ExpatNet InhoudArgief
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Die veranderende gesig van Ierland

Onderhoud met Cele Ntambwe


Wie is ek? Waarom is ek hier?

Vrae wat Neo in The Matrix Reloaded homself (nog ’n slag) afvra.

Maar bostaande is ook eksistensiŽle kwessies waarmee tieners hulleself besig hou. En natuurlik, knaend: Suid-Afrikaners in die buiteland. Seker dan een van die redes waarom ek graag meer wou hoor omtrent ’n Suid-Afrikaanse radiograaf op die Ierse dorp waar ek (tydelik) woon.

Ek ontmoet Cele Ntambwe en sy vrou in hulle huis in ’n stil buurt in Navan. Navan is nie juis die metropool van Europa nie; dit lÍ iewers tussen Dublin en Belfast. Die dorp het ’n rivier, ’n poskantoor en ’n magdom nuwe uitbreidings. Dis in een van diť nuwe dubbelverdiepinghuise waar Ntambwe bly. ’n Kinderfiets lÍ in die oprit en in die agterplaas blaf ’n hond. Terwyl ek die voordeurklokkie lui, loer ’n klein brakkie deur die heining vir my, meer bek as binnegoed. Hierso is ’n hond ’n troeteldier en nie ’n waghond nie.

Cele Ntambwe is ’n lang man en sy glimlag is vriendelik. Sy vrou, Eugene, wag reeds in die sitkamer. Hulle is albei in die Republiek van die Kongo gebore en het eers in 1991 na Suid-Afrika getrek. Tog ag hy homself Suid-Afrikaner, sÍ Ntambwe. Hulle het nooit die felheid van Apartheid beleef nie. Hy sÍ dat ’n mens xenofobie in ieder geval enige plek op aarde kan aantref. In Suid-Afrika het hy dit op ’n sekere vlak beleef en hier in Ierland beleef hy dit op ’n ander manier.

Waarom het hy in die eerste plek Suid-Afrika toe getrek? En daarna Ierland toe?

Een vraag op ’n slag, glimlag hy. In albei gevalle is die antwoord rofweg dieselfde: meer geleenthede.

Dis die kort antwoord, besef ek, as hy verder vertel.

In Suid-Afrika het hy en sy gesin te doen gekry met die alledaagsheid waarmee alle Suid-Afrikaners saamleef: misdaad. Hulle het in ’n township op die buitewyke van Pretoria gebly. Die area ten spyt, was die gesin gelukkig met hulle woonhuis: vyf slaapkamers, ’n patio in die agterplaas vir braaivleis en genoeg kuierplek vir almal. Dis net dat die geweld voortdurend in hul nek geblaas het — daar was inbrake, selfone is gereeld gesteel en vanselfsprekend was alles agter slot en grendel. (Hier in Ierland, sÍ Eugene tussenin, sluit hulle partykeer nie eens hul voordeur nie.)

Ntambwe se werk in die hospitaal het hom daagliks in kontak gebring met slagoffers van geweld. Hy vertel stories wat vir ’n Suid-Afrikaner bekend klink: die pasiŽnte was onderwerp aan verkragtings, mense met mes- en koeŽlwonde. Dit voel vir hom of hy hier waar hy nou is, as mens kan groei binne sy professie. In Suid-Afrika het dit gevoel of hy dikwels met krisishantering besig is.

’n Ander rede waarom hulle Ierland toe gekom het, was om hulle horisonne te verbreed, verander Ntambwe die onderwerp. Die gesin woon nog net ’n jaar hier, maar hulle dink daaraan om baie lank te bly. Tot hy aftree, sÍ Ntambwe.

“Wat dink Eugene daarvan?” vra ek.

Sy lag. Sy mis die sonskyn, sÍ sy. En sy mis atjar. Hierso kry ’n mens geredelik blatjang en rooibostee, maar nie atjar nie.

Ek vra vir Ntambwe watter kos hy graag in Suid-Afrika geŽet het. “Vis,” kom die antwoord. Maar hier kry ’n mens ook lekker gerookte salm en ander vars vis in die supermark. Hy kla nie.

Hulle twee seuntjies kom skugter die sitkamer binne. Die een gaan sit voor die televisie met die groot, plat skerm, vra dat sy pa die tennis vir hom aanskakel. Die ander een hoes. Sy ma verskoon haarself om vir hom hoesmedisyne te gaan haal.

As sy terugkom, vra ek of die kinders gelukkig in hulle skool is. Hulle pas aan, sÍ die pa.

Maar hulle twee as ouers is baie tevrede met die kinders se skool hier, sÍ die ma. In Suid-Afrika het die seuns ’n privaatskool bygewoon. Dit het R990 per maand per kind gekos. Sy vertel van ander uitgawes: vervoer skooltoe, kosblikke en middagetes, skooluitstappies. My gedagtes stol nog rondom die skoolfooie. Ek het nie besef hoe duur ’n privaatskool kan wees nie.

Dis vir hom belangrik dat sy kinders die heel beste opvoeding kry, sÍ Ntambwe. Hierso is hulle tevrede met die staatskole en dit kos hulle letterlik nie ’n sent nie. In Suid-Afrika het dit soms vir hom gevoel sy salaris word aan die kinders se skool oorbetaal.

Het hulle by enige aktiwiteite hier op die dorp betrokke geraak? vra ek. Voel hulle as volwassenes dat hķlle sosiaal hier aanpas?

Ja, hulle gaan na ’n kerk, ’n “Pentecostal fellowship”, vertel Eugene. Hulle het al ’n paar vriende daar gemaak, sÍ haar man. Meestal NigeriŽrs.

Ten slotte vra ek hulle oor hulle drome.

Ntambwe dink nie eens daaroor nie. “I have two dreams,” sÍ hy. “To be a man of God and to earn a good living for my family.”

Die afskeid is so ongekompliseerd soos die onderhoud. Ek besef dat ek dalk verwag het alle Suid-Afrikaners in die buiteland — ongeag velkleur — sou wroeg met hulle weg wees uit hul eie land, soos ek.

Ntambwe nooi my nog vir ’n bier terwyl ek wegstap, maar my geleentheid huis toe wag voor die deur. Hulle waai vriendelik en die gesin word ’n foto voor my oŽ. Hierdie prentjie is nie kundig gechoreografeer nie; die gesin lyk spontaan en ontspanne.

DŪt is Keanu Reeves se antwoord. Die Ntambwes wťťt waarom hulle nie op die oomblik in Afrika bly nie: die gesin is gelukkig waar hulle nou is.

boontoe / to the top

ExpatNet voorblad / ExpatNet front page


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.