Argief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Bieg /
Confess
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Onderhoude /
Interviews
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Rubrieke /
Columns
Kos & Wyn /
Food & Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Feeste /
Festivals
Spesiale projekte /
Special projects
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Geestelike literatuur /
Religious literature
Visueel /
Visual
Reis /
Travel
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Hygliteratuur /
Erotic literature
Kompetisies /
Competitions
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Jou huis is by jou hart

Kytie Koekblik

Ek sit op die oomblik in my dakkamertjie in Washington DC. Deur die klein blokkiesvenstertjies kan ek uitkyk op die regop, dubbelverdiepinghuise met hul skerppunt-dakkies naby my. Hulle lyk soos speelgoedhuisies. Die huise is verskillende kleure geverf, ingekleur deur groen bome en die blou-blou wat Washington na ’n vriendelike, huislike stad laat voel. Boonop bly ek nog in ’n area met die naam Friendship Heights. Vriendeliker kan ’n mens nie kry nie.

Terwyl ek hierdie weergawe van “Ekspat-eksursies” probeer skryf, is dit asof ’n film voor my afspeel, ’n film van insidente en persepsies wat op die oog af geen verband het met mekaar nie.

Dit is my lewe op die oomblik. Deure in my kop het gelyk oopgegaan vandat ek twee maande gelede uit Suid-Afrika weg is. Ewe skielik is dit nie net jou eie klein lewetjie waarin ’n mens so maklik opgeslurp raak nie, maar ek het ’n sin van kontinuïteit, ’n sin dat die lewe oral gelyk afspeel. En aangaan.

Voorheen in my lewe kon ek myself nie eers verbeel dat ander lewens oral gelééf word nie, die wêrelde van media en poskaarte was ’n onwerklike realiteit.

Nou sit ek in my dakkamertjie en ek weet dat ek weet, want ek het dit beleef: New York se geel taxi’s hoot tot in alle ewigheid en die stad sal haarself nie gaan uitbrand nie terwyl my ma groenboontjies en aartappels kook sewe-uur SA tyd in haar huisie op Blouberg se strand.

In Londen loop die groendistrikstrein onverpoos voort deur vae grys stasies, en naby my ou uithangplek in Observatory ontplof ’n bom. Alles is werklik en onwerklik; ek het dit uiteindelik geleef, verskeie realiteite tegelyk. Ek kan dit uiteindelik verstaan, verbeel en glo.

Daardie ewig ontwykende “Bigger Picture” waarvan almal so graag praat — ek beleef elke kort-kort ’n flits daarvan voordat dit oor die grens van herinneringe glip en surreel word.

Ek is ook vir die eerste keer tegelyk bewus van die geskiedenis wat ingetrap is in die sypaadjies van Washington D.C.; die moeë geskiedenis wat ingesypel het in die bruin sandgrond van Port Elizabeth, dit wat deur stil geboue uitgebeeld word in die elegante Londen.

Ek is bewus daarvan dat die geskiedenis ons steeds beïnvloed, ten spyte van die feit dat ons so graag daarvan wil weghardloop deur ons drome en ambisies na te jaag.

Die geskiedenis, in al sy vorme, ’n land s’n, ’n wêreld s’n, myne, is bepalend, ’n groot onsigbare wêreldwye krag — ja, ja, Kytie Koekblik se wyshede.

Maar my expat-ekskursies het inderdaad ’n pynvolle, onwerklike konfrontasie met Suid-Afrikaanse geskiedenis vir my gebring.

Voorheen het ek die berigte oor die Waarheid-en-Versoeningskommissie in koerante gelees, dit was abstrakte informasie wat ek nie myne kon maak nie. Gisteraand was ek in die internasionale paleis van ’n hotel, die Mayflower. Pres. Clinton was in die vertrek reg langsaan, ek moes gebodysearch word vir sekuriteitsdoeleindes. Oorkant my in die kerslig, terwyl ons te lekker eet aan kaaskoek, slaaie en shrimps, het ’n voormalige vryheidsvegter gesit. Van sy shack-dae, tot die Struggle tot Sussex-student tot BBP in Washington DC.

Hy het gesê sy nek gee steeds probleme omdat hy gemartel is in die tronk.

Alles wat voorheen vir my my lewe was, my kinderjare, hoërskoolrealiteit, studentwees, my blinkoog-ignorance, daardie fondasies word geruk, geruk. Soms voel ek soos ’n zombie wat ’n oordosis persepsies gesluk het, want my lewe kan nie waar wees nie.

Van kleindorp-Kuilsriviermeisie tot hierdie lewe as jet setter: Binne ’n week het ek die drie magtigste wêreldstede besoek: New York City vir ’n naweek, terug na Washington DC. vir drie dae, en Londen toe vir ’n blitsnaweek.

In New York drink ek die energie in van die donker jazz bars en die blink, hoë geboue, my kop se switch word aangesit en ek word meegesleur deur die lewe. In die warm maag van die stad terwyl ek op ’n trein wag, bring ’n steel drum my tot stilstand wanneer ’n straat-kunstenaar “Amazing Grace” speel. ’n Goddelike moment.

Die skilderye van Picasso; breakbeats in ’n boheemse Queens-partytjie, middagete met die Statue of Liberty wat oor my waghou. Nog momente.

In Washington DC. sien ek die miljoene eenvoudige wit grafstene van soldate, iewers vind Kennedy se woorde ’n nessie in my kop: “It is not what the country can do for you, but what you can do for the country.” Persepsies, wyshede en waarhede, hierdie koekblikkie se deksel is wawyd oop en my kop wil ontplof.

In Londen is dit soos ’n hallusinasie, die vrou wat ’n melankoliese Europese liedjie begin sing op die groen distrikstrein; die bruin dakkies van huisies wat almal dieselfde lyk in die groener weivelde van Londen; die Buckingham-paleis en Diana se stralende glimlag op poskaarte; die African Enterprise winkeltjie wat Mrs Balls Chutney verkoop. Beelde, beelde, oomblikke om te verteer.

“I’ve seen this room and I’ve walked this floor. It is a cold and its a broken halleluja,” sing Jeff Buckley met soveel deurleefdheid in sy stem. Ek lewe vir die eerste keer in wêrelde wat altyd net in my verbeelding bestaan het, en dit bring nuwe vrae.

Ek en ’n groep Suid-Afrikaanse vriende het laas Sondagmiddag in Shephard’s Bush, ’n area waar Suid-Afrikaners gereeld uithang, hiervan probeer sin maak. Ons het ons persepsies en gevoelens met ons identiteit probeer versoeun. Wie is ons, wou ons weet.

In Amerika, vind ek my Amerikaanse droom, ek wil beter en groter dink en droom.

In Londen voel ek vreemd en uit my plek, ten spyte van die miljoene Suid-Afrikaners wat daar is. In Afrika voel ek nie altyd soos ’n African nie; my Engelse Suid-Afrikaanse vriende identifiseer met die Britse kultuur — ons is verlore stiefkinders, voel ons soms.

En tog sê die vryheidsvegter gisteraand aan my, ek is Suid-Afrikaans. Hoe eenvoudig.

Experience and exposure is belangrik tydens jou ekspat-eksursies, maar dan kom jy huis toe.

Home is indeed where the heart is, al is jou persepsies drome en breins oral oor die wêreldstede gesaai.

to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.