Argief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Bieg /
Confess
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Onderhoude /
Interviews
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Rubrieke /
Columns
Kos & Wyn /
Food & Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Feeste /
Festivals
Spesiale projekte /
Special projects
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Geestelike literatuur /
Religious literature
Visueel /
Visual
Reis /
Travel
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Hygliteratuur /
Erotic literature
Kompetisies /
Competitions
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Alle goodbyes is soos eerste goodbyes

Kytie Koekblik

Dit is dieselfde roetine: Ek stap deur die vaal gang na die hysbak, gaan na die grondvloer wat vaagweg na medisyne ruik en draai regs na die koffiemasjien. Ek maak ’n plastiekbekertjie vol met bitter filterkoffie wat na asbak proe. Ek haal diep asem, kyk na die son wat buite skyn en stap terug na die hysbak, gang af, en terug na die deurmekaar kantoortjie.

Ek gaan sit op my gehawende stoel, haal weer diep asem, en ek tik: Woorde soos “expatriates” en “despite the continuing efforts of the international community” en konsepte soos “most people agree, racists are not born, they develop, and a primary cause of racism is ignorance”, en ek probeer konsentreer op die betekenis van hierdie sinne.

Hierdie sinne is immers ’n soort nou, ’n soort oomblik.

In hierdie oomblik is daar net die geluid van my vingers wat hardloop oor die keyboard en die radio dreun saggies iewers en die oomblik los my ontevrede. Ek probeer hard om te konsentreer op die oomblik, hoe die plastiekbekertjie koffie proe, hoe ek voel oor die lang gesig wat weerkaats in die computer screen — dit is die gesig van ’n vreemde Kytie.

Ek is nog iewers in Suid-Afrika, dalk op die tram in Amsterdam, dalk stap ek rond in die Christ Church op Oxford; ek hou nog vas aan daardie oomblikke omdat die oomblik Nou my nie gelukkig maak nie.

Ek probeer nog vashou aan die wêrelde wat ek beleef het oor die afgelope drie weke.

Maar daardie oomblikke is soos sand wat deur my vingers glip, en glip, klein korreltjies wat ek nooit weer sal kan kry nie, vir ewig verlore, soos goodbyes.

Jy vergeet altyd hoe seer die laaste goodbye was.

Elke keer is ’n eerste keer.

Ek wil nooit vergeet nie; dis hoekom ek nou weer skryf, vir die eerste keer in ’n lang tyd. Ek was in Suid-Afrika, in die mooiste Kaap, vir die eerste keer in ’n te lang tyd, ’n zombie wat die land vir die eerste keer deur ’n toeriste-oog sien.

Skielik het ek besef: ons het jou wragtig Kaaps-Hollandse huise orals en grasdakke en mansions op Clifton en squatter camps op die lughawepad en klein bright huisies op Simonstad en apartment blocks op Blouberg se strand en treinhuisies in Bellville en townhouses in Durbanville. Vir die eerste keer was daar ’n collision van my wêrelde: die speelgoed cardboard-huisies in Washington; die boothuise in Amsterdam; die katedrale en rowhouses in Oxford … en boonop was ek daar, ek was orals — die wêrelde wat ek my altyd verbeel het, het Waar geword. Ek kon Kytie wees, orals.

Kytie uit Suid-Afrika. ’n Souf African.

En daai South Africanness het amper vir my soos ’n godsdiens geword. Asof ek eers besef het ek het roots toe ek hulle probeer uitwikkel uit die sandgrond van die Kaap.

Ek het probeer om skryf oor daai South Africanness toe ek in Suid-Afrika was, maar dit was ’n soort gevangenskap: jy skop daarteen of jy take daai roots for granted.

Vandag kan ek daaroor skryf, in hierdie oomblik wil ek skryf oor hoe Suid-Afrikaans ek voel, en ek wil die oomblik nie vergeet nie.

Ek is ontevrede in hierdie bland suburban Washington in hierdie oomblik; ek wil hierdie lastige gevoel van ontevredenheid en ongeloof weg skryf. Dit voel asof ek nooit weg was en in ander wêrelde rondgeloop het nie, maar asof ek altyd van kantoor na koffiemasjien geloop het om slegte koffie te drink en asof die geluide rondom my maar altyd die gehamer van die keyboardnote was. In Suid-Afrika was ek kalm en happy. Sonder daai drif en daai gevoelens van alleenheid versus verskriklike malle opwinding versus bluesy homesickness wat my hier in die strate indryf. Ek was net Kytie, in pragtige Suid-Afrika, ’n landjie aan die voet van Afrika; ek was buite my mundane suburban lewe in die States en ek het nie nodig gehad om op die trein te sit met ’n lang gesig wat huis toe verlang nie.

