Argief
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Lekker - ons mense wat so saam soek na 'n naam vir ons rubriek. Vandag plaas ons die eerste klompie van die voorstelle wat ons al ontvang het - sommige uit Kiwiland. Ons is nie die Springbokke nie, so vir ons is die wedstryd nog nie verby nie. Ons gaan nog 'n rukkie wag vir voorstelle, maar beseringstyd is amper verby vir hulle wat dalk nog ons prys wil wen. Oor die prys* vertel ons meer onder aan die rubriek. Hierdie is almal wat lus het om saam te speel se rubriek. Fanus soek rubriekers om saam te klets, te vertel, nuwe woorde te skep, humor te deel - te rubriek in die rubriek sonder brieke by erns@litnet.co.za.

Hallo daar!

Fanus Rautenbach

Tossel sê - Daai skytie laat Henk Bierman Bromsing:

Toe vêrplie in rugby onttroon iss,
en rugbyreg op Lansdowne verloën iss,
word die Bokke bedonner
en die rugbywêreld wonner:
"Is Honiss dalk die Iere se Bonuss?"

Ag, ons Springbokke was so mooi aan die reg kom!
Hulle spring weg soos egte, regte Bokke! Maar teen Wallis verloor hulle amper alles … Dit was naelskraap, maar die ouens praat nog van GRAND SLAM! Maar teen die Skeidslinker, Honiss, van NZ word dit 'n GRAND SHAM!

Teen die Iere val hulle wiele af. Goed, dit was die skeidsregter se skuld. Vriend Piet Coetzer reken: "Party ouens sê daai Honiss is nie 'n skeidsregter se gat nie, maar dink hy is!"

Skytie hol die veld af
Skytie skelm kalant
Skelm kan nie fluit blaas nie
Sy beursie is in sy hand!

Oom Lokomotief en Jantjie Blom sing oor die naweek se dinge:

OOM LOKO

Ek is oom LOKOMOTIEF!
Ek is heeltemal Loko, en hier is Jantjie Blom
Ons sing van die nuus wat na ons kant toe kom:

JANTJIE BLOM

Smeer hom jêm, oom Loko
Smeer hom, asseblief
Smeer die skeidsregters en die nuus
Smeer hul sonder motief!

OOM LOKO

Kom, laat ons sing, ja,
Kom laat ons sing.

JANTJIE BLOM

Dan tokkel hy die ghitaar
En gooi sy bene wyd
En as jy nie aan Oompie se kant is nie
Dan kry jy vreeslik spyt!

OOM LOKO

Hestrie Cloete verwag en sy straal
Sy word mamma vir die eerste maal
Hestrie ons eie goud
Juig bly, maar ook stout:
"Nou is ek regtig oppie paal!"

JANTJIE BLOM

Smeer haar jêm, oom Loko
Smeer haar, asseblief
Sy word nou 'n mamma
Met moed en mooi motief!

OOM LOKO

By Stellenbosch se Libertas
Maak Shakespeare in Afrikaans alarm
Sing Amanda Strydom suiwer-vas:
"Hier bly dit mooiweer en warm!"

JANTJIE BLOM

Smeer hul, oom Loko, smeer hul
En laat hul lekker lag:
Smeer hul, oom Loko, smeer hul
Met Uys Krige se Twaalfde Nag!

Rufus Papenfus maak 'n tweetalige versie ("Julle UIT-LIT-UIT-LESERS kan seker Engels verstaan?"):

Oral word daar hieroor geketter:
En die leserstal word vetter en vetter
Daar's 'n boek nou te koop, and it says,
"Lesbians and their sexy ways!"
But the lesbian said, the better!

Ja, UIT-LIT-UIT se lesers is vrolik, gay,
En elkeen het vir haar 'n Dikstertmerrie* gekry!

* Dikstertmerrie: Afrikaans vir dictionary.

