ExpatNet InhoudArgief
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Die Londen-mite unplugged

Almari Wessels

Gelykbreek is ’n relatiewe begrip — of hoe? oortuig ek myself terwyl ek my vasgordel in die sitplek van die British Airways Boeing wat my terug na my geboorteland sal neem. Om die waarheid te sÍ, “gelykbreek” is tien teen een ’n Anglisisme en opgevoede Afrikaanssprekendes behoort dit nie in goeie geselskap te gebruik nie.

Nou toe, daar het jy dit, Almari — die feit dat jy vyf maande in Londen spandeer het sonder om ’n pennie daarvoor te kan wys, is tog nie so sleg nie. Trouens, al het jy £300 verloor kon dit erger gewees het. Hoekom, weet nugter alleen. En wie is Nugter, anyway?

Die swakste skakel
Nie lank terug nie — vier maande om presies te wees — het ek myself ook met retoriese vrae gepeper. “Wat,” het ek met meegevoel gefluister, terwyl ek my oŽ na die Big Ben opgeslaan het, “het my besiel om my middelklasbestaan van Terrace-middagetes, Savanna en Peter Stuyvesant Extra Mild op te gee vir Sainsbury’s Low Price Food, Lambrini en Mayfair Lights?”

Nodeloos om te sÍ het my hulp toe niť van die Big Ben gekom nie. NŠ weke van werk soek, die Groot Stad verken en uitvind waarom ’n Snakebite (’n Australiese drankie wat beskryf word as die hoofweg na geheueverlies) onwettig in sekere wÍrelddele is, het die antwoord soos die deus ex machina in ’n Griekse tragedie in ’n eienaardige vorm aan my verskyn.

Nie dat Jan Rap of sy maats Anne Robinson, die aanbieder van die Britse vasvraprogram The Weakest Link, noodwendig as ’n “eienaardige vorm” sou beskryf nie. Die kanse is goed dat hulle haar prontuit ’n “bitch” sou noem. Plesierig soos die Afrikaners in die liedjie waarin Karen Zoid aanvoer dat sy nie PMS het nie, maar net ’n “natural bitch” is, is onse Britse Anne beslis nie.

Soos my neef Rooijan aan sy Karoo-pa gesÍ toe hy vertel het van die bloutjie wat hy geloop het met sy blind date uit die Landbouweekblad se Hoekie vir die Eensames: “Diť tannie vattie kakkie.” Rooijan, Anne Robinson okkie.

Die betrokke aand was die vent wat deur sy spanmaats in die vasvraprogram uitgestem is, besonder onnosel en Anne het ’n ekstra tikkie kil in haar stem gehad. Nie eers die onnatuurlike snerpendheid van die ondergrondse winde van die moltrein kom naby aan die koue wat met daardie een vernederende kyk aan die stomme deelnemer toegesnou word nie. En daardie aand was dit asof sy my vierkantig in die oŽ gestaar het en daardie onbeskofte frase in Afrikaans aan my uitgespel het. DŪt terwyl my wangevoede dog logge liggaam op die moeŽ rusbank met ’n blikkie 7p-spaghetti in tamatiesous neergeplons was: “Jy is die swakste skakel.”

En toe tref dit my.

Ek hoort nie hier nie.

Was dit ’n hersenskim, wensdenkery of ’n teken van Bo? “Klink vir my na ’n pot kak,” het my pa gemompel toe ek diť openbaring met hom deel. My vriendin Lize, ’n sekuriteitswag met ’n honneursgraad in politieke wetenskap, het dit egter nie so ligtelik opgeneem nie. Ek, aan die ander kant, het haar opinie met ’n knippie sout verteer. Haar objektiwiteit oor die situasie is immers belemmer die aand toe sy met weerlig getref is die dag voordat sy uit Johannesburg na Londen sou vertrek. (Vandaar haar bynaam Flash Gordon onder die ander sekuriteitswagte.)

