Argief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Bieg /
Confess
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Onderhoude /
Interviews
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Rubrieke /
Columns
Kos & Wyn /
Food & Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Feeste /
Festivals
Spesiale projekte /
Special projects
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Geestelike literatuur /
Religious literature
Visueel /
Visual
Reis /
Travel
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Hygliteratuur /
Erotic literature
Kompetisies /
Competitions
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Post mortem

Ek was vir ’n week weg, en binne ’n week het alles rondom my verander. Die kaal dun takke van die magdom bome is spoke in die spierwit hemel, en die speelgoedhuisies in my woonbuurt lyk grys en verlate. Dit is ontsettend koud en miserabel in hierdie dele van Amerika. Washington het ’n skielike gedaanteverwisseling ondergaan, binne een week.

Soos ek.

Om nou vreeslike dramaties te klink: Ek kan nooit weer dieselfde wees nie.

Ek was vir een dolle week op’n klein eilandjie in die Karribiese see, daardie berugte eilandjie wat gehul is in wolke van mite. Kuba. Sonnige, pragtige, hartseer Kuba. Kuba wat voorheen vir my net in hoërskool-geskiedenisboeke bestaan het.

Ek was nog altyd aangetrokke tot enigiets wat ek nie verstaan nie. Rusland het majestueuse omtrekke aangeneem in my gedagtes toe ek klein was, en van altyd af wou ek gaan kyk waarom almal so ’n heilige vrees vir die eens reuse moondheid in my probeer inprent het.

Ek onthou hoe ons altyd vir die kinders agter die ystergordyn gebid het op laerskool. Hulle mag glo nie Bybels in hulle besit gehad het nie. Dit is ook ’n ou bekende storie: die rooi kommunistiese gevaar wat Suid-Afrika bedreig het; en ons eie landgenote is juis “kommuniste” genoem om ons te probeer bang maak. Om die W(w)aarheid van ons af weg te hou.

Kuba, Castro en die Kommunisme het natuurlik iewers in die prentjie gekom, onlosmaaklik aan mekaar verbind. Die waarheid wat ons met ’n lepeltjie gevoer is, is dat Kuba ’n slegte land is.

Selfs die grote en magtige Amerika was/is betrokke by hierdie waarheid, want Amerika het dan die blokkade teen Kuba ingestel en onderhou. Dit is asof ons almal sommer net aangeneem het sosialisme en kommunisme is die węreld se sondebok.

My kennismaking met Kuba was in die geskiedenisklas, en daardie triomfantelike foto waar Castro en Che Guevarra hulle oorwinning vier, het in my kop vasgesteek. Ek het in 1992 of 1993 van Castro en Che Guevarra se historiese inname geleer. Daar het die goggatjie my gebyt. Die Kuba-goggatjie.

Ek onthou die koue rillings in 1994 toe ek hoor Castro kom na Suid-Afrika vir Mandela se inlywingsplegtigheid. Ek wou weet waarom Mandela as vryheidsvegter beskou word, en Castro as diktator.

Dit is seker hoekom ek nog altyd Kuba toe wou gaan. Ek wou sien hoe regte egte mense wat as kommuniste beskou word, leeeef.

Ek het nog nooit enige Kubane ontmoet nie; almal in Suid-Afrika wat wit is, maak grappies oor Zuma en die Kubaanse dokters; en die kommunisme is nog steeds Iets Vreesliks om te Vrees. Ek wou self die waarheid gaan ontdek.

Natuurlik het ek nie my mission impossible accomplish nie. My week in Kuba het my niks nader aan enige waarheid of selfs nader aan enige logiese afleidings gebring nie. Dalk is dit net die rykes en die met mag wat ons nog altyd wou laat glo kommunisme en sosialisme werk nie. Dalk is Amerika te blameer vir die wankelende ekonomie in Kuba. Ons sal seker nooit weet nie. Soos Castro immers self gesę het: “History will absolve me.” Of iets van dié aard.

Maar iets in Kytie Koekblik die amperse kommunis het gekliek in daardie landjie.

Miskien is dit my eie belewing van Suid-Afrika se geskiedenis van verdraaide waarhede wat my snuf in die neus laat kry het oor die verdraaide beeld van Kuba waarop die westerse beskawing grootgeword het. Miskien is ek net idealisties en naďewer as wat ek self wil glo. Dalk is my Kuba in my kop ’n illusie — die Kuba wat skielik die dimensies van ’n vervalle paradys aangeneem het in my geheue.

As ek aan daardie landjie dink, voel ek tegelyk bevoorreg en hartseer. Maar een feit staan soos ’n paal bo water: mites oor Kuba se kommunisme en mites oor Castro is volop. Stereotipes wat die westerse media aan ons voer, vir soveel jare al, is nie noodwendig halwe óf absolute waarhede nie.

Die ander sekerheid wat ek het, is dat dit wel swaar gaan in Kuba: die mense werk hard vir min geld, en kos is skaars in die land. Almal sukkel, en Castro besef dit. Sy eilandjie se ekonomie is lamgelę deur ’n westerse węreld wat al vir jare aan rooi paranoia ly. Maar dit gaan nie naastenby so broekskeur soos dit in ons eie land gaan nie. Ons mense is arm én ongeletterd.

So, ek het darem een lessie geleer: ons moet ophou vingers wys. Kuba vergelyk goed met die armste van derdewęreldse lande. Sosialisme gee aan almal die een wapen wat ons ons eie mense ontneem het: verstand en opvoeding. Sosialisme is nie noodwendig ’n sondebok nie. Maar as jy eers geld geproe het, kan jy jou nie indink daarsonder nie, en daarom is dit vir ons so moeilik om te verstaan.

Sondebokke is nie te vind in sosialistiese of demokratiese of selfs in regerings nie. Ek besef dit nou dat ek hier in die koue Washington terugkyk op daardie onvergeetlike glimpsies op Kuba se mense en sy berugte sosialistiese sisteem. Sondebokke is komplekse verhoudings tussen mag en intensie.

Intensie is nie onkorrupbaar nie. Dit weet ons in Suid-Afrika, en dit weet Castro en sy Kuba.

In die volgende klompie Kyties gaan ek skryf uit die hart uit, soos ek daardie landjie en sy mense ervaar het. En natuurlik gaan alles nie so dodelik ernstig wees soos hierdie post mortem nie. Want al is Kuba ’n hartseer stukkie in die węreld se geskiedenis, leef almal daar met hart en siel. Leeeef soos wat ek nog nooit in Washington of Suid-Afrika ervaar het nie.

As jy min het, het jy immers niks om te verloor nie.

to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.