Argief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Bieg /
Confess
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Onderhoude /
Interviews
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Rubrieke /
Columns
Kos & Wyn /
Food & Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Feeste /
Festivals
Spesiale projekte /
Special projects
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Geestelike literatuur /
Religious literature
Visueel /
Visual
Reis /
Travel
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Hygliteratuur /
Erotic literature
Kompetisies /
Competitions
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Kytie goes to the chapel

Kytie Koekblik

Ek het verskriklik lanklaas hierdie rubriek geskryf. So baie het in my lewetjie gebeur die laaste paar maande. Laat ek dus sommer uit die staanspoor aankondig:

Ek is nou nie meer mejuffrou Kytie Koekblik nie. Noem my Mevrou, asseblief.

Vandag presies twee weke gelede, het ek in 'n hotelkamertjie in Las Vegas, Nevada, gewag op 'n spierwit limousine. Die limousine het 'n uur laat opgedaag vir die okkasie en daarom het ek, die Ultimate American Boyfriend, twee dogtertjies in pienk rokkies, en die vaderlike Best Man 'n uur laat vir ons eie troue opgedaag.

In my kantoor hier in Washington DC is ek gedurig geterg oor my Vegas-style wedding. "Going to the chapel and we're going to get married," is aan my gesing en ge-email. Sien, daar is nie te veel mense wat ek ken in Washington DC of in Suid-Afrika wat besluit om in Vegas te trou nie.

Dit voel amper vir my asof ek en die Ultimate American Husband - sy status het mos nou verander - celebrities is, want celebrities trou immers in Las Vegas. At least in ons eie koppe is ons celebrities.

Ons is om 5-uur Donderdag 24 Maart amptelik en offisieel getroud in die Little White Wedding Chapel, waar ander celebrities, soos onder andere Britney Spears en Michael Jackson, getroud is.

Disclaimer: Moenie vir 'n oomblik dink ek gaan nie soos 'n goeie Afrikaanse girl trou nie. Die regte egte troue kompleet in my wit rok wanneer ek aan my pa se arm na die kansel gaan stap, vind in Desember in die mooiste Kaap plaas. Die rêrige redes hoekom ons in Vegas getrou het, is konfidensieel en boring. Ons dra ook op die oomblik Temporary Trouringe tot ons genoeg geld het om ons platinumnommertjies te kan bekostig.

Ek is die eerste mens wat ek ken wat in Vegas getrou het. Net soos in die movies. Ek onthou my eerste Vegas-storie oor karakters wat in Vegas trou, was Beverly Hills 90210.

So kom ek begin by die begin: die verlowing.

Desembermaand het ek die Ultimate American vir die eerste keer in die geheim Kaap toe gebring vir 'n blitsige wekie van son, see en uithang saam my familie op Blouberg se strand.

Een laatmiddag op Lambertsbaai in ons klein, glad-nie-luukse hotelkamertjie met twee enkelbeddens en geen uitsig op die see nie, was ek op pad swembad toe. Hy sit toe daar op sy bed en krap in sy beursie rond. Ek, wat niks van hond of haar af weet nie, hou aan praat en praat soos ek maar altyd maak, babbel onophoudelik. Die volgende oomblik toe draai hy na my en sê: "I have a question for you. It requires only a one word answer." Sy gesig lyk toe vir my so streng-gespanne en ek skrik - ek dag ek't iets verkeerd gedoen. En toe pop hy die vraag. Net daar. Uit die bloute.

Dit voel vir my die wêreld draai eers, en gaan staan toe stil, en ek hoor toe sy stem asof dit van ver af kom en onwerklik voel. Ek dag ek hallusineer. Ek dag ek wil so graag hê dat hy my moet vra om te trou dat ek myself begin dinge verbeel. Dit was net heeltemal onwerklik.

Bewerig vra ek toe: "Could you please repeat that?" Dis natuurlik nie die "one word answer" op sy vraag wat hy wou hoor nie … Hy spot my nou nog daaroor.

Toe hy weer vra, toe is ek lam. Ek sê toe: "Absolutely." En later: "Did I say yes?"

"Yes."

