Argief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Bieg /
Confess
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Onderhoude /
Interviews
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Rubrieke /
Columns
Kos & Wyn /
Food & Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Feeste /
Festivals
Spesiale projekte /
Special projects
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Geestelike literatuur /
Religious literature
Visueel /
Visual
Reis /
Travel
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Hygliteratuur /
Erotic literature
Kompetisies /
Competitions
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Ideale Liefde is vir moviesterre

Kytie Koekblik

Ek het so ’n maand of wat terug die Ideale Man-debat op SêNet gevolg. Dit was amper soos om ’n soapie te kyk. Ek is ietwat van ’n closet soapie-kyker. Soos al my vriende teen dié tyd weet, al hou ek my ook hoe taf, is ek vreeslik corny in murg en been.

Boonop is ek op daai stadium van my lewe wat ek elke dag ’n skietgebed opsê oor ek so ’n geseënde girl is met ’n Ultimate American Boyfriend. Sien, ek en Afrikaanse mans het nog nooit om dieselfde braaivuur gesit nie.

Hier en daar is daar so ’n Afrikaanse man wat my so effe ge-impress het, soos byvoorbeeld Arno Carstens van die voormalige Springbok Nude Girls. Arno is impressive omdat hy lyk soos ’n moviester, en natuurlik omdat hy kan sing.

Kyk, ’n man moet kan sing. En as hy kan sing en boonop kan skryf ook, is ek selfs meer impressed.

Soos ene Valiant Swart. Valiant sing mos, maar daai pot het klaar ’n deksel gehad en ’n brood in die oond toe ek hom eventually ontmoet. Actually het selfs my ma gesê “Valiant lyk soos ’n goeie seun.”

Dan was daar natuurlik ene Toast Coetzer, koshuishoofseun en boerseun oorspronklik van Cradock, sekerlik die mees oopkop nuwe generation Afrikaner wat ek ken, met ’n verstand soos ’n skerp mes. Toast kan skryf soos min ander mense. Ons het op ’n stadium in ons derde jaar ’n “tekstuele verhouding” gehad, ’n verhouding wat net uit skryf uit bestaan het, en ons het nooit eers so ver gekom om hande vas te hou nie. Maar Toast, ten spyte van die feit dat hy ’n band het genaamd die Buckfever Underground, kan nie sing nie. Hy praat net bo-oor sy agtergrondsmusiek, soos ’n Jack Kerouac, ’n profeet vir ’n nuwe kultuur.

En ek sê mos, ’n man moet kan sing …

Dalk het my probleem met Afrikaanse mans iets te doen met die feit dat ek agter die boereworsgordyn grootgeword het, en van altyd af kliphard probeer het om te sien wat anderkant die gordyn aangaan. Afrikaanse girls soos ek, wat van agter daai gordyn vir die wêreld moes loer, het mos iewers die idee opgetel dat ons moet mooibroodjies en koekies bak in die kombuis, terwyl die man met die braaier en die boerewors die baas is.

Ek stry nog my hele lewe lank teen daai kombuiskoekie-submissive sindroom, en die gevolg is dat ek glad nie kan kook of stryk nie. Ironies genoeg kan ek dus nie behoorlik na myself kyk nie, en ek weet dit worry my ma.

Toe kom ek maar Amerika toe. Ek het gedink ek gaan vir myself ’n beautiful man kry met ’n sterk kakebeen en ’n deurdringende kyk in sy oë, soos Ridge van The Bold and the Beautiful.

My ma kan vir jou vertel, ek het ’n baie bold Amerikaanse man nodig om my wilde natuur daar uit Afrika te tem — kyk, ek kan mos kaalvoet oor die Drakensberg stap as dit moet … So toe beland ek in Washington DC van alle plekke. Ek het sommer vinnig-vinnig besef “dating” is net soos politiek in Amerika. Dit is ’n komplekse politieke, ekonomiese en sosiale konsep.

Dis ’n ekonomiese affair want jy’t geld nodig om mooi te lyk, anders gaan jy nie dates kry nie. Op ’n politieke noot is dit uiters belangrik dat jy ingelig is: jy moet kan onderskei tussen die Democrats, wat ’n eenvoudige agenda het om te score, en die Republicans, wat op die oog af konserwatief is en lyk asof hulle daarop uit is om vrou te vang — maar hulle is ook eintlik net daarop uit om te score.

Die hele Amerikaanse kultuur is actually gebaseer op die konsep om te score — kyk nou maar net die hele besigheid met Irak. Die meeste Amerikaanse mans is óf soos Bill Clinton óf soos George W Bush. Die Bill Clinton-tipes vergelyk nie eers met ons boerseuns nie. Boerseuns weet waar Dawid die wortels gegrawe het; Bill Clinton-tipes weet nie eers wie Dawid is nie, maar hulle kan vir jou van plekke en dinge vertel wat jy nie noodwending by hulle wil hoor nie en hulle weet als van jou persoonlike kombuis. ’n Mens moet net fyn trap of so ’n politikus vang jou in sy net en jy leer op die harde manier, soos Monica Lewinsky.

