ExpatNet InhoudArgief
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

“Tweedehandse skuld”: ’n Expat se krisis in Londen

JC van der Linde

Dit is Sondagmiddag op die vyf en twintigste dag van die eerste maand van die jaar twee duisend en vier. Ek voel amper soos Koos Kombuis met my glasie rooi wyn; net jammer ek rook nie, want dan het ek nou ’n Camel in die bek gehad.
Soos soveel ander jong mense het ek ook besluit om die onbekende in te gaan, om my tassie te pak en Londen aan te vat. Aangesien dit my tweede ekspedisie is na die eiland, is ek totaal en al in ’n krisis gedompel. Verlede jaar het ek hier aangekom met £95 in my sak, wat beteken het dat ek die naaste beste werk moes gryp en aangaan. Soos die noodlot dit wou hÍ (“noodlot” op die oomblik, aangesien ek ’n geestelike krisis belewe en nie meer seker is of ek nog kan glo in die Bybel en of ’n hoŽr mag ons pad uitlÍ nie), het ek gewerk as ’n handearbeider in die konstruksiebedryf. Soos my oorle oupa Greyling in die Engelse myne in Bethulie gewerk het, so het ek in die Engelse “konsentrasiekampe” gewerk. In die tyd wat ek nou hier gewerk het, wou ek somtyds die blÍrrie pommies se nekke omdraai, want hier staan ek, Afrikaner-boerseun met ’n tersiÍre opleiding en die slak wil my hanteer asof ek geen verstand het nie. Partykeer voel dit ek wil net my CV vat en in sy neus opdruk en dan vir hom sÍ hy moet sy werk in sy gat opdruk. Ongelukkig “beggars can’t be choosers” Ö

Of so het ek gedink tot ek vandag ’n stuk gelees het deur Christine van der Merwe met die titel “Die Prins, ’n paar Bacardi Breezers en ’n nat hond”. Ek haal graag ’n stuk aan uit die brief:

Tog, hierdie ingesteldheid van die Engelse is iets wat ons nie het nie. As ons vir, seg maar, ’n sekretariŽle pos aansoek doen, sal ons nog sÍ ja, ek tik 75 woorde ’n minuut. En dan, al probeer keer ons hoe, daar glip altyd nog ’n “maar” uit. Maar Ö dit Ö was Ö lank terug. Jammer om te hoor, sÍ die onderhoudvoerder, en gee die werk vir ’n blasť Brit wat 14 woorde ’n minuut tik, met 100 persent spelfoute. En dit bring my by die eintlike punt van die storie, liewe leser: dŪt is die rede waarom duisende jong Suid-Afrikaners in Londen sekuriteitswagte is. (Dink ek.)

Dankie Christine!! Jy het my nou vandag in ’n totale krisis gedompel; my dag en dalk die res van my tyd in Londen is goed opgefok. Ek was nou van plan om maar Maandag weer my trots in my gatsak te sit en te gaan aanmeld vir nog ’n paar maande van totaal niksseggende werk wat vereis dat jy die IK van ’n blomkool het soos beskryf deur Karen Zoid.

’n Rugby-omroeper het eendag gesÍ dat ons spelers “gentle giants” is en dat dit die rede is hoekom ons so swak vaar. Het ons te slapgat geword? Wat het geword van die trots? Het ons dan ons plek en identiteit in die wÍreldarena verloor? Ons het niks meer as trekarbeiders geword wat op die grond kruip en smeek vir die krummels wat die wÍreld vir ons gooi nie. En ons moet tog sů dankbaar wees, want daar is soveel mense wat minder as ons het Ö Wat ’n absolute hoop nonsens. Hoekom moet ons gelukkig wees met die minste? Waarvoor het ons ouers derduisende rande spandeer om ons ’n goeie opvoeding te gee en ons gebruik dit om te sÍ: “How may I take your order?”

My eie probleme kom van wat Koos Kombuis beskryf as “tweedehandse skuld”. Ek voel skuldig omdat politici my land so opgefok het dat ek na ’n ander land moet wyk; ek voel skuldig oor die sondes van my voorouers; ek voel skuldig oor my eie tekortkominge; en aangesien ek die indringer is, kan ek nie staatmaak op my kwalifikasies nie - nee, ek moet die laagste werk gaan doen, want dit is hoe dit ’n armblanke betaam.

Ek is jammer om te sÍ, maar na alles wat ek gesÍ het, weet ek nog steeds nie hoe om diť neurose te behandel nie. Maar ek weet wel een ding en dit is dat maak nie saak wat gebeur nie: “If I do go down, I will go down in a blaze of glory.”

27 Januarie 2004


boontoe / to the top

ExpatNet voorblad / ExpatNet front page


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.