ExpatNet InhoudArgief
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.

In die vreemde



Haai daar

Die vreemde is darem ’n wonderlike ondervinding, veral as dit ’n eerste keer is, maar sonnige Suid-Afrika roep darem hard in die agtergrond, veral as mens dink aan jou vrou en kinders wat heerlik om die swembad lê en sonbrand by die huis, om nie eens te dink aan hoe pragtig jou vrou in haar deurtrekker lyk as sy so saam die kinders in die water speel nie.

Watertown, South Dakota in die VSA is die plek wat ons tydelik geroep het — werk is mos maar skielik baie skaars in ons sonnige land, veral as mens nog net oor die 40 is en nie bereid is om te werk vir die peanuts wat deesdae ’n salaris genoem word daar nie. Die wonderlike Amerika is egter redelik verdonker deur agente wat ons hier geplaas het en natuurlik ’n groot pot vleis daarvoor vra, onder heelwat valse indrukke en dies meer. The moral of the story: ons is nou al twee maande hier en maak die beste van ’n slegte finansiële saak. Die sterk rand maak dit ook nie enigsins beter op die oomblik nie.

As ons maar net die Watertown kon vat en ’n duisend of wat sulke dorpe in SA dupliseer, kon sonnige SA soveel wonderliker gewees het. Geen misdaad nie, motors word nooit gesluit nie, inkopies word nie uit motors gesteel nie, die poskantoor lewer pakkies af en los dit voor jou voordeur en dis nog daar in die aand as jy tuis kom — en nog honderde misdaadlose stories.

Ons het wonderlike Suid-Afrikaners hier ontmoet. Doc’s Lounge is die bymekaarkomplek Vrydae na werk, selfone en sulke dinge kan maar op die tafels rondlê, dis nog daar as jy later in die aand huis toe gaan. Hier is jong manne van in die 20, deur tot ’n paar ou toppies van in die 50 — almal kuier heerlik saam en ons leer gereeld vir die Amerikaners ’n goeie paar lesse op die pooltafels.

Die Amerikaanse vrouens was redelik ver agter in die ry toe skoonheid en nice lywe uitgedeel is, so om net so af en toe die geheue te verfris oor hoe die girls in SA lyk, moet daar maar op Saterdagaande ’n draai gemaak word by die local stripclub, Southfork. Net soos dit in die movies lyk.

Op sneeu ry gaan nog baie vat om aan gewoond te raak — ek verruil dit enige tyd vir die windlose warm dae in Kaapstad.

Julle het ’n wonderlike webblad en dis heerlik om al die koerante en dies meer hier te kan sit en lees, hou so aan, ons forward jul besonderhede na soveel moontlik mense.

Groete uit ’n bitterkoue South Dakota, en blykbaar kom die groot koue eers in die nuwe jaar.

Anton en vrinne



14 Januarie 2004

boontoe / to the top

ExpatNet voorblad / ExpatNet front page


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.