Argief
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Fanus Rautenbach

Hallo daar!

Fanus Rautenbach

As jy 'n sin vir humor het, kan jy alles oorleef - maar ai, Saterdag wou ek nog glimlag toe huil ek al. Gelukkig sorg die oud-Bokke darem met liefde vir ons - al is hulle die Joost in. Ons plaas vandag vir oulaas nog 'n paar voorstelle vir name vir ons rubriek. Teen die einde van hierdie week kondig ons 'n wenner* aan. Dan begin ons met 'n splinternuwe limeriekwedstryd. Hierdie rubriek is vir almal wat lus het om saam te speel. Fanus soek rubriekers om saam te klets, te vertel, nuwe woorde te skep, humor te deel - te rubriek in die rubriek sonder brieke by erns@litnet.co.za.

Tossel sê:

Amor … Amor … Amor
Het haar man de Joost in gedryf
Amor … Amor … Amor
Dis nie sy nie in die stywe LOSLYF!

(Op die wysie van die immer gewilde "Amor … Amor … Amor … This word so sweet/ That I repeat/ That I adore you …")

Amor sê rondborstig dis nie sy daardie nie en Joost is boos - sommer "die bliksem in". Daar kan mos nie sommer so los met sy meisie se lyf gewerk word nie en Amor wil die Satan op hulle loslaat oor wat hulle met foto's in donkerkamers aanvang.

Dit laat my dink aan die stokou waarheid: "Geen meisie is so negatief dat jy haar nie in 'n donkerkamer kan ontwikkel nie."

**********

Die Bokke se toer na die Britse Eilande word toe Saterdag 'n sprokie: Doringrosie

Die Engelse was nog altyd 'n pyn in die gat!

"LIEFSTE TANNIE ONS BRING ROSIES"
(Met apologie aan AGgenee Visser)

LIEFSTE JACKIE
ONS BRING DOSIES
DOSIES VOL ROSIES
BOKSIES VOL FLOKSIES
NET VIR JOU
LIEFSTE JACKIE
ONS BRING ROSIES
ROSIES STINK
MET SNOT VIR JOU
O, DIE GEURE
O, DIE KLEURE
O, DIE SOUTIE-WATER SPAT
O, DIE ROSIES
WAS NOG ALTYD
DIE GOORSTE PYNE
IN DIE GAT!

Ek het Saterdag by tye maar taamlik verward geraak terwyl ek na die wedstyd gekyk het - die skeidsregter het so baie keer geskree "Six" dat ek dog dis krieket. Klein Schalkie het toe nie sy hare geskeer, soos party kenners aanbeveel het, om hom minder opsigtelik te maak nie. Jake het hulle kaalkop die waarheid vertel - netnou dink pankopskeidsregter O'Brien dat Schalk die gat met hom skeer!

Daar is natuurlik ook al weer kwotakwale met die Bokspan, maar Jake meen Schalk sorg vir genoeg kleur: geel en rooi.

Saterdag se rugby herinner my aan die storie wat apteker Piet Roos van Pretoria vertel:

'n Pan Am 727-vlug wat wag vir enjinaansit-klaring het die volgende gesprek aangehoor:

Lufthansa: Wann setzen wir die Machinen des Flugzeug an? (Wanneer is ons enjinaansittyd? )
Toring: If you want an answer you have to speak English.
Lufthansa: I am a German. I fly a German plane in Germany. Why do I have to speak English? 'n Vreemde stem: Because you lost the bloody war!

**********

Ons lees van twiste wat aan die broei is oor biografieë en rolprente oor die lewe van Hansie Cronjé. Die familie reken 'n verkeerde beeld van Hansie is die wêreld ingestuur. Nou wil hulle dit verander.

So klink die kenwysie:

Hansie Slim

Hansie Slim
Sport wil klim
In die wye wêreld in
Kolf en bal
Pas hom goed
Hy is vol van moed
Maar Hansie Slim
Se beurs is leeg
Dit sal glad nie deug:
Hy word Slim se Baas …
Hansie Slim
Hansie Bang
Slim het Baas gevang!

Wat gaan die naam van die fliek wees?

AMA LOTTO-LOTTO?

*********

Twee ou grotes verjaar hierdie week: Frik du Preez en Zack du Plessis. Hulle vier altyd die geleentheid saam. Een jaar gaan hou hulle makietie op Bray, waar Frik 'n plaas het, en die ander jaar weer in Pretoria - waar Zack nie 'n plaas het nie.

Frik se mooiste storie is toe hy in een wedstryd "geplace, gedrop en gescore" het. As jy dit kan vertaal, lek ek jou … dinges. Nou hoor ek hierdie ander mooi sêding van Frik. Frik sê as hulle destyds so baie betaal is, sou hulle selfs rugby geoefen het. In sy dae was seks veilig en rugby gevaarlik. En as hulle net geweet het dat dit so veilig was, sou hulle seks beoefen het. Toe het hulle rugby beoefen en seks geoefen!

