ExpatNet InhoudArgief
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.

Naguiltjies van die Ooste

Liezel van Beek

Kinders in die Ooste gaan slaap heelwat later as in ander dele van die wêreld.

’n Studie deur ’n Japannese opvoedkundige-navorsingsontwikkeling-sentrum het onlangs gewys dat Klaas Vakie deesdae baie laat saans sy rondtes begin doen, veral by Taiwannese kleuters.

Ongeveer ses duisend ouers uit vyf stede in Asië het deelgeneem aan die studie, wat poog om hedendaagse kleuters se gewoontes en gedrag beter te verstaan. Taiwannese kinders in Taipei tussen drie en ses jaar oud gaan slaap heelwat later as die kleuters van Tokio, Seoel, Beijing en Sjanghai.

Slegs 26 persent van kinders in Taipei is alreeds teen nege-uur saans in die bed, teenoor ongeveer 80 persent in Sjanghai. Daarna volg Tokio, waar 76 persent van kleuters al teen nege-uur in droomland is.

Daarteenoor staan Taipei se kleuters ook vroeg op, met 56 persent wat alreeds teen sewe-uur die oggend die sand uit hulle oë vee. Terwyl net 48 persent van Koreaanse kinders in Seoel voor sewe opstaan, is Beijing vol hoenderhaantjies, met 96 persent wat voor sewe-uur al kraai.

Kinders tussen drie en ses jaar oud in Tokio, Japan, kry die meeste slaapsand, as die enigste groep met ’n gemiddelde nagrus van meer as tien ure elke aand. Seker omdat hulle so moeg is van al die televisie-kyk – want hulle staan ook eerste met ’n daaglikse gemiddeld van amper vier ure televisietyd per dag. Taiwan is tweede met amper drie ure per dag, en in Sjanghai sit die kleuters ongeveer twee ure lank voor die kassie elke dag.

Die studie het ook uitgevra oor ouers se verwagtinge vir hulle kinders. Japannese ouers hoop dat hulle kinders waarde sal heg aan vriendskap, dat hulle ander nie sal beledig nie, en dat hulle die familie sal respekteer. In Taipei is respek vir jou familie heel bo aan die lys, terwyl ’n goeie beroep kortkop tweede kom.



LitNet: 28 Maart 2006

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe / to the top

ExpatNet voorblad / ExpatNet front page


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.