Argief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Bieg /
Confess
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Onderhoude /
Interviews
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Rubrieke /
Columns
Kos & Wyn /
Food & Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Feeste /
Festivals
Spesiale projekte /
Special projects
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Geestelike literatuur /
Religious literature
Visueel /
Visual
Reis /
Travel
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Hygliteratuur /
Erotic literature
Kompetisies /
Competitions
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Bush of te nie — ek kom nie nou huis toe nie

Kytie Koekblik

Ek voel verplig om my bek te rek oor al die dinge wat op die oomblik hier aan die gang is in die stad waar ek myself die laaste twee jaar bevind, Washington DC.

Vanoggend is die terrorist alert van kode geel na kode oranje verhoog, glo omdat daar informasie van US Intelligence verkry is.

Natuurlik is dit maklik om so ’n bietjie bang te raak, en dis juis hoekom Bush se retoriek so magtig is en waarom hy steeds sterk ondersteuning het.

Maar, in die lig van die anti-American wave wil ek net intree vir hierdie Amerikaners wat ek my vriende en geliefdes noem. Die meerderheid van die jonger, enlightened generasie en selfs ouer konserwatiewes met wie ek oor die laaste paar weke gedebatteer het, glo Amerika moet nie alleen optree nie.

Ek wil dit duidelik maak dat nie alle Amerikaners hulle president ondersteun nie, en selfs die gematigde konserwatiewes is besig om in te sien dat Bush gaan voortgaan met sy agenda en niks gaan hom keer nie.

Ek persoonlik glo ons moet die VN die kans gee om sy staal te wys en dat Amerika moet berus by ’n internasionale besluit. Ek moet byvoeg, ek sal nogal bly wees as die VN wel met ’n meer ferme hand wil optree teenoor mannetjies soos Mugabe, regerings soos die Taliban, en vente soos Hussein en daai snaakse naampie van Noord-Korea. En as die VN optree, moet ons almal glo dat dit is ter wille van human rights en nie ter wille van ekonomiese belange van die een of ander Eerstewêreldse land nie.

Aan hierdie kant sien ons definitief meer pro- as anti-oorlog-propaganda in die media, en die propaganda speel op almal se gevoelens van simpatie vir die arme mensies sonder vryheid in Irak. Die ergste is dat daar op die Amerikaners se vrese gespeel word. Saddam word bemark as ’n groter bedreiging as Osama bin Laden. Maar die kernargument is dat Bush sy oorlog ter wille van global peace and democracy wil voer, en daarom is dit nodig dat die goeie outjie die slegte outjie moet uitdryf.

’n Reeks anti-war advertensies is selfs van die nuusnetwerke geban laas week. Ten minste het die nuusstorie oor die verskriklike skending van die konstitusionele reg op vryheid van spraak, uitdrukking en assosiasie die koerante en die netwerke gehaal, maar slegs vir ’n enkele paar minute.

Maar soos ek sê in defence van die Amerikaner, daar is ’n sterk beweging in Amerika wat glo dat die geagte president self ’n groter bedreiging geword het vir security en global peace as Bin Laden, Saddam en Noord-Korea. Bush is besig om die rol van boelie te speel deur die kleiner outjie in ’n hoek te dryf en te wil negotiate met die magtige Noord-Korea. Tipiese boeliegedrag, is dit nie?

Ek sou ook graag wil weet waarom die VSA mag nukes hê en niemand anders nie. Bush het sover nog nie daai vraag op die nuusnetwerke geantwoord nie. Hoekom moet almal dan nou juis disarm behalwe die VSA?

Dit lyk mos vir my of die einste Amerikaners wat vir die mannetjie gestem het en die wat hom steeds steun, hulself as die “uitverkore volk” beskou. Hulle ly aan dieselfde grootheidswaan waaraan soveel Nasionalistiese Afrikaners vir heeltemal te lank gely het. Maar ons weet mos die geskiedenis leer nooit niemand niks nie.

Ek moet erken, ek voel nog altyd jammer vir die arme Afrikaners wat deesdae altyd vir hulleself om verskoning moet vra, en deesdae is die Amerikaners in dieselfde posisie. Ek dink die algemene publiek is maar altyd die victims van hardkoppige regerings en klein mannetjies soos Bush en PW met grootkanon-sindroom.