In Suid-Afrika het ek immers ’n car guard wat glimlag en sê, dis ’n mooie dag innie Kaap en kyk, jou kar het nog al sy vensters en sy wieldoppe …

Vir twee weke het ek kalm gevoel, daai verskriklike rusteloosheid wat my soos ’n mal ding van konsert na park na konsert na straat na mens na mens laat hardloop in Washington, het skielik verdwyn. Ek was immers by die huis. Ek kon weer Ma en Pa se kind word, ek het ophou dink aan my maandelikse budget en overdue rent en ek het my matras verruil vir ’n bed en ek het lekker koffie gedrink en hope Spur-sous oor my chips geëet en ek het met my hondjies op die strand gestap en ek kon luister na die mengelmoes Suid-Afrikaanse aksente en die alewige politieke praatjies en ek het selfs Boeremusiek geluister op Maak ’n Las net omdat ek al vergeet het hoe dit klink.

Roots, dink ek. Roots.

Daai alleenheid wat skielik verdamp terwyl jy by jou mense is.

Tough tank girl wat weer Pa se baby girl word.

Ek moes na Suid-Afrika ’n trippie aanpak Amsterdam toe om weer sterk en onafhanklik te word. Ek wou ’n avontuur “oorsee” beleef voor die suburbia van my lewe as “temporary alien in the United States” my weer insluk.

In die Rijksmuseum het ek gaan soek vir die geskiedenis van die VOC en ek wou ’n foto sien van Jan van Riebeeck en Willem Adriaan van der Stel en ek kon dit nie kry nie, want ons is immers nie ’n Hollandse landjie nie, ons is South Africa en ek is South African.

United we shall stand in South Africa our land, maar ek is alleen.

Ek is weer alleen, ek het goodbye gesê vir my mense, my land, my avonture, en hallo gesê vir my kastige grootmenslewe, Reality Bites on the Streets of Washington DC en die Times praat van Bushwacked wees en almal vra hoe was dit in Afrika.

Dis dié dat ek vandag langtand sit en drink aan my slegte koffie in die vrieskaskoue kantoor waar die AC dit laat voel of dit winter is al bak die son jou ook dood buite.

Soms dink ek, hierdie Yankee-land maak iets in almal dood/deurmekaar. In die somer dra jy wintersklere binnenshuis omdat die verkoelingsystems dit so koud maak en in die winter dra ek my spaghetti-straptops indoors agv binnenshuise heating. En as jy eers begin dink aan die dollar en sy power, dan is dit dalk amper neusie verby. Dan vergeet jy van daai oomblikke wat jy kon opstaan en uitkyk op ’n pragtige helder wintersdag met die Berg wat oor jou waghou.

Ek het amper omgedraai voor ek daai plane geboard het. Ek wou nie terugkom na hierdie blinke land vol blink karre en blink shopping malls en blink strate nie.

By die Immigration and Naturalization Services op Washington Dulles vra die man vir my: What are you doing in the United States?

Ja, wat doen ek hier, dink ek.

“I’ve come to work here. Temporarily,” sê ek met ’n sug.

“Of course you have.”

Of course. Ek loop van koffiemasjien na kantoortjie om te tik en te tik en die dollars te spaar sodat ek weer op ’n boothuis in Amsterdam kan sit terwyl die sun set en sodat ek kan baie goeters koop wanneer ek met die agt tot een currency vir die fam gaan kuier in die Kaap en sodat ek na Kuba kan terug gaan om eendag movies te maak … Dollars maak mos drome waar, of hoe?

Ek tik weer, soos ’n mal ding, om daai oomblikke in ander wêrelde en tyd-zones te probeer vasvang en om die rusteloosheid uit my uit te skryf; ek wil al hierdie colliding gevoelens doodskryf; ek wil hê daai Kytie wat laasweek Amsterdam heel leuk gevind het, moet terugkom; ek wil daai Kytie wat politiek praat met die biduur-tannies in Kuilsrivier terug hê; ek wil probeer onthou van katedrale en Great Britain onweer-blues; en ek wil sulke oomblikke vir altyd onthou en vergeet van dae soos vandag.

Ek wil nie terugsit en skryf oor my “ervarings in die buiteland” en “my perceptions of South Africa” nie, en ek wil ophou dink aan crime statistics en onthou dat die c car guard my geguarantee het dat my kar sou bly staan en die ding was ook daar toe ek terugkom om die guard sy R4 te gee.

Ek wil ook hê hierdie drowsy-alleen-Maandag in Washington suburbs moet ophou, Nou, op hierdie oomblik voor die oomblik soos groot druppels uit my oë loop.

to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.