Die openbaring. Waar het Anne Robinson leer Afrikaans praat? Is die stywe bolip Anne eintlik “onse Anna”? Een van die halfmiljoen Suid-Afrikaners wat in Londen ronddwaal, jou in Starbucks op die skouer tik en sÍ: “Geniet julle koffie verder,” sekondes nŠ jou gespreksgenoot in grafiese detail sy ervarings met dwelms en minnaars van dieselfde geslag met jou gedeel het. Wie weet.

My koelkopsuster, ’n rekeningkundige assistent by maatskaplike dienste in Bermondsey, Londen, het ’n minder interessante, dog meer logiese verklaring gehad. “Dit was jou gemoedstoestand wat mind games met jou gespeel het,” het sy gesÍ en vir my ’n ent, of ’n “fag” soos hulle dit hier noem, uit die silwer Benson & Hedges-pakkie aangegee. Vir my was dŪt ’n luxury. In my huis, 3C Norman Road, South Wimbledon, kon ons net die ligblou pakkie Mayfair Lights (waarvoor jy £1,93 vir tien betaal), bekostig.

Die mind games-teorie was ’n moontlikheid, aangesien ek juis daardie dag deur die bestuurder van my eerste werk in Londen, die telefoniese verkoop van ongeluksversekering, in die pad gesteek is. En tog het diť gebeurtenis my nie vreeslik ontstel nie. Ek het net die week tevore aan my huismaats vertel dat hulle nog eendag by die huis gaan kom en op my gaan afkom waar ek van die trappe af hang met die telefoonkoord om my nek. ’n Grap is ’n grap, maar jy laat nie iemand met ’n honneursgraad in joernalistiek versekering aan mense oor die foon verkoop nie.

“Hello there. May I please speak to Mr Smith? Ö Good afternoon Mr Smith. My name is Almari Wessels and I am phoning on behalf of Barclaycard regarding a new service. Is now a convenient time to talk? Ö Thank you. As a valued Barclaycard customer you have been selected to receive a free offer of two months’ accident cover worth up to 250 000 pounds, FREE TO YOU for the first two months compliments of your Barclaycard. This great plan ...”

Na twee dae van diť rympie 150 keer binne nege ure ’n dag herhaal, het ek dit oorweeg om ’n vervolg vir Arthur Miller se Death of a Salesman te skryf — Suicide of a Telesalesman. Na twee weke het ek en my nuwe Afrikaanse maatjie, Cobus van Nelspruit, die stelsel gejippo en net op mense se telefoonlyne begin hang om ons volgende oproep uit te stel. Soms probeer die persoon aan die anderkant van die lyn weer ’n oproep maak en dan het ons onsself vermaak met hul reaksies wanneer hulle agterkom daar is nog iemand aan die anderkant van die lyn. Na tien minute sny die lyn ongelukkig af. “The person you have been calling has released the line and is no longer available.” Back to business. “Good afternoon. May I please ...”

Na vier weke is ek afgedank omdat ek nie genoeg polisse verkoop het nie. Daardie aand, op die 27ste dag van die maand April, het Anne Robinson aan my verskyn.

Die £220-middagete
“Reisagent” klink darem baie beter as “telesales-verkoopsman”, dink ek terwyl ek my nuwe bruin suede boots se gespes vasmaak. Camden Town, waar ek my nuutste kopie aangeskaf het, is ’n fantastiese plek. Enige shopper se droom. Tog nie ’n patch teen die stylvolle Oxford Street nie. Moenie vra waar ek die geld gekry het vir my nuwe London attire nie. Aan die wat het sal nog gegee word. En die wat nie het nie, selfs die bietjie wat hulle het, sal hulle op shopping uitgee.

Maar Camden het ’n vibe. Dit is daar waar al die punks met die pienk hare en die not-so-royals met meer insignia as prins Charles rondloop. Seker die enigste plek waar Camilla Parker Bowles as Haar Hoogheid beskryf sou kon word na ’n paar trekkies van die groen blare wat swartgekledes so ywerig aan jou probeer verkoop.
“Jy moet seker mal wees as jy dink ek gaan £20 vir ’n bankie betaal. In die Eikestad Mall se parkeerterrein betaal jy R5 ’n stop,” het ek die mannetjie wat dit oop en bloot aan my probeer afsmeer het, toegesnou.

