ExpatNet InhoudArgief
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.

Orgaanroof in Sjina

Liezel van Beek

Die bekende Falun Gong-sekte in Sjina het onlangs die Sjinese regering van orgaanroof beskuldig en die Taiwannese tak van dié groep het ‘n ope brief aan Amerikaanse president George W Bush geskryf.

Menseregte-vegters regoor die wêreld se nekhare staan orent nadat Falun Gong-lede in Taiwan die Sjinese regering daarvan beskuldig het dat hulle ‘n Nazistyl-konsentrasiekamp by Sjengjang in Sjina toelaat, waar organe blykbaar van lewende Falun Gong-gevangenes geoes word en dan aan pasiënte wat oorplantings nodig het, verkoop word.

Die inligting, wat nog nie amptelik erken of verwerp is nie, is deur ‘n anonieme Sjinese dokter verskaf wat voorheen by die hospitaal gewerk het, maar later uit Sjina geëmigreer het nadat hy nagmerries begin kry het oor die gebeure by dié inrigting. Hy sê dat die orgaaninsameling alreeds van 2001 af plaasvind.

Verskeie hospitale in Sjina is ook bekend daarvoor dat hulle organe wat geoes is van ter dood veroordeelde gevangenes aan buitelanders en oorsese Sjinese pasiënte verkoop.

Tsjang Tsjing-sji, die leier van die Taiwannese groep Falun Gong-volgelinge, sê dat ongeveer 6 000 Falun Gong-lede sedert 2001 na die Sjenjang Trombosehospitaal gestuur is, maar dat slegs 2 000 nog lewe. Die ander het na bewering gesterf nadat hulle niere, lewers, korneas of vel verwyder is.

Die dokter sê die verwydering van die organe word in die hospitaal se lugaanvalskuiling gedoen, waarna die liggame van die slagoffers in ‘n smeltoond veras word.

Die Taiwannese Falun Gong-groep het ‘n brief aan Amerika se president, George W Bush, gerig waarin hulle vra dat hy die saak met Sjina se president, Hu Jintao, sal bespreek tydens sy besoek aan die VSA volgende maand.

Die Falun Gong is ‘n meditasiesekte wat in 1992 deur Li Hongzhi geskep is. Dit is gebaseer op vyf meditasietegnieke wat poog om jou natuurlike laevlak-energie of qi, te omskep in gong, wat helende kragte het en ook nodig is in die proses tot geestelike verligting.

Sjina het die sekte in 2001 verban en sedertdien etlike duisende mense gearresteer omdat hulle vermoedelik aktiewe lede is. Ten spyte van die vervolgings het die sekte vinnig regoor die wêreld versprei en het dit tans miljoene volgelinge.



LitNet: 11 April 2006

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe / to the top

ExpatNet voorblad / ExpatNet front page


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.