ExpatNet InhoudArgief
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Posie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Op reis deur Europa, buite boeke en verbeelding

Andr-Pierre du Plessis

En nou begin ek reis. Nie meer net in my kop nie maar ook — saam met my suster — in ’n werklikheid. Buite boeke en verbeelding.

Die ma van die man langs my op die vliegtuig oor Afrika het op universiteit, om ekstra geld te verdien, die gebruik van brandblussers gedemonstreer. Elke middag is vyf liter petrol op haar uitgegooi. Daarna is sy aan die brand gesteek. Dit het sy vir ’n jaar gedoen. Die lood in die petrol het in haar vel ingetrek. Haar bloed is vol lood. Sy wil nie meer vlieg nie. Metaalverklikkers tel haar op.

Die reuk van Zrich-lughawe is iets besonders. Soet, taai, amper vrugbaar. Vrugbaar om iets te baar. Om geboorte te gee.

Noudat ek hier is, kan ek nie arriveer nie.

Elke keer as ek opkyk, weet ek weer nie waar ek is of hoe ek is nie. Tyd, lus, honger het als verdwyn. Ek sien kombinasies van o en monde op gesigte wat ek nooit sou voorspel nie. Ek het gedink ek ken die algemene patroon van hoe mense lyk en die mense is net verskeie skakerings daarvan of afwyking van ’n middeweg tussen mensegesigte. Maar nou sien ek o wat heeltemal 180 grade afwyk van die middeweg waaraan ek gewoond is. Ek wil heeltyd in ander se o vaskyk, want hulle s’n, hulle tipe s’n, het ek nog nooit tegekom nie.

As ek in ’n boekwinkel inloop, is alles onbekend. Selfs die kunsboeke wat ek al leer lief kry het. Hir is 10 000 ander boeke van di of daai skilder. ’n Miljoen verskillende perspektiewe wat die SA-mark nooit bereik nie. Dan wonder ek hoe klein is ons Afrikaanse boekmark maar nie eintlik nie, en die wat wel hul boeke hir uitkry, is goed. Ongoddelik goed.

Ek besef my ma is oud.

Ek moet nog gewoond raak aan die gedagte dat die mense wat hier bly, ook mense is. Dat hulle ook siek word, verlief raak. Hulle vra mekaar ook uit na die sin van die lewe. Maar omdat ek Afrika gisteraand 22h00 agtergelos het, dink ek hulle is nie deel van my wreld nie. Hulle is eenvoudig hier geplaas, dink ek. Woorde is aan hulle gegee om te s, motors om te ry. Ek is die buitestaander, voel ek, die enigste in hierdie wreld buite Suid-Afrika wat vrae vra. Wat dink. Hulle is nog nie eg nie. Ek het nog nie een sien huil / soen / naai nie. Ek hoort nie in hul voorafbepaalde wreld nie.

Wat is dit aan “oorsee” wat mense vry maak? Die selfstandigheid wat hulle (die mense wat in “oorsee” bly) vir jou gee? Die selfversekering? Nie een kyk neer op jou nie, s jou sleg of praat enigsins met jou nie. Hulle laat jou toe om teuels te gee aan dit wat jy nog altyd wou doen, maar nooit genoeg selfversekering voor gehad het nie. Ek dink aan ’n hele paar goed wat ek wil doen ...

Vandag dink ek aan Ulysses. Sal ek, as ek by die huis kom, ook terugverlang na my reise oorsee en alle verantwoordelikhede laat vaar? Ek begryp hoekom hy het en hoekom ouers nie wil h kinders moet oorsee voor universiteit nie.

Miskien speel iemand ’n trick op my. Almal kan actually Engels praat en verstaan. Ek’s seker daarvan. Hulle het net, toe hulle hoor ek kom, elke advertensie oorgedoen in Duits. Maar tussen die vreemde taal staan woorde wat eintlik Engels is. Hulle praat doelbewus nie Engels met mekaar nie. Hulle tart my net uit. Ek hou daarvan.

Ek moet my vreugde met iemand deel.

Ek het hulle toe gekry. Die mense wat weggekruip het vir my sodat ek dink almal hier is perfek. Daar was ’n hele paar aan die punt van die Zrich See: waar bote, treine en trams nie kom nie. ’n Paar op die stasie. Ma’s wat sleg aantrek, rook en hul kinders wat bang is vir hulle. Tieners wat onseker is, my vrees as ek hul in die o kyk. Ou mans wat skeef is — pienk hare het en ’n slegte vel. Nou het Zrich se mense gearriveer. En Zrich se vuil strate. Ek het dit raakgesien.

Hoe kry jy die meeste in? Deur doelbewus alles te ondersoek, te kyk, te vra? Of om jou toe te gooi en deel te wees van ’n ander se lewe? Of ’n balans? Deelnemende waarneming? Subjektiewe deelname en objektiewe observasie?

