Argief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Bieg /
Confess
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Onderhoude /
Interviews
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Rubrieke /
Columns
Kos & Wyn /
Food & Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Feeste /
Festivals
Spesiale projekte /
Special projects
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Geestelike literatuur /
Religious literature
Visueel /
Visual
Reis /
Travel
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Hygliteratuur /
Erotic literature
Kompetisies /
Competitions
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Kytie Koekblik in ’n lugballon

Kytie Koekblik

Ek het my oë toegemaak en ek kon net die wind voel. Die wind en die musiek. Dit was asof ek opstyg, wegvlieg, hoër en hoër, net die musiek in my ore. Die ongelooflik hoë, dralende snaarklanke, gewigloos. Sonder afwagting, net die tevredenheid. Toe die laer snare saggies, stadig, in die hemelse ligte klanke insluip, toe voel ek hoe ek sink, in die melankolie in, donker en diep. Daar was net die ontevrede verlange, onverwags.

Skielik was ek weer bewus dat ek nie in ’n lugballon iewers bokant die stad Kuba sweeg nie. Ek was net bewus van die realiteit in my kop, swaar en ontevrede.

Ek het my oë oopgemaak.

Ek was vanoggend in ’n nifty BMW convertible van een van my affluent vriende op die Beltway wat die stad omsirkel.

Jy kon die vinger van die Washington Monument sien uitsteek tussen die geboue en die skaamgroene bome, en die Wit Huis het jou herinner dat jy in ’n movie-stad is, ’n stad vol toeriste wat in die publieke parke met hulle camcorders rondslenter. Ek was in Washington DC.

“We’re in the mightiest city in the world, can you believe it?” het ek vir my BMW-driver gesê.

Dit was een van daardie ongelooflike lemmetjiegroen lentedae wat ons nou so waardeer. Ons is mos so pas deur ’n witgrys winter en ons almal het in winterslaap gegaan, in ons driehoekdakhuisies voor die TV aan die slaap geraak en gehiberneer. Nou is dit asof energie skielik losgebreek het, orals rondom ons. Die voëls sing, die bome is ’n ligte, vrolike groen en die mense het uit hulle doppe uitgebreek. Ons almal spring naweke op fietse en rolskaatse en in drafskoene en ons hang uit in die parke in die middel van die stad.

Ek is in Washington D.C.  ... Nie as toeris nie, as een van die aangedrewe individue wat verval in die trivia van ’n doodvervelige suburban-bestaan. Ek moet myself gedurig daaraan herinner dat ek besig is om daaaaardie eeendag se grootmenslewe nou te leef.

Soms skop die melankolie in as ek besef hoe ek ’n slaaf geword het van die vinnige pas/skedules/roetines, die min slaap en hard werk om meer suksesvol te wees. Die gejaag om op die ou end meer geld te maak sodat jy vir tien werksdae kan ontsnap of wegbreek uit jou lewe deur na die een of ander eksotiese plek te reis met jou sterk currency. In ’n ander eksotiese land sal jy dankbaar wees vir jou dollars, en dankie sê dat jy bly in die gemaklike stad wat die District is, met sy ondergrondse treine, sy mag, sy geld, sy movers en shakers.

Naweke gryp jy desperaat aan soos strooihalms, jy probeer soveel moontlik in jou mooi lentenaweek inprop, pieknieks, movies, klubs, bars, mense, familie-etes, ’n trip na Ocean City, ’n fietsrit rondom die stad, ’n pot tennis, ’n n barbeque, ’n jog deur Rock Creek Park. Jy probeer nog slaap inhaal ook, want volgens ’n studie deur die National Institute of Health kry Amerikaners te min slaap. Maandae begin dit alles weer: die busse loop, die fastfood chains maak geld, Bush maak die een of ander uitlating oor tax cuts en ons almal volg getrou ABC se Bob Ryan met die weervoorspellings om te sien of dit gaan reën.

Ek en my BMW-driver ry op die Beltway op ’n Sondag soos enige ander. Ek is gespanne oor Maandag se skadu op die pad; ek is moeg na ’n n naweek vol aktiwiteit en rusteloosheid. Ek dring aan daarop om na Kubaanse musiek te luister — dit is immers my ontsnapplek in my kop as ek benoud voel oor deadlines en te veel werk. Kuba is mos my eilandparadys; ek blaai gereeld deur die foto’s van my laaste wegbreek vir tien dae na daardie eksotiese hartseerplek, dan probeer ek onthou dat daar ander maniere is van lewe. Ek probeer onthou Amerika is nie the be all and get all nie.

Ek het ’n paar dollars gespaar om die CD vir my te koop, “Before Night Falls”. Bo en behalwe die tydlose Kubaanse ritmes, is daar ’n ongelooflike stukkie musiek op die CD, track dertien. “The Balloon Escape”, of so iets, spesiaal gekomponeer deur Carter Burwell vir die fliek. Ek dreig al vir twee maande om “Before Night Falls” te gaan kyk, ’n film deur Julian Schnabel oor die Kubaanse skrywer Reinaldo Arenas.

Kuba het mos hierdie spesiale plekkie in my kop, daarom bewapen ek myself mooi voordat ek en die BMW-driver uiteindelik sover kom om fliek toe te gaan. Ek dra my Che Guevarra T-shirt, en in my baadjiesakke het ek my twee Kubaanse muntstukke, die een met Che se kop op, die ander met die Kubaanse ster. Republica de Kuba.

Ek gaan sit in die fliek, en herken die stad, die karre; ek verbeel my ek ken selfs die gesigte. Ek verlustig my in die Kubaanse musiek.

En toe gebeur dit: die ongelooflikste scene in die geskiedenis van films wat Kytie al onder die oë geneem het. In ’n poging om te ontsnap, steel ’n Kubaan ’n lugballon. Sy ongeloof, sy verligting; hy sweef bokant die vervalle stad Havana; hy lag histeries. Hy raak weg in die wolke; hy dryf, lig, lig, vry. En toe die ontnugtering toe die land sigbaar raak, die Havana waarvan hy wou ontsnap, sy roetine, sy lewe. Die ewige, bekende, tydlose Havana kom nader, en nader, die vervalle geboue word groter en dreigend, hulle verwelkom hom onvriendelik terug; sy ballon sweef nie meer nie, hy val. Hy is dood. Sy droom het hom doodgemaak.

In daardie BMW, vanoggend op die Beltway, het die musiek my vir ’n oomblik vrygemaak, my na Kuba geneem; ek was vir ’n oomblik op daardie grens tussen sweef en wegraak, in ’n filmwêreld — ontsnap-oomblikke, opgeslurp in die musiek en wind in my ore. Ek is teruggebring aarde toe toe die donker note in die stuk inkruip.

Teruggebring na D.C. toe. Dit is so half scary wat die stad aan jou kan doen. Die geld en die mag waaraan jy gewoond raak. Die roetine en die sleur waaraan jy gewoond raak. Dit wat jou dryf: jy wil méér hê, meer geld — as jy eers die dollar proe, praat hy baie hard: dis asof jy ingesluk word deur sterre en drome en strepe en papiernote.

Dit is vanaand die Sondagaand-blues wat my beet het, dis die dat ek my prioriteite probeer heroorweeg. Ek is besig om met soveel drif na iets te jaag, dalk gaan ek nie die aarde sien naderkom nie. Ek wil nie in daardie cycle verval nie. Dalk gaan my lugballon my in die steek laat as ek jaag, jaag, en ontsnap vir my tien onbetaalde werksdae na ’n fool’s paradise in my kop, en meanwhile kom die aarde al hoe nader, nader.

to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.