Argief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Bieg /
Confess
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Onderhoude /
Interviews
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Rubrieke /
Columns
Kos & Wyn /
Food & Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Feeste /
Festivals
Spesiale projekte /
Special projects
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Geestelike literatuur /
Religious literature
Visueel /
Visual
Reis /
Travel
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Hygliteratuur /
Erotic literature
Kompetisies /
Competitions
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Ingesluk deur Corporate America?

Kytie Koekblik

Gisteroggend het ek my vasgeloop in my eie refleksie in die groot winkelvensters van Ann Taylor. Ek het myself nie herken in my splinternuwe business casual werks-attire nie. Ek lyk skoon vreemd in die roomkleurige business casual dress slacks wat ek aan het en ek kan my eie business casual werkbootse met die vierkantige tone vernaam hoor klik-klak klik-klak as ek in die strate van Washington DC se middestad rondparadeer. Die dae van my studente-retro-outfits is nou verby, en die tyd toe ek sommer in jeans of sweetpakbroek in my eerste werkgewer in die VSA (ek noem hom die Big Cheese) se deurmekaar kantoor kon rondhang, is getel. Ek is mos nou nie meer joernalis nie.

Ek is nou deel van Corporate America.

Corporate America behels dat ek om klokslag 08h30 by die werk opdaag en as ek myself kan verhelp, gaan ek om klokslag 17h00 huis toe.

Corporate America behels dat ek elke oggend getrou my pakkie instant oatmeal eet soos ek al my co-workers sien maak. (Available in different flavors ranging from oatmeal with raisins; oatmeal with maple syrup; oatmeal with apple and cinnamon.) Ek is een van die massas in transit wat elke dag soos Weense worsies in ’n blikkie insqueeze om die underground na downtown Washington DC te neem. Soms, as my skoene se hoë hakke my lam maak, dan trek ek sneakers aan as ek in transit is, en dan dra ek my business casual bootse in ’n Hechts/Ann Taylor/Trader Joe grocery-sak saam werk toe.

Ek eet smiddae microwave meals vir lunch in my nuwe kantoor se conference room, of ek gaan eet take-outs by een van die talle Food Courts in die area. By die Food Court kan ek gewoonlik kies tussen McDonalds, Burger King, pizza, Subway, Mexican en Indian.

In die middae na werk dool ek verby die blinke winkelvensters. Ek sien al klaar uit daarna om ’n raise te kry na my annual review volgende jaar.

Na ek die ongelooflike keuses van klere, juwele en skoene beloer het en in die winkelvenster gecheck het of my wenkbroue dalk ’n waks nodig het, dan stap ek aan na Fitness First vir my workout.

Terwyl ek op die treadmill hardloop, wens ek ek het ’n cute little outfit vir gym en ’n big budget om meer business casual klere te koop, en ek wonder of ek olyfolie het om my groente te sauté en of ek nie eerder ’n slaai met organic groente moet eet nie.

Klink dit of ek ingesluk is deur Corporate American Culture?

Gewis.

Ek moes leer om so georganiseerd moontlik te werk en alles in plekke te file waar ek dit weer kan opspoor sonder te veel moeite; verder moes ek leer om die foon behoorlik te antwoord sodat mense nie vir my aksent skrik nie. Ek moes leer om te transfer en te conference call en ek moet travel advances en “check” requests en leave forms invul en allerhande crazy stappe neem vir elke liewe ding wat ek doen.

Amerika het die begrip red tape verfyn, vermoed ek. Vir elke besluit wat ek neem, moet ek seker maak die hiërargie weet wat ek aanvang en ek moet heeltyd my rug cover om seker te maak ek hou almal in die “loop.” Eers as ek die opdrag kry, “Close the loop”, dan weet ek ek mag optree.

Verder moes ek vinnig leer om baie vriendelik te wees met die office staff en so ver moontlik weg te bly van office dynamics. Dit is soort eiertjies wat onder die oppervlak lê en broei, net om onverwags kop uit te steek en dan kry almal in die omgewing kleintjies.

Corporate American Culture het my ook geleer om op my plek te sit en bek te hou, en net bek oop te maak as my baas op die hoogte gehou moet word van verwikkelings. Vir elke ding wat ek doen, moet ek seker maak ek trap nie op ander tone nie, en terselfdertyd moet ek seker maak ek is heeltyd besig om na my eie interests om te sien …

Want dit gaan immers ALTYD om jou eie interests. Survival of the most greedy and the most ambitious. Gaan leer maar by ons Corporate President GW.

Ek het altyd besigheidskaarte in my handsak en ek is altyd gereed om te netwerk sodat ek die interests kan bevorder.

Op daai noot: ek wens die meerderheid van African Embassies in Washington DC wil ook besef wat Corporate Culture behels. Dan sal ons dalk voordeel uit die sisteem kan trek. If you can’t beat them, join them and learn to take advantage of them ...

By uitsondering van sekere mense in die Suid-Afrikaanse Ambassade en die Ambassade van Botswana wens ek diplomate wil terugbel, betyds by afsprake opdaag, wél by afsprake opdaag (wat hulle gereeld nie doen nie) … so sal Corporate America hulle ook meer ernstig opneem. Dit help nie ons probeer business en investment promote en vir elke tree vorentoe hardloop die ambassades drie treë terug nie …

Corporate Culture in Washington DC gaan op die oomblik aan soos altyd, ten spyte van die oorlog wat oor ons koppe hang — dit hang tog mos nie regtig oor ons gehighlighte hare nie ... Ons eet in ons restaurante en koop klere en gaan werk toe en kyk die nuus op die netwerke. My kleinboet sê mos as ’n mens CNN kyk, lyk die hele Midde-Ooste-krisis soos ’n movie.

Ons is natuurlik nie die Iraki’s op wie daar bomme gedrop gaan word nie. So ons sit maar vasgenael voor die kassie vir die nuutste developments in die “Showdown with Saddam” wat bemark word op ons TV’s.

Onthou altyd, alles in Amerika word bemark en dis waaroor Corporate Culture gaan. Die netwerke het hierdie oorlog bemark met advertensie-slogans soos, “If you’re not with us, you’re against us” en die “axis of evil” en “weapons of terror” en “weapons of mass destruction” en sêgoed wat jou in jou broek laat bewe, soos “the threat against the American people”.

Ons is gevra om ekstra kos, water, kerse en duct tape in ons emergency kit aan te hou net vir in case. Ons is mos immers vrekbang vir die weapons of terror. En moet tog nie van die “nucular” weapons — soos Bush nuclear weapons noem — vergeet nie.

Natuurlik is ons bang ons blinke winkelvensters en die daaglikse verloop van ons lewens word versteur. Die President van Corporate America het ’n deksels goeie joppie gedoen om 65 persent van die Amerikaanse bevolking bang te praat. Het ek reeds genoem dat die terrorist threat alert code nou weer tot oranje verhoog is?

So nou wag ons maar in angs en spanning terwyl ons in cute outfits gaan work-out en uiteet by die nuutste Afghan restaurant in downtown DC.


to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.