ExpatNet InhoudArgief
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.

Heita!

Ons sit hier, knus onder die tropiese son, en drink botteltjies water, hier ver van die waarhede van Bush en Saddam in Los Lagos. Die afgelope twee jaar het die RSA-expat-getalle wild gegroei, soos oliebome in ’n mielieland, hier in Nigerië. Meestal kan die skuld karplaks voor die deur van MTN gelê word.

Ek is nou al twee jaar, give or take ’n paar dae, in dié deel van ou Niek se lêplek. Die locals praat van Lagos as “concrete hell”. Miskien is dit nie so erg nie, of miskien word mens net gewoond aan al die dinge. Expats oor die algemeen is nie vreeslik opgetrek met Nigerië nie en laas jaar het Lagos die titel gewen van “the most undesirable location”. Is maar ’n rowwerige land, al het jy grootgeword in die skadukant van ISCOR.

Die trick is meestal om nie in die nag te ry nie — baie car-jackings, polisie wat “something for the boys” vra met ’n AK in die hand, en natuurlik besope ander expats wat in jou vasry. Ons rits egter rond in die nag (lankal gatvol vir die oorlog op CNN/BBC), heel pligsgetrou met ons deure gesluit en seatbelts aan, maar oornag soms by die een of ander toeganklike kuierplek. Ligdag lyk Lagos ook maar oes met hangover-oë.

Lagos het geen flieks nie, ook nie ’n Exclusive Books waar jy ’n intellektuele persoon kan ontmoet nie, so eet en drink is die ding. Hier is heelwat uithangplekke. Trouens, sommer baie, en ons jol lekker.

Elke ou het sy eie smaak, dus is hier gesofistikeerde diskoteke wat acid jazz en cool world music speel en ’n single Jimmy on the rocks aan jou verkoop vir US$12, plekke waar ouens net pool speel, en heelwat restaurante vir ’n verskeidenheid smake. Seer sekerlik is die gewildste expat-plek in Lagos Pat’s Bar Big Screen TV’s met sport — Pat self ’n Pommie en rugby-/krieket-/sokker-fên. Stunning pies (maar moenie die beef pie bestel as daar ’n perd in die straat doodgery word nie), OK hamburgers, wye reeks blik-/bottelbiere insluitende Castle. Pat voer ook biltong uit SA in en die prawns hier (sowat R35 stuk) is ongelooflik. Kom vanaf NZ. Bestel in broodkrummels. Ses stuks is net genoeg. Vir die manne met lastige testosteroon is die kelnerinne meestal ook beskikbaar as “takeaways”, maar is nie noodwendig ’n goeie keuse nie.

Laatnag in Lagos kruip ons na Bob’s Bar, langs die VSA-Ambassade (so sekuriteit is OK). Die bar is twee containers wat inmekaar ge-”weld” is en waar ’n ry vensters ingemessel is. Dié is ’n watergat uit en uit. Bob is ’n ou oom met min tande en baie tatoes. Hy het een aand vir my vertel: “I spend most of my life in jail. Small silly things, a robbery here, an assault there, so when I was let out the last time I came to Lagos. Here is much more trouble than me, so I remained.” Bob het ’n band en hulle speel op Vrydagaande vanaf so 10 nm. Lekker 60s, 70s en 80s rock. Pink Floyd, Rolling stones (Bob doen ’n stunning “black magic woman”). Bob speel lead, ’n jongerige SA man speel bass, daar is ’n Pommie wat dromme speel, en so dan en wan ’n Nigeriër wat trompet speel. Moet nooit hier iets eet nie. Die kombuis lyk soos iets uit ’n David Lynch-movie. Bier koud en goedkoop en “pay as you go”-meisies is volop en beskikbaar, as dit nou jou spyskaart is.

Op Ikoyi — dis nou die Houghton van Lagos — is twee plekke. Een is die Cuban Café, wat baie nuut en dus nog die “buzz” is. Bier is goedkoop. Die beste, mees classy plek is International Piano Bar. Regte egte vleuelklavier, beautiful ou omie wat speel, en sagte trompet/viool/dromme. Sit hier en suig aan whiskey vir ure. Later, net so voor die son kop uitsteek, bestel jy ’n Lebanese mezze en eet jouself wakker.

Vir die jonges van gees en ouens wat van chemiese substanse in jou bloed hou, is Bar Beach net die plek. Soort van ’n informele plakkerskamp op die strand en het ’n wye reeks drink- en eetplekke. Klem is hier op “wie nie waag nie, wen nie”, en nie ’n prentjiemooi honeymoon destination nie. Moet egter nooit ’n trek van iemand aanvaar nie en pasop vir biere wat uit ‘n glas kom. Mag met Chevron brake fluid gespike wees. Blykbaar ’n moerse kick, maar jou lewer en niere stop ook morsdood.

Die beste ding van Lagos is dat Cool Runnings in Hatfield progressively vaal en boring is as jy jouself tussen ’n spul slingerende studente vasdrink.

My email-adres vir iemand wat meer info wil hê, is planet baobab@yahoo.co.uk .

Cecil Barnard

boontoe / to the top

ExpatNet voorblad / ExpatNet front page


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.