ExpatNet InhoudArgief
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Weense Afrikaans: ’n vertoonvenster vir Suid-Afrikaanse tale en kulture in Europa

Rina Loader


Afrikaans as akademiese vak aan die Universiteit van Wenen

Sedert die wintersemester van 1998/99 is ek betrokke by die Nederlandse Afdeling van die Instituut vir Germanistiek, waar ek ’n inleidingskursus in Afrikaanse grammatika en taalgeskiedenis, letterkunde en landkunde aanbied. Onder landkunde word hier verstaan ’n algemene oriŽntering ten opsigte van die geografiese kenmerke, die geskiedkundige ontwikkeling en die kulturele kenmerke van die land. Die taalkundige deel van hierdie kursus bied ek ook binnekort in Hongarye (by die Universiteit van Boedapest) aan.

In die somersemester 2003 volg ’n meer gevorderde kursus vir studente wat reeds die inleidende kursus agter die blad het. Hier word gefokus op kommunikatiewe Afrikaans en letterkunde met klem op die poŽsie nŠ sestig, die historiese roman, drama en film in Afrikaans.

Die studente kan Afrikaans as keusevak vir hulle graadkursus neem. Dit omvat twee periodes (van 45 minute) per week oor ’n tydperk van 12 weke. Weens ’n gebrek aan fondse kan meer periodes per week nie aan Afrikaans toegesÍ word nie, ten spyte van ’n aanvraag daarna deur die studente self. Dit beteken dat die kursusse baie oorsigtelik en gekonsentreerd van aard is en dat die inleidende kursus en opvolgkursus mekaar moet afwissel.


Diverse projekte om kommunikasie tussen Europa en Suid-Afrika te bevorder

Daar was reeds verskeie interessante uitvloeisels uit diť Afrikaanse projek hier in Wenen. Afrikaanse onderrig vind ook reeds in ander dele van Europa plaas, byvoorbeeld in Pole, Rusland, Duitsland, Oezbekistan en aan die Palcky Universiteit in Olomouc, TsjeggiŽ — natuurlik afgesien van verskeie plekke in Nederland en BelgiŽ. Ek het gou besef dat daar feitlik geen kommunikasie tussen hierdie Europese eilande van Afrikaans is nie. Dit was een van die dryfvere agter die totstandkoming van Euro-Afrikaans (www.ned.univie.ac.at/afrikaans).

Euro-Afrikaans is ’n blad wat, soos die logo suggereer, Afrikaanse interaksie tussen Suid-Afrika en Europa wil bevorder. Ook word gekyk na Afrikaans in die res van die geglobaliseerde wÍreld. Die blad stel die universiteite in Europa waar Afrikaans aangebied word, bekend en lys die akademiese geleenthede en navorsingsprojekte waar Afrikaans buite Suid-Afrika ’n rol speel. Studiehulp rondom die Suid-Afrikaanse landkunde, grammatika, taalgeskiedenis en letterkunde word stelselmatig ingevoer. Op Euroforum word geleentheid gebied aan alle belangstellendes om artikels te publiseer (met behoud van kopiereg) en belangegroepe binne en buite Suid-Afrika word stelselmatig gelys.

U word dus vriendelik uitgenooi om my te help bou aan hierdie blad soos wat u belangstellings dit moontlik maak. Medewerkers is vir my iets kosbaars, aangesien dit ure neem om ’n blad van so ’n omvang alleen op datum te hou! In Vlaandere help Ghislain Duck‚teau my byvoorbeeld deur gereeld nuus oor Suid-Afrika en Afrikaans in die Belgiese pers op te som en aan te stuur. U kan gerus kyk onder Euroforum (Afdeling Kaleidoskoop). Prof Elise Botha het ook toegestem dat haar boek Prosakroniek op Euro-Afrikaans gepubliseer kan word (kyk onder die afdeling vir Studiehulp. Skrywers is baie welkom om opsommings van hulle boeke aan my te stuur om op diť manier die interesse van die Europese studente gaande te maak. Toekomsmusiek is dat ek dalk iewers ’n borg vir die blad kan vind, sodat ek skrywers kan nader om op gereelde basis bydraes te lewer.

Tans bied Euro-Afrikaans ’n kortverhaalwedstryd aan in samewerking met Die Internasionale Trust en die UASA-vakbond (sien Euro-Afrikaans-webblad vir meer informasie) met ’n eerste prys van R4 500. Daar is ook ’n skole-afdeling.