Die George W Bush-soorte moet jy tog nooit “misunderestimate” nie, om nou ons geagte president te quote. Hulle is miskien op die oog af goeie patriotiese burgers, maar laat ek jou dit vertel: jy trap net op sy toon, dan gaan hy oorlog teen jou verklaar en jou beskuldig dat jy sy self-esteem probeer ondermyn. George W Bush-tipes is geweldig patrioties en proklameer hulle retoriek wyd en syd. Dié op die oog af goeie, gawe soort ou is gou om ons girls van onderduimse terrorisme te beskuldig en homself dan moreel te probeer justify.

Net toe ek dink ek sal maar vir myself ’n Kommunis in Kuba moet recruit, toe slaan ek die jackpot in Amerika met my Ultimate American Boyfriend wat van Las Vegas af kom.

Hallowe’en is ’n eg Amerikaanse okkasie en op Hallowe’en moet jy as girl op jou hoede wees, want die mans is daarop uit om candy te score. So ek wat Kytie is, beland toe een goeie Hallowe’en by ’n mansion in die middel van ’n woud versier met spoke en groteske Hallowe’en-dekorasies. Ek is geklee soos ’n Engel en daar loop ek toe ’n Monnik raak, die spreekwoordelike letterlike Match Made in Heaven.

Laat ek noem dat ek my telefoonnommer vir hom gaan gee het — ek het dus die eerste move gemaak. Ek was in die hemel toe hy my twee dae later e-mail (ipv drie dae soos Amerikaanse dating-reëls dit wil hê). Ek was nog blyer toe hy my nie nooi om hom in ’n bar te ontmoet nie, maar my mooi vra of ek wil koffie drink vir ons eerste date. Op ons tweede date, toe nooi hy my om saam met hom te gaan rollerblade om my stamina en deursettingsvermoë te toets. Ek kon nie stop nie en hy moes letterlik die traffic stop by elke “stoplight” (soos ’n robot in hierdie land bekend staan). Ek het twee maal geval en hy’t my opgehelp en vir my die volgende dag ge-e-mail en gesê dit was ’n goeie verskoning om my hand vas te hou. My eerste piksoen het ek eers op die tweede date gekry ...

Toe ek eventually sy girlfriend word, toe kry ek ’n bos blomme. Hy is ’n Ultimate American Boyfriend en hy is ’n gentleman. Die ouderdomsverskil tussen ons is glo ideaal, ’n volle sewe en ’n half jaar.

My Ultimate American BoyfriendLaat ek noem dat my boyfriend lyk soos ’n moviester. Hy het die mooiste langste bene met groot kuitspiere en hy het die mooiste glimlag in die wêreld en hy kyk of glimlag vir niemand anders soos hy vir my kyk en glimlag nie. Hy het sterk armspiere, maar hy is nie ’n spiertier nie, en hy is lank, sodat ek kan opkyk na hom. Sy groen oë verander kleur net soos myne en ek weet al: as hulle onnatuurlik ysblou raak, moet ek my woorde begin te tel.

Die Ultimate Boyfriend se persoonlikheid is sterk genoeg sodat ek nie kan wegkom met ’n pantoffelregering nie. Kyk hierso, die man wat my wat Kytie Koekblik, die mees ondomestiese girl ooit is, so ver kan kry om ’n tunablik uit te was voor ek dit in die asdrom gooi, is definitief ’n keeper …

Verder eet hy elke poging wat ek aanwend om te kook. Ek het nog net so ongeveer vyf keer in die laaste jaar probeer kook, en as hy so langtand begin eet, dan weet ek al dit was ’n meer onsuksesvolle attempt. Maar selfs dan sê hy iets funny soos, “It started off as one thing but ended up as another …”

Hy is die Ideale Man. Hy sal nooit van my verwag om te stryk nie, want hy betaal vir drycleaning. Hy het nie ’n tuin of ’n braai nodig nie, want hy weet presies wat ’n George Foreman Grill nou eintlik is, sodat hy vir my kan steak kook. Wat maak braaiers in elk geval as hulle in woonstelle sonder tuine bly?

En waar in die wêreld kry jy ’n boyfriend wat na ’n fight of stilstuipe vir jou sê, “Sulke dinge maak net ons verhouding sterker.”

Ek dink ek is nou meer verlief op hom as wat ek ’n jaar en ’n half terug was. Die liefde en maanskyn en rose het nie flouer geword nie, dit word net sterker.

Toe ek in ’n groen uniform rondgeloop het destyds op Kuilsrivier met drade aan my tande en ’n silent crush op my derdespan-rugbyheld, het ek gedink liefde is net vir moviesterre bedoel. Ek het ook altyd geglo dat meer as een deksel gewoonlik op die meeste potte pas. Vandag het ek my eie moviester, my Ultimate American Boyfriend, en ek is ’n happy, happy, baie go lucky girl.

to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.