ExpatNet InhoudArgief
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Skroeiende sosatie

Brand Smit

Almal maak foute, al probeer ons hoe hard om mekaar tegemoet te kom. Ontsteltenis was egter so erg soos 'n mens kan verwag toe die vrou vanaand by die fried food-stalletjie nie verstaan toe ek vir haar in Chinees vra hoeveel kos die tofu-sosatie nie.

My Chinees is ver van vlot af, maar ek kommunikeer wel suksesvol elke dag met volwassenes en studente in uiteenlopende situasies. Ek kan oor dit en dat gesels met kollegas by die werk, ek kan nuwe skedules bespreek met 'n skoolhoof, en kan maklik 'n uur lank met sesjariges gesels en grappe maak (in Chinees, as ek eintlik betaal word om Engels te praat). "Hoeveel kos dit?" is 'n frase wat mens gewoonlik onder die knieg het na die eerste week in Taiwan, en om na 'n paar jaar nie verstaan te word nie oor iets wat minstens jyself gedink het jy bemeester het, is ontstellend vir die ernstige taalstudent.

My uitspraak van "Hoeveel kos die tofu-goed?" was, soos die meeste van my Chinees, sekerlik nie een honderd persent akkuraat nie. My verdediging is egter: Hoeveel dinge kan enige klant vir haar vra as hulle die stokkie met die tofu optel en vraend in haar rigting sÍ "Blaf-blaf?" Om te sÍ "dit kos dertig" moes 'n instinktiewe reaksie gewees het op enige klanke wat uit my mond gekom het! Maar in plaas van "dertig" verklaar sy toe dat sy my nie verstaan nie.

Rekende toe dat sy miskien nie enige klanke uit my mond verwag het nie, en terselfdertyd verskrik was omdat sy vir 'n oomblik gemeen het sy moes Engels praat, herhaal ek dit toe. Stadiger. En weer eens glimlag sy asof ek simpel is, en vra vir die antie wat langs haar die kos in die olie gooi: "Antie, die vreemde ou het nog nooit gepraat nie, nou praat hy. Wat sÍ hy?"

Ek probeer toe weer. En weer eens kan sy nie vir haarself dink dat ek heel moontlik nie vir haar vra na die geskiedenis van olierige kos in Noordoos-AsiŽ nie, maar net na die prys van die stupid tofu-sosatie. Toe sy my dus vir die derde keer aankyk met 'n goedbedoelde maar dom glimlag, toe kook my olie genoeg om die sosatie daar en dan in die straat te verskroei.

Ek meen toe om 'n muntstuk uit my sak te ruk, maar slaag toe net daarin om my sleutels in die bak hoenderpote te gooi. Briesend oor die verleentheid hou ek toe 'n oomblik later wel 'n muntstuk triomfantelik in die lug en skree: "Qian, qian! Duo shao qian?!" Die ouer antie, wat vir die oomblik vergeet het van 'n ander ou se bacon-en-vienna-snack, vertaal toe my brutale Chinees as "Duo shao qian?Ē, oftewel "Hoeveel geld?" "Dertig," sÍ die jonger vrou toe met drie vingers in die lug.

VerleŽ krap ek toe my sleutels tussen die hoenderpote uit en begin my groen plastiekbakkie vol tofu-sosaties te pak. En omdat ek toe in 'n slegte bui was en dit nodig gehad het, ook 'n paar happe seekat.

"Het jy nog nooit 'n foreigner hoor Chinees praat nie?" kap ek toe in my beste hoog-Engels oor die bondels boontjies en blomkool. Maar 'n rooi gloed het reeds oor die vrou se wange begin dans, en ek los toe maar my melodrama. Miskien, reken ek, was sy net ingedagte, en toe ek skielik begin praat het, het sy heel moontlik haar bes probeer om te verstaan wat sy moontlik gedink het was Engels.

Die laaste glimlag was egter hare Ė ek verkies my geoliede blomkool en tofu met net so 'n snarsie rooi peper, en ek het anderpad gekyk toe sy die speserye vasvat ...





LitNet: 17 Januarie 2006

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SÍNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe / to the top

ExpatNet voorblad / ExpatNet front page


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.