So nou het ek genoeg gesê — dis hoe my gut op die oomblik voel. Ek is nie seker of die Suid-Afrikaanse media en die wêreldwye media die Amerikaners genoeg krediet gegee het om oor die anti-oorlog-beweging te berig nie, maar net die ander dag het ’n halfmiljoen Amerikaners in Washington DC bymekaar gekom om te protesteer teen die oorlog. Die feit dat hulle wel mág protesteer, beteken Amerika is steeds in ’n ander klas as sê nou maar byvoorbeeld Kuba of apartheid-Suid-Afrika. So voor ons te veel klippe na hierdie sogenaamde demokrasie gooi, kom ons haal die balk uit ons eie oog en vra onsself af of Suid-Afrika genoeg doen om ander lande se menseregte te promote.

Ek dink Suid-Afrika moet mooi gaan nadink oor “sovereignty” en oor die tipe regerings wat ons ondersteun en waarmee ons sake doen.

Ek vermoed ons maak ’n fout. Ons het so ’n mooi peaceful transition na demokrasie gemaak dat ons regtigwaar mooi moet dink oor entoesiasties hande skud met Castro en Mugabe, en ons kan gerus maar vir Saddam ook ’n bietjie harder aanpraat.

Een laaste dingetjie wat ek vandag van my hart af moet kry: Ek moet noem dat ek baie gelukkig is in Washington DC tussen Bush en sy genote en my Ultimate Amerikaanse boyfriend en dat ek my nie steur aan hierdie “Homecoming Revolution Campaign” nie. Ons ekspats kry mos nou deesdae e-mails wat ons aanmoedig om huis toe te kom oor ons moet help om Suid-Afrika ’n beter plek te maak. Wel, ek sê nou reguit, ek raak nogal regtig geïrriteerd met hierdie emosionele afpersing en die alewige vrae: Gaan jy terugkom Suid-Afrika toe of bly jy daar?

Toe ek ’n student in Suid-Afrika was, het ek ’n baie insular, self-indulgent lewe gelei, en die enigste bydrae wat ek gemaak het tot die ekonomie, was om geld te blaas op entertainment. Nou kom ek as toeris huis toe en blaas in elk geval meer dollars as wat goed is vir my gatsak.

Die laaste twee jaar in die vreemde het ek baie geleer oor myself as Afrikaner, Suid-Afrikaner en ook as ambassadeur vir my land. Die hele Homecoming Revolution Campaign maak van emigrasie ’n politieke keuse terwyl dit nie noodwendig ’n politieke keuse is nie. En dit is nie ’n slegte ding om Suid-Afrikaners oor die wêreld te hê nie; waarom hulle laat skuldig voel oor hulle nie in Suid-Afrika is nie? Hulle is en bly mos altyd Suid-Afrikaners.

Wanneer gaan ons besef ons expatriates is die belangrikste ambassadeurs? En dat ons ekspats ’n ongelooflike ekonomiese inspuiting kan wees vir Suid-Afrika se ekonomie?

Ek sou nou in Februarie moes huis toe kom omdat my werkspermit verval het. Of ek sou dalk verder gaan reis het, want ek het nog van altyd af die kriewels; Kuilsrivier was altyd te klein vir Kytie.

Maar die Ultimate American boyfriend is ’n vreeslike trekpleister wat my hier in Washington DC hou op die oomblik, so ek het vir my ’n nuwe joppie gekry. Van volgende week af begin ek werk vir die Corporate Council on Africa se “South African International Business Linkages”-program. My doel is om trade en investment tussen historically disadvantaged SA businesses en VS-besighede te bevorder en te help om op ’n grassroots level ’n verskil te maak en werksgeleenthede te skep.

Ek is net so Suid-Afrikaans soos altyd en ek is elke dag daarvan bewus dat ek ’n ambassadeur vir my landjie is en sal dit altyd wees. Afrikaans is my hartstaal, ek is ’n Suid-Afrikaner in murg en bloed en ek vererg my oor hierdie rubriek in elk geval so erg defensive klink ...

Ek het g’n Homecoming Revolution Campaign nodig wat my daaraan moet herinner dat Suid-Afrika my Home is nie.

to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.