So klink Rufus se limeriek in Afrikaans:

Ons digters is beter as die res
Slaat nou die Ingilse vir 'n ses
Hier's 'n boek vir seksvrate
"Ons Lesbiërs gee seks-rate"
Maar ek sê "Oos, wes, LES BES!"
Goeie nuus van die week:

Dr Anton Rupert het die Roosevelt-medalje vir 2004 ontvang. Dit is vir sy bydrae tot wildbewaring in Afrika. Daar is 'n mooi foto van dr Rupert in Die Waarheid. Sit hy daar in 'n sportbaadjie en met 'n leeuwelpie in sy hand. Dis nou 'n man met 'n leeu in sy hand en 'n tier in sy tenk!

Hier sit dr Anton met 'n leeuwelpie in sy hand
Nommer hoeveel was Rupert in die honderd van die land?
Nie eers nommer twee nie, ons voel gekrenk
Hier sit hy met 'n tier in sy tenk
Waar 'n rokie trek, moet 'n Rembrandt!

Laaste sê:

Die Adjunk-President is in vervoering
Reis so rond, die land is in beroering
Twaalf miljoen rand
En dis net binneland
Zuma Zuma toer in sy moer in!

Slimmigheid vir die dag:

Hoe weet ons Adam en Eva was nie Sjinese nie? Hulle sou die slang geëet het! (Van Gerhardt Mynhadt of te wete Kooivlooi)

Hier is solank 'n klompie van die voorstelle vir 'n naam vir ons rubriek wat ontvang is:

  • Jan Coetsee, voormalige klankman vir Flinkveria, uit Auckland, Nieu-Seeland: Fanus Onbeperk

  • Frans van Rensburg: Fana-galore of Fanusdotnet of Komdotfanus - daar is nog sewe van hom vir later!

  • André Korkie uit Pretoria: Gonsie of Vonkies

  • Gerhard Mynhardt uit Pretoria: AITSA!

  • Ansie uit Noordwes: FLINKFANIUS natuurlik!

  • Trisa Hugo van Kleinmond: TwakPraat op TwakNet of Fanus Praat Twak op TwakNet

  • Jannie Kroese: Flink tussen die blaaie

  • Hannes Human: Staaltjieventer

  • Catri van der Merwe van Pretoria: MondvolVere - Fanus se Byderwetse Rubriek; of VirtuVeria - Fanus spin Webstories; of Vanuit die Verebed - Fanus se neus onder die Nuwe Afrikaners se Kombers; en nog 'n paar.

  • Niel Kroese: Noem oom Fanus se rubriek Pennie fluitjies.

  • Llew van Rensburg: FlinkNet - en almal weet dis Fanus op LitNet!

    O, maar dit is lekker. Hier gaan ons nog stém voordat iemand daardie dubbellaserskyf wen! Uit Kiwiland maak John Baskind ook voorstelle vir 'n naam (wat ons saam met nog 'n klompie in die volgende rubriek sal bekendstel), maar hy trap ons ook uit oor die term CD en skryf: "Hoe kan 'n mens dit Afrikaans noem, sies!" Hoe lyk dit met voorstelle vir 'n knalnaam vir CD?

    Ondertussen wag ons nog vir voorstelle vir 'n Afrikaanse vertaling van urban legend.

    Groetnis!

    Fanus



    *ONS DOOP-/NAAMGEE-WEDSTRYD

    Fanus Rautenbach het onlangs 'n dubbellaserskyf (CD) Hele opvoering vrygestel. Dit bevat onder meer: "Hoogtepunte van Flinkveria se tiende verjaarsdag in Bronkhorstbaai", "Die Bronkhorstbaaifees", "Fanus se grapplaat", optredes in onder meer die Kangogrotte, en geselsies met Simon van de Wildt.

    NOU BIED FANUS EEN VAN HIERDIE CD'S AS PRYS AAN VIR DIE LESER WAT HIERDIE NUWE RUBRIEK DIE OORSPRONKLIKSTE NAAM GEE.

    Moenie huiwer nie, dink flink, dink suiwer! En stuur dadelik jou voorstel aan: erns@litnet.co.za.

    Wil jy graag hierdie dubbel-CD bestel teen slegs R100? Stuur 'n e-pos na erns@litnet.co.za om te bestel!





    LitNet: 18 November 2004

    boontoe / to the top


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.