommer net eenvoudig Flinkveria soos van ouds?
Karin Badenhorst: FaNet.
Cobus Fourie gooi die woorde "Flink Fanus Rubriek" bymekaar en jy kry: DIE FLINK FA-BRIEK.

Groetnis!

Fanus



*ONS DOOP-/NAAMGEE-WEDSTRYD

Fanus Rautenbach het onlangs 'n dubbellaserskyf (CD) Hele opvoering vrygestel. Dit bevat onder meer: "Hoogtepunte van Flinkveria se tiende verjaarsdag in Bronkhorstbaai", "Die Bronkhorstbaaifees", "Fanus se grapplaat", optredes in onder meer die Kangogrotte, en geselsies met Simon van de Wildt.

NOU BIED FANUS EEN VAN HIERDIE CD'S AS PRYS AAN VIR DIE LESER WAT HIERDIE NUWE RUBRIEK DIE OORSPRONKLIKSTE NAAM GEE.

Moenie huiwer nie, dink flink, dink suiwer! En stuur dadelik jou voorstel aan: erns@litnet.co.za.

Wil jy graag hierdie dubbel-CD bestel teen slegs R100? Stuur 'n e-pos na erns@litnet.co.za om te bestel!





LitNet: 24 November 2004

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.