ExpatNet InhoudArgief
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Posie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Hulle stem so, want hulle braai so

Christine van der Merwe kon nie kies tussen die Vote for Yourself Rainbow Dream Ticket Party en die Monster Raving Loony Party nie.

Ek kan nie beskryf hoe opwindend die afgelope verkiesing hier in Londen was nie. Ek kan nie, want dit was nie. Dit was sieldodend. En om daaroor te praat is nt so eentonig - terwyl ek hierdie paragraaf tik, het ek al drie keer gegaap. Nee, vier!

Dis seker maar hoe 'n verkiesing in een van die oudste demokrasie in die wreld veronderstel is om te wees, maar in vergelyking met verkiesings in Suid-Afrika is dit erg oninspirerend. Waar's die drama? Die histerie? Die stilstuipes? Die enigste ding waaroor ek mense 'n bietjie opgewonde hoor raak het, was om na die verkiesingsuitslae op TV te kyk.

In Suid-Afrika is die hele aanloop tot die verkiesing interessant, selfs vermaaklik. Die uitslag is vanselfsprekend, 'n bysaak. Maar hier, hoor ek toe, kyk mense van tienuur die aand na die verkiesingsuitslae op TV - aangebied deur die Dimbleby-broers op BBC1 en ITV - en vat Vrydag verlof. En dis dan die somtotaal van die avontuur. Ek dog toe, as dt is waaroor dit gaan, mg ek dit nie mis nie. When in Rome, en als. En so tref Werner my eenuur die oggend toe hy van die werk af kom, in 'n koma op die ongemaklikste bank in die huis aan. Glo my gerus - as die verkiesing 'n mens was, sou hy 'n martelaar wees en mense geleidelik dood verveel.

Ek het wel bietjie gekroek en oorgeskakel na 'n ander kanaal tydens die martelsessie. Daar het hulle 'n klomp mense gekry wat kommerwekkend baie soos die politieke hoofrolspelers lyk, en dan 'n kamtige dokumentr gemaak van wat agter die skerms gebeur. Byvoorbeeld David Blunkett wat met 'n perverse grynslag staan en vroetel met sy gidshond se leiband, terwyl di met 'n skrapsgeklede Kimberly Quinn (die vrou met wie hy 'n verhouding gehad het) op die grond rondrol.

Om te stem, lyk dit my, is soos om te braai. Vir ons beteken dit om vir ure rondom die vuur te staan en met stokke daarin te krap, dronk te word, en laataand eers te braai. Maar as Britte na 'n braai toe gaan, moet die patties reeds gebrand wees as hulle daar aankom. So, blyk dit, is die aanloop tot die verkiesing hier glad nie belangrik nie. Hulle sal net by aanhoor van die uitslag sug, en s: "Right. Jolly good. Tea?" En wie ook al aan bewind is blameer vir die treine wat laat is.

Dis ook vreemd dat iemand hier kan s hy's 'n Tory en sy meisie 'n lid van die Arbeidersparty, maar dan leef hulle nog in vrede saam. Dis so ongelooflik belaglik beleefd! En wrelde verwyder van Suid-Afrika waar - soos Ronel vertel - hulle (NP's) altyd kortpad deur die buurman ('n KP) se erf kon loop, behalwe in verkiesingstye. Dan span hy 'n draad tussen hulle erwe en laat sy Rottweiler die grens patrolleer.

Weinig Britte (behalwe die Dimbleby-broers en hulle onderskeie ateljeegaste) het iets oor die verkiesing te s gehad. Maar toe ek Saterdag, twee dae n die verkiesing, by 'n klomp Suid-Afrikaners gaan kuier, toe's dit nie lank nie voor een ('n vurige Liberale Demokrate-ondersteuner) s: "Ek hoop nie julle het Labour gestem nie!?" En 'n ander s: "Ek het!" En eersgenoemde s: "Jy's mal!" En: "Hoekom gaan slp jy nie sommer by Tony nie?" En die ander s: "Miskien sl ek!" Dan kom twee ander in en ontken nie dat hulle vir die Tories gestem het nie. En die res insinueer dis net oor hulle dalk in die ho-inkomstegroep val en nie so baie belasting wil betaal nie. 'n Ander s: "Ek w vir die Liberale Demokrate stem, maar toe stem ek eerder vir die Arbeidersparty, tn die Konserwatiewes." En: "Die Arbeidersparty het in elk geval beter kraamvoordele." En dan kyk die vurige Lib Dem-ondersteuner haar aan asof hy wonder hoekom vrouens hoegenaamd stemreg gekry het.

Hier in Brittanje is die mense ook maar lui om te gaan stem. Veral diegene wat meen die uitslag gaan nie veel aan hulle lot verander nie. (Want al die partye se basiese beleide is mos basies dieselfde.) In Liverpool, byvoorbeeld, stem baie min mense - vir hulle was die belangrikste uitslag daardie week die een tussen hulle span en Manchester United.

Vir my is om te kan stem meer 'n voorreg as 'n plig. Ek dink dis omdat 1994 ook die eerste jaar was waarin ek kon stem. Ons was eerstejaars, toe, en 100 persent oortuig van die opwindende toekoms wat voorl. Vir ons, dink ek, sal verkiesings ook altyd 'n feestelike konnotasie h. Die eerste kwartaal het hoofsaaklik om die verkiesing gedraai. Ag, dit was goeie tye. Minstens een kaas-en-wyn-geleenthied per week soos die partykandidate probeer stemme werf het. Ons het nie gediskrimineer nie, ons het na almal gaan luister. Maar die NP het die meeste freebies uitgedeel. FW-borsspelde, plakkers, plakkate. En perm-kamme.

In elk geval, hier het daar vanjaar toe op die ou end meer mense gaan stem as in die vorige verkiesing. Een nuusleser s hy stem al vir die afgelope 30 jaar by dieselfde plek, en dit was die eerste keer dat daar 'n tou was. Maar besef die mense dan nie - dt is die geheim om meer mense by die stemlokale te kry. As jy in hierdie land (en julle kan dit gerus probeer!) iewers gaan stilstaan en iemand dalk agter jou, sal daar binne sewe minute 'n redelik lang en gedwe tou agter jou vorm. Die mense by die werk hang aan my lippe as ek hulle vertel van die toue tydens verkiesings in Suid-Afrika. En dan kry hulle daai ons-wil-op-safari-gaan-kyk in hul o.

Stemdag is (glo) op Donderdae, want mans het (in die dae voor vrouens kon stem) op Vrydae begin drink sodra hulle betaal is. Saterdae het hulle by die huis rondgel en Sondae was hulle in die kerk. So, om te keer dat drank, die pantoffel of die kerk hul keuse benvloed, is vasgel dat verkiesings altyd op Donderdae sou wees.




LitNet:26 Mei 2005

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe / to the top

ExpatNet voorblad / ExpatNet front page


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.