Argief
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Baie welkom by die tweede aflewering van Fanus Rautenbach se nuwe LitNet-internetrubriek wat nog naam soek. Daar is al 'n klompie voorstelle, maar die wedstryd is nog nie verby nie. Help naam soek. Wie die wennaam gee, kry 'n prys - daarvan vertel ons meer onder aan* die rubriek. Hierdie is almal wat lus het om saam te speel se rubriek. Fanus soek rubriekers om saam te klets, te vertel, nuwe woorde te skep, humor te deel - te rubriek in die rubriek sonder brieke by erns@litnet.co.za.

Hallo daar!

Fanus Rautenbach

Frik Noland van Worcester vertel:

Destyds in Flink Uit Die Vere se dae het Fanus en Anton Goosen soggens, net voor die nuus, 'n juweeltjie aangebied. Dit was 'n brokkie musieknuus. Die naam daarvan was "Oom Loko, sonder Motief, en Jantjie Blom". Anton, met ghitaar, was oom Loko, en Fanus, sonder enige musiekkennis, Jantjie Blom. Dan het Anton gesing en Fanus het opgesê …

OOM LOKO:

Ek is oom Loko en Fanus, Jantjie Blom;
Ons sing van die dag se nuus
Wat soggens na ons toe kom
(Al maak dit ons so vies!)

JANTJIE BLOM

Smeer hom jêm, oom Loko,
Smeer hom, asseblief,
Smeer die opposisie
Smeer hul sonder Motief!

OOM LOKO

Kom laat ons sing, ja,
Kom laat ons sing !

JANTJIE BLOM

Dan tokkel hy die ghitaar,
En gooi sy bene wyd
En as jy nie aan Oompie se kant is nie
Dan voel jy vreeslik spyt!

Waaroor het hulle gesing? Kan ek nog onthou? Ek onthou dié een, toe Mannetjies Roux die betoger in Frankryk geskop het:

OOM LOKO

Kom laat ons sing, ja,
Parys se veld is nat
Mannetjies Roux skop die betoger
Skop hom parlez vouz oor die pale
Skop hom parlez vouz op sy gat!

Vandag kan ons oor George W Bush sing en oor Robbie Fleck, oor Nicky Bojé en Schalk Burger; oor Yasser Arafat, oor die Maties en Bram Fischer; oor die nuwe Poniekoerante en oor adjunkpresident Jacob Zuma.

OOM LOKO

Kom laat ons sing, ja,
Mag Allah ons spaar,
George Bush is weer in die kussings
Vir nog 'n paar jaar!

JANTJIE BLOM

Smeer hom jêm oom Loko
Smeer hom asseblief
Robbie Fleck slaan daai Collymore
Sonder 'n Motief!

OOM LOKO

Dan tokkel Oompie die ghitaar
Die Son speel met sy kop
Sing van Media Vier-en-twintig
En die Ponies wat Galop!

OOM LOKO

Bram Fischer-Chips se Paatie
Bram Fischer-Chips se Paatie
Stellenbosch bly van almal
Beskawing se BAKERMATIE!

(NOU, SOOS ADVERTENSIE-LIEDJIE: GI'-ME-SUMME'!)

OOM LOKO

Kom laat ons sing, ja, Kom laat ons sing!

JANTJIE BLOM

GI' ME ZUMA

OOM LOKO

ZUMA WHAT?

JANTJIE BLOM

GI' ME SHAIK, RATTLE AN' ROLL

OOM LOKO

EN MILJOENE IN SHAIK SE GAT!

Groetnis

Fanus



*ONS DOOP-/NAAMGEE-WEDSTRYD

Fanus Rautenbach het onlangs 'n dubbellaserskyf (CD) Hele opvoering vrygestel. Dit bevat onder meer: "Hoogtepunte van Flinkveria se tiende verjaarsdag in Bronkhorstbaai", "Die Bronkhorstbaaifees", "Fanus se grapplaat", optredes in onder meer die Kangogrotte, en geselsies met Simon van de Wildt.

NOU BIED FANUS EEN VAN HIERDIE CD'S AS PRYS AAN VIR DIE LESER WAT HIERDIE NUWE RUBRIEK DIE OORSPRONKLIKSTE NAAM GEE.

Moenie huiwer nie, dink flink, dink suiwer! En stuur dadelik jou voorstel aan: erns@litnet.co.za.

Wil jy graag hierdie dubbel-CD bestel teen slegs R100? Stuur 'n e-pos na erns@litnet.co.za om te bestel!





LitNet: 12 November 2004

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.