My verwysingsveld verander nou. Ek kry nou vertroue in Co-op en nie meer in 7 Eleven of Checkers vir my brood nie. Co-op het reeds deur hul advertensies en eenvoudige ontwerp en opset my vertroue gewen. Is dit al wat dit vat vir ’n mens om iets anders te begin koop/glo? Net een en ’n halwe dag?

Nou en dan vlieg daar ’n helikopter oor die dorp, of ek sien ’n seilboot op die water. Dan, omdat dit bekend is vir my, is dit ’n stuk van my wreld wat hierdie vreemde betree en die twee wrelde bots teen mekaar. Hulle kan nie (in my kop) een wees nie. Dis asof die een op die ander geplak word.

Vandag mis ek Afrikaans. Nie die praat daarvan of die hoor daarvan nie, maar die lees daarvan. Ek moet my eie woorde oor en oor lees om di liefde wakker te hou. Waar ek kon vry met my taal in boeke/artikels, moet ek nou daai passie kort-kort opwek. Ek masturbeer met my taal.

As ek in een van Zrich se vyfverdieping-boekwinkels ingaan, verloor ek myself. Ek gaan op ’n ander reis. Omdat dit ’n reis is wat ek neem terwyl ek op reis is, is dit moerse intens.

Ek het nooit gedink ek sal dit s nie, maar ek mis dit nogal om te vloek. Net die opeenhoping van emosie wat daarmee vrygelaat word. Ek kan nie vloek nie, want my suster, my reismaat, vind dit nie deel van my karakter nie. Sy wil nie h ek moet nie. En ek word so, sonder die vloek, bietjies-bietjies minder mens. Minder ek.

My hoogtepunt in Zrich: die local dans. Ons sit by ’n restaurant waar ’n local band op versoek speel en skielik is die hele restaurant op die dansvloer. Een trekklavier, ’n baskitaar en goed wat lyk soos dromme begelei hulle. En ’n man en sy vrou wat in die mikrofoon in grinnik. Dis mooi, want ek sien ou mans, maklik 70, steeds passievol verlief op hul vrouens. Hulle tango met daai selfde passie — innige liefde, nie net lus nie — in hul o. En die vrou hou met liefde sy o vas. Is dit hoekom minder mense hir skei? Sal Jurie Els, wat by restaurante sing, ’n verlaging in die egskeidingsyfer in SA bring? Sielskos. Dis wat di dans vir my is.

Langs my, op die boot dorp toe, sit ’n Virginia Woolf. Sy dra satyn. Haar hare, gesigsuitdrukking en kru mond is eie aan Nicole Kidman se vertolking van Woolf in The Hours. Sy het stokou skoene aan — geen sykouse — en haar spatare loop oral oor haar ongeskeerde bene. ’n Swart poedel op haar skoot. Sy gebruik ou koerantpapier, van ’n koerant wat sy al vir dae in haar swart handsak dra, om op te skryf. Sy kyk mense deur. Haal dan haar refill pen uit haar grys kroeshare en maak notas r die reeds gedrukte artikels op die koerantpapier. Sy skryf r ander mense se woorde. Sy maak seker net sy sal dit kan ontsyfer later. Haar poedel hou sy styf vas.

My suster het vir my ’n retoerkaartjie Zrich/Londen gekoop. Maar ek vlieg nie terug van Londen af nie. Ek vlieg net daarheen. Dws op Heathrow gaan net my suster board en my naam, my ellelange elegante naam, gaan tot alle internasionale vliers verkondig word. Almal gaan op daardie oomblik kennis maak met ’n stukkie van my as daar ’n aankondiging opkom wat s: “This is the final boarding call for Mr Andr-Pierre du Plessis to Zrich.” Party mense sal dit net ignoreer terwyl ander gefassineer gaan wees met daai naam wat deur Heathrow weerklink. En rens, in ’n ander land, sal mense tog met my kennis maak. Ongelooflik.

Hushed voices. ’n Uitsig oor Frankryk se wyndistrik. ’n Koel aandbries teen my kaal bolyf. Hangbal. Blare wat ruis in diepblou silhoette. Hortjievensters. Net jy en (dalk) jou beminde met ’n pen en papier. Dit alles is vryheid vir my. Is stilte, lekkerte en goed. Amens. — Lyon 27/06/03.

Ek identifiseer met JM Coetzee in Boyhood: “He remembers the three days of the scout camp, remembers his misery, his craving, continually thwarted, to sneak back to the tent and read a book by himself.”

Ek is heeltemal af van tiete. Hier het ek nou al te veel gesien. Te min mooi. Dis nie meer ’n delicacy nie. Dis ’n verbruikersitem. Daar hop weer ’n paar verby. Almal is vroeg vrot.

Venesi stink nie! Dit ruik na Houtbaai, Idas Vallei, Stikland.

En ek mis die Kaap vandag. Want in Duitsland ren dit. Ek ruik nat grond, malva en sederhout. Ek sien diepgroen en betrokke weer. Ek sien die Boland verrys uit hierdie onbekende Beiere-streek. Ek sug, en teug, en proe dan my huis.

boontoe / to the top

ExpatNet voorblad / ExpatNet front page


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.