En toe kom die lagbuie en die geskokte stiltes en die trane en die blydskap.

Daarna het ons vele gesprekke gehad oor ons lewe en toekoms wat voorlê, en dit is heeltemal te persoonlik om uit te blaker in 'n rubriek.

Ons het die aand afgerond met 'n uiteet by 'n lieflike seekosrestaurant. Die enigste probleem is dat ek toe dure kreef eet om fees te vier en toe is ek al die tyd allergies vir die seedier.

Tot die Benadryl later begin inskop het, het ek vir benoude oomblikke so tussen deur my dikgeswelde lippe en gehyg na asem gewonder of my happyste oomblikke dalk my laaste sou wees. So liewe vriende en familie, geen kreef op my regte troue nie, nie vir die bruid nie, en vir niemand nie.

Op Gesinsdag op 27 Desember 2004 word ek toe 'n verloofde. Nou, skaars 'n paar maande later, is ek 'n bruid. En ek gaan hierdie hele jaar 'n bruid bly, want ek is so gelukkig om twee keer in my lewe te kan trou, en dit met dieselfde man.

Uiteindelik, na 'n lang gewag, het die Little White Wedding Chapel se limousine ons kom oplaai. Teen hierdie tyd het ek reeds drie dreig-oproepe na die chapel gemaak. "I'm a grumpy bride. Where's our limo?"

Die limousine was classic - binne-in net glase en ligte en leer. Lekker cheesy en moviesteragtig. Ons het agter om Las Vegas se wêreldbekende Strip gery, deur die berugte Naked City, waar al die hookers na bewering bly, en tot in Las Vegas Boulevard, waar die wêreldberoemde Little White Wedding Chapel geleë is.

Ongelukkig het ons gaste teen dié tyd al verminder van ses na vier, wat moes skofte werk. En laat ek dit nou maar duidelik maak: die Chapel is die kitschste plek met die meeste fake blomme wat ek in my lewe nog gesien het. En dit is 'n klein plekkie. Moet nooit 'n groot bruilof met baie gaste in 'n chapel in Vegas beplan nie! Gelukkig het ons nie 'n Elvis bestel om die seremonie te behartig nie.

Pastor Thompson het vir ons mooi verduidelik waar die Maid of Honor en die Best Man moet staan, en toe is die videokamera aangeskakel. Oomblikke later het die troumars op 'n CD deur die vertrekkie gedreun en ek is met die erg kort gangetjie af, waar die Ultimate American Fiancé op my gewag het.

Daardie paar treë in daardie klein gangetjies af was die langste in my lewe. Dit was asof ek en my bruidegom net vir mekaar kon kyk en glimlag. Selfs as ons braaf vir ons vier gaste probeer glimlag het, wou my oë net wegdraai na hom toe. Die ongeloof, en die geluk oor die movie-lewe waarin ek myself bevind.

Pastor Thompson se eerste opdrag aan my was om my arm in syne in te haak. Dit het ek verkeerd gedoen. Toe oorval die giggles my. Onder gebed het ek myself bedwing.

Toe het Pastor Thompson gevra ons moet na mekaar draai en vir mekaar kyk. Hy't gevra ons moet onthou toe ons mekaar vir die eerste keer ontmoet en vir mekaar geglimlag het.

In my hele lewe het niemand nog nooit so diep in my hart en lyf ingekyk soos die Ultimate American daardie dag nie. Ons al twee het bly glimlag, die hele tyd deur. Ek het gebewe. Elke belofte wat ons aan mekaar gemaak het, het ons in mekaar se oë gekyk.

Dit was 'n tipiese Vegas-styl seremonie. Nie die soort troue wat jou ma en pa vir jou wou hê nie. 'n Troue sonder vriende en familie. 'n Troue wat ons dalk aanvanklik maar net as 'n prettige preseremonie beskou het voor die rêrige troue in Desember.

Maar ek wonder of iemand in Sin City in daai Little White Chapel al ooit sulke Groot Beloftes met soveel oortuiging en soveel liefde en soveel goeie intensies gemaak het.


LitNet: 13 April 2005

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.