My nuwe werk was in Colindale. Aan die bopunt van die Northern Line. My tuiste was in South Wimbledon, aan die onderpunt van diť lyn. Nie dat enige Londenaar skrik vir reis nie. Tog is dit nie lekker om ’n uur werk toe te reis as jy die aand op die drie-tot-elf-skof is nie.

In hierdie agt ure was dit my primÍre taak om vakansies na verskeie bestemmings aan inbellers te verkoop. Die ongeluk van die saak was dat ek vir kommissie gewerk het en diť inbellers regtig op die begrip goedkoop vakansie ingestel was.

My Calvinistiese opvoeding het my inderdaad nie in die steek gelaat nie en nadat ek nie kon slaap na ’n reeks foutiewe “spotgoedkoop” besprekings nie, het ek die trein na South Wimbledon gevat en nooit weer teruggekeer nie. Ek het gereken ’n kriptiese “I’m just going on lunch” aan my bestuurder was al wat ek diť maatskappy verskuldig was. Met diť ondeurdagte besluit het ek natuurlik die £220 pond wat ek gedurende daardie drie weke verdien het, in die water gegooi.

Dit was my duurste middagete ooit.

Dis nou maar wors
Na ’n vinnige kennismaking met die swart-en-wit bestaan van ’n kelner het ek deur ’n vriend van ’n vriend van ’n vriend ’n werk by die Suid-Afrikaanse winkel in Roehampton, Londen, gekry. Cool, het ek gedink, uiteindelik werk hierdie Broederbond-onding in die guns van ’n liberale wit Afrikaanssprekende meisie. Buitendien, ek wou nog altyd till slaan.

Ignorance is voorwaar bliss.

Die baas van die Suid-Afrikaanse winkel was toe nie Suid-Afrikaans nie, maar ’n Hongaar met die naam Emory St Marcus. Lucifer, het ek hom onmiddellik gedoop, want kyk, sů na aan die duiwel was ek in my dag des lewens nog nie. Binne twee dae van my koms het die helfte van die personeel bedank omdat hulle nie met sy humeur kon saamleef nie. Binne drie weke was ek die hoof-worspakker.

Dit is nogal ’n interessante konsep, die van ’n worspakker in ’n Suid-Afrikaanse winkel in Londen. Die storie werk so: Emory was — seker in die dae toe die hel nog overrated was — na Suid-Afrika toe vir ’n vakansie en die gesoute slagter het toe met biltong in aanraking gekom. Hy het die resep teruggeneem na Engeland en diť gedroogde stukkies vleis was uit die aard van die saak ’n wenner onder die Suid-Afrikaners in Londen.

Tog het hy nie afgesien van sy normale slagtersaktiwiteite nie, wat beteken dat daar steeds ’n ongesonde hoeveelheid wors en vleis binne die winkel verwerk word, benewens die rakke vol Niknaks, Top Decks en ProNutro.

My werk was om die bestellings te verwerk. In teorie: Ek het die miljoene der miljoene kilogramme biltong, droŽwors, Suid-Afrikaanse produkte en ’n beduidende hoeveelheid wors verpak en met my eie hande toegedraai en verseŽl.

Om veertien ure ’n dag sonder ’n ruskans op jou voete te staan, is nie ’n grap nie. En om met merke wat herinner aan foto’s van die Anglo-Boereoorlog op jou arms huis toe te gaan, is ’n tragedie — om die minste te sÍ.

Die wiel draai nie
Afrikaanssprekendes is geneig om spreekwoorde aan te hang in donker tye. “Byt net vas”, “Alles sal regkom sÍ Jan Brandt” en “Elke donker wolk het ’n silwer randjie”, om ’n paar te noem. Aan hierdie tipe sÍgoed steur ek my nie eintlik nie. Trouens, ek glo dit is ’n pot kak. En as daar een ding is wat ek in Londen geleer het, is dit die volgende: Die wiel draai nie.