Hulle is op hul eerste toer deur Brittanje tien sjielings per dag betaal. En na 38 toetse was sy gemiddelde vergoeding R3,50 per dag - 15c per uur … dus 30c per wedstryd. Daardie place, drop en score HET DUS 10c ELK GEKOS !

Frik se Naasbeste storie kom uit die dae toe die Joodjie, Syd Nomis, nog vir die Springbokke gespeel het (Okey Geffin het al gesê daar moet altyd 'n Jood, vir goeie geluk, in die Springbokspan wees). Frik sê dat die Springbokke daardie dae al kougom gekou het, maar as die wettie begin, dan moet hulle die kougom op 'n veilige plek aan hulle lyf bêre. Syd Nomis, as Jood, had nie só 'n plek aan sy lyf nie. Baie vriendelik bied Frik du Preez toe aan: "Syd, ek sal jou kougom by myne bêre!" Nodeloos om te sê, Syd wou nie byt nie.

***********

Ons het al 'n paar voorstelle vir 'n Afrikaanse weergawe van urban legend gekry:

1. Lieglegende van Theunis Bekker (wat ons dalk kan verkort na Liegende?).
2. Dorpslegendes van Henk Bierman.
3. Prof Willie Esterhuyzen skryf Sondag in Rapport van markpleinstories.
4. Vir-die-waarheid-stories is 'n eie skepping.
5. Wolhaarstories het al goeie neerslag in die volksmond gevind en iemand sê dié naweek: wat van wolwaarstories?

Oor die oorsprong van die woord wolhaarstories skryf Henk Bierman baie interessant:

"Wolhaarstories" wou ek ook aanbied. Maar Wim Hartman was die vader van "wolhaarstories" in Afrikaans. Hy was eintlik 'n meester. Maar ek dink hy het seker maar die onkunde van ons oningeligte mensies uitgebuit. Ek hoop ek is verkeerd. Sy "wolhaarstories" het jare gelede in die Brandwag verskyn, in byvoorbeeld "Die koets na Bordeaux". Maar wolhaarstories grens aan Armeense grappe. Dit is stories wat met groot erns vertel word en mense vasgenael op die punt van hulle stoele hou en dan op absoluut niks uitloop nie.

Dalk moet ons kort-voor-lank 'n bietjie van hierdie stories met mekaar in die rubriek deel?

Dan wag ons nog vir voorstelle vir 'n Afrikaanse weergawe van: If you can't beat them, join them!

Nog voorstelle vir ons rubriek se naam:
Paul Kruger: Fanieflinkskink!
Trisa Hugo: Wat van TwakPraat op TwakNet? Of Fanus Praat Twak op TwakNet?
Jannie Kroese: Flink tussen die blaaie.
Hannes Human: Staaltjieventer of Staaltjie Venter.
Llew van Rensburg: FlinkNet - en almal weet dis Fanus op LitNet!
Amanda Strydom: Dit MOET mos Flink uit die Veerpen heet! Wie kan dan sy radioprogram "Flink uit die vere" vergeet?
Magda van der Westhuizen: Middernag Jol.
Lize: LitTeken.
Kobus Dreyer: Sê Net! of Sê Jou Sê!
Nico Vermaak: NetFanus of NetFanusenvrinne
Robby Sandrock: Flink uit die Net of Flinke Fanus Net of Briek Flink of Briek Flink met Fanus of BriekNet of Interbriek of Interflink of Rubriek: Flinke Fanus.
Antonetta Malan: Van-a-Fana.

Groetnis!

Fanus



*ONS DOOP-/NAAMGEE-WEDSTRYD

Fanus Rautenbach het onlangs 'n dubbellaserskyf (CD) Hele opvoering vrygestel. Dit bevat onder meer: "Hoogtepunte van Flinkveria se tiende verjaarsdag in Bronkhorstbaai", "Die Bronkhorstbaaifees", "Fanus se grapplaat", optredes in onder meer die Kangogrotte, en geselsies met Simon van de Wildt.

NOU BIED FANUS EEN VAN HIERDIE CD'S AS PRYS AAN VIR DIE LESER WAT HIERDIE NUWE RUBRIEK DIE OORSPRONKLIKSTE NAAM GEE.

Moenie huiwer nie, dink flink, dink suiwer! En stuur dadelik jou voorstel aan: erns@litnet.co.za.

Wil jy graag hierdie dubbel-CD bestel teen slegs R100? Stuur 'n e-pos na erns@litnet.co.za om te bestel!





LitNet: 22 November 2004

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.