’n Verdere aspek van die webblad wat u moontlik sal interesseer, is die moontlikheid om inligting oor persoonlike akademiese besoeke aan Europa aan my te stuur. Die toepaslike inligting (byvoorbeeld aard van die besoek, tyd, datums, plek, onderwerp van lesing(s), stede en universiteite in Europa wat u beplan om te besoek, ’n persoonlike kontaknommer, ens) sal ek graag op Euro-Afrikaans publiseer. Die aankondiging van besoeke aan Europa maak dit vir ander belangstellendes in Europa moontlik om met u kontak op te neem.

Hoe meer ek met Afrikaans en Suid-Afrikaanse landkunde te doen gekry het, hoe meer het ek besef dat daar ’n geweldige onkunde in hierdie deel van Europa bestaan oor Suid-Afrika en die rykdom van Suid-Afrikaanse letterkunde. Op die oomblik is ’n projek besig om van die grond af te kom wat die kennis oor diť sake wil bevorder en waarin beplan word om:

  • die rykdom van die Suid-Afrikaanse kultuur, letterkunde en taalverskeidenheid aan die Oostenrykse publiek voor te stel en te illustreer
  • meer Suid-Afrikaanse boeke vir Duitse literatuurliefhebbers deur middel van vertalings toeganklik te maak
  • Suid-Afrikaanse boeke en kunswerke deur middel van uitstallings bekend te stel.

    In die konteks van hierdie oogmerke is daar aan die begin van Desember (eintlik 29 November en 2 Desember 2002) in Wenen geskiedenis gemaak. Die Instituut vir Germanistiek, Afdeling Nederlandistiek (Universiteit Wenen), die Oostenrykse Letterkundevereniging (OGL), die Instituut vir Afrika-studies (Universiteit Wenen), die Dokumentasiesentrum vir Suidelike Afrika (SADOCC), sowel as die onlangs gestigte Friends of South Africa (FoSA)’n simposium gereŽl met die tema Literatuur en migrasie: Suid-Afrika.

    Die sprekers by die simposium was Etienne van Heerden, Johnny Masilela, Achmat Dangor, Alfred Schaffer, Marita van der Vyver, Henk van Woerden, Ena Jansen, Luc Renders en Walter Sauer (sien Euro-Afrikaans vir inligting oor die verskillende onderwerpe waaroor hulle gepraat het). Die referate sal mettertyd gebundel en gepubliseer word.

    Die organiseerders en borge is baie in hulle noppies oor die goeie afloop van hierdie eerste van sy soort in Wenen. Dit is bygewoon deur Oostenrykers, Suid-Afrikaners, en besoekers uit Duitsland, Hongarye, die Tsjeggiese Republiek, Rusland, BelgiŽ en Nederland — onder wie studente en dosente.

    ’n Band is met die Suid-Afrikaanse owerheid gelÍ deurdat prof AT Moleah, ambassadeur van die Republiek van Suid-Afrika in Wenen, as beskermheer van die projek optree.

    Betekenisvol was die uitruil van gegewens oor die stand van sake in die verskillende lande en die verbreding van kennis van die Suid-Afrikaanse letterkunde en kultuur in die algemeen. ’n Besef van die belang van vertalings van die werke van Suid-Afrikaanse skrywers in Duits en omgekeerd is een van die belangrike uitvloeisels van die simposium. Enigiemand wat ons met inligting in diť verband behulpsaam kan wees, kan my gerus kontak. Dit gaan natuurlik eerstens om die vind van fondse vir sulke projekte en ons ontvang graag inligting oor moontlike kontakpersone.

    ’n Groot probleem wat die onderrig in Afrikaans aan Duitse universiteite in die gesig staar, is die feit dat TrŁmpelmann se Afrikaans-Duitse Woordeboek uit druk is. Ek wil dus ’n versoek rig aan almal wat Afrikaans-Duitse woordeboeke besit en nie meer gebruik nie, om dit aan ons Instituut te skenk vir gebruik deur studente in Wenen wat hulle graag met Afrikaans wil besig hou.

    Tydens die simposium het die studente in Afrikaans aan die Universiteit Wenen ’n program aangebied met die tema Klanke roer en praat in Weense Afrikaans. Hiervoor het hulle gedigte getoonset, gesing en voorgedra. Gedigte soos “What about de lŰ” van Adam Small, Boesmangedigte, “Fughetta vir drie stemme” (Antjie Krog) en “Oor die berge kom ’n man” (George Weideman) het groot byval gevind. Die tekste was voorsien van ’n Duitse en Engelse vertaling sodat almal teenwoordig die strekking van die program kon volg.

    Vir verdere inligting, bydraes, voorstelle en gegewens oor moontlike reisprogramme kan u my kontak by die volgende adres: catharina.e.loader@univie.ac.at.


    18 Desember 2002

    boontoe / to the top

    ExpatNet voorblad / ExpatNet front page


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.