So het ek eendag, na ’n hardjie aandjie uit saam met die tien plesierige Suid-Afrikaners wat my verblyf in Londen die moeite werd gemaak het, ’n Saterdagskof by die winkel gehad. Verheug oor die feit dat dit kwart-voor-toemaaktyd was, het ek solank die skoppie nadergetrek om die winkel te vee sodat ons kon mop, sluit en fokkof.

Ek het rustig op my hurke gesit met my gestreepte blou-en-wit overall en allerhande gemors van die vloer af gevee, toe ek ewe skielik ’n stem bo my kop hoor lag het. Gedorie, nee, net nie weer Anne Robinson nie, het ek gedink terwyl die kenwysie van The Weakest Link deur my kop gefluit het. Toe ek opkyk en verby die verbysterende lig wat tekenend van ’n openbaring is, kon sien, het ek besef dat dit nie onse Anna was nie, maar die wortelkoekseun.

Die wortelkoekseun was een van die lede van die beroemde en berugte wortelkoekfamilie. Of so het hulle bekend gestaan onder die personeel van Matchbox, die koffiekroeg in Stilbaai waar ek drie Desembers agtereenvolgens my Savannas as kelnerin verdien het.

Die wortelkoekfamilie, al ses van hulle, ’n ma, ’n pa, drie seuns en ’n dogter, eet elke dag wortelkoek by Matchbox. Die ma drink filterkoffie met koue melk, die pa filterkoffie met warm melk en al die kinders drink Fanta Grape. En op een onsmaaklike babbelasdag in Londen stap die wortelkoekseun die nederige winkel waar ek my Lambrini verdien in, om te vind dat die kelnerin wat al die jare sy wortelkoek op skinkborde vir hom aangedra het, nog steeds letterlik en figuurlik onder hom op die voedselketting verkeer. Sy het haar skinkbord en groen geruite hempie net vir ’n skoppie en ’n wit-en-blou voorskoot verruil. En toe hardloop sy dat die kak spat.

As daar een ding is wat ek op my hurke op daardie koue wit blokkiesvloer geleer het, is dit dit: Die wiel draai nie.

Londen na Damaskus vir £300
Ongelukke gebeur in drieŽ. Eers was dit Anne Robinson, toe die wortelkoekseun. Ek het nie kans gesien vir ’n derde openbaring nie. Fok die £300 wat ek kort om die kostes vir my Damaskustog te dek. Genoeg is genoeg. Londen is cool, maar ’n worspakker is ek nie vir ’n minuut langer nie.

En so het dit gebeur dat ek op die vyf en twintigste dag van die sewende maand van die jaar van onse Heer twee duisend en drie die terugtog na my land van herkoms aangepak het. Presies vyf maande nadat ek my voete op Engelse bodem neergesit het. Vyf maande van werk soek, werk en partytjie. En van hierdie drie was die partytjie beslis die grootste.

En waar ek nou alleen in my eenmanwoonstel in Stellenbosch sit, kyk ek nie deur ’n spieŽl in ’n raaisel nie. Nie net omdat ek nie ’n spieŽl kan bekostig nie, maar omdat jy soms moet weggaan om jou sintuie vir die hier en nou te verskerp. Londen is ’n fantastiese ou plek gevul met selftevrede mense. Maar Suid-Afrika is ’n dinamiese plek met mense wat hulself dryf om die beste uit diť land te kry.

Ek lewe. Weer. Snaaks hoe dit die lirieke van ’n Annelie van Rooyen-song is wat die gevoel van terugwees so goed beskryf. Terug in die land van beesvleis en brandewyn, boerewors en beskuit. Branderplankry, bierpens, braaivleis. Bliksem, dis lekker om terug te wees.

boontoe / to the top

ExpatNet voorblad / ExpatNet front page


NOT FOUND