Argief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Bieg /
Confess
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Onderhoude /
Interviews
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Rubrieke /
Columns
Kos & Wyn /
Food & Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Feeste /
Festivals
Spesiale projekte /
Special projects
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Geestelike literatuur /
Religious literature
Visueel /
Visual
Reis /
Travel
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Hygliteratuur /
Erotic literature
Kompetisies /
Competitions
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Dalk het ek ’n ekspat geword

Kytie Koekblik

In Julie 2000 het ek graad gevang by Rhodes Universiteit. Ek het al my retro outfits en studentemeubels by die “boot sale” in Milnerton gaan verkoop en op ’n vliegtuig geklim Amerika toe.

Ek bevind myself nou al vir meer as twee jaar in Washington DC — die stad wat ’n mens seker maar as die hoofstad van die wêreld kan beskryf. Ek het my eerste Kytie Koekblik-stukke begin skryf oor kultuurskok. Daardie eerste stukke was gekenmerk deur die oop arms-entoesiasme waarmee ’n mens oor die wêreld rondreis om nuwe kulture en stede te ervaar.

Toe ek meer as twee jaar terug hier aangekom het, was ek nie ’n immigrant nie, ek was ook nie ’n ekspat nie, ek was net ’n nuuskierige jong girl uit Kuilsrivier in die Kaap wat wou leer leef in ’n nuwe plek waar ek nie die kultuur of die mense ken nie.

Washington het vir my ’n spesiale aantrekkingskrag. Ten spyte daarvan dat die stad so steriel voorkom, en ten spyte van die oorheersende ambisie en mag en die fast-paced consumer-oriented kultuur, het ek ’n Washington Beyond Capitol Hill ontdek. ’n Kosmopolitaanse stad van uiterstes met klein pockets immigrant-kulture.

In Washington DC kan jy mense van letterlik elke nasie en elke oortuiging ontmoet: linksgesindes, regsgesindes, ver-regsgesindes; radikale; obviously ook terroriste, kapitaliste; hippies en idealiste. Vir elke ekstreme Republican wat glo dat superpowers supermagte moet hê, is daar ’n enkeling wat die wêreld wil red en vir die een of ander non-profit werk.

My pa sê altyd ’n mens “moenie in ’n koekblik leef nie”, bedoelende jy moet oopkop leef en jou horisonne verbreed en nie net in jou eie ek vaskyk nie.

Hier in Amerika het ek net anecdotes en ervarings versamel vir my eie koekblik. Ek het geleer wat dit is om ’n Afrikaner en ’n Suid-Afrikaner en ’n Afrikaan te wees.

In die pre-9/11 Amerika was alles vreemd en opwindend. Jy’t geweet waarskynlik is al die nukes in die wêreld op Washington gerig, maar daar was steeds iets exciting daaromtrent om in die Capitol City te bly. Die voortdurende protesoptogte, die gespot met America’s Corporate President en die un-pc kultuur was vir my iets heeltemal nuut.

Ek kon die mag in die sypaadjies voel.

In pre-9/11 Amerika het ek aan die sosiale en politieke lewe van hierdie stad deelgeneem as ’n observer, ’n foreigner, tydelik in hierdie enigmatiese land.

Ek was nie emosioneel betrokke by Amerika nie. Suid-Afrika was my hartland, en ’n gedagte aan Bloubergstrand of my hondjies of sonsondergang in die Kaap sou sommer my hele hart oopbreek, daai vreeslike huil wat ’n mens wegsteek vir die mense rondom jou wanneer jy letterlik koorsig begin voel van al die trane.

Die klimaat het my onkant gevang, in die winter was ek skoon depressief oor die wêreld so grys om my word. Soms sou die homesickness my sommer so uit die bloute platslaan vir die enigste home wat ek geken het: Suid-Afrika.

Na 9/11 het die fun opgehou vir ’n tyd, dit was asof ek ook skielik besef het: As jy nie vir ons is nie, is jy teen ons … En waar sou ek myself nou posisioneer?

Amerika is nie ’n vreeslike populêre plek onder die Bush-bewind nie, want hy is mos besig om Amerikaners bang te praat, net soos ons in Suid-Afrika bang gepraat is oor die rooi gevare en die swart gevare en wie weet watse gevare nog als.

Ek is gekant teen talle dinge in hierdie super kapitalisties- georiënteerde land, net soos ek teen talle dinge in Suid-Afrika gekant is/was.

Maar ek het ook begin besef dat die land wel sy deure vir my oopgemaak het en vir my die geleentheid gegee het om dollars te verdien en na Kuba en Holland te travel, en dat ek soveel oor myself en my eie land, my eie identiteit en ook oor ander gelowe, nasies en kulture hier kon leer.

Daarom het ek in post-9/11 ook my eie vlaag patriotisme begin ervaar.

As iemand iets te sê het oor “Amerika,” is ek die eerste een om te sê: As jy wil Bush-bash of die major media news networks wil aanvat, praat ek hartlik saam, maar ek sal Amerikaners verdedig teen veralgemenings. Het ons dan nie gesien hoe veralgemening en stereotipering in Suid-Afrika genoeg skade aangerig het nie?

Behalwe dat die land sy deure vir my oopgemaak het, het die Amerikaners ook hulle harte vir my oopgemaak.

Ek date nou al so net meer as ’n jaar die Ultimate American Boyfriend.

Sy pa was voorheen ’n ingenieur in die military, en hy het die stereotipe van American Military in my kop gedeconstruct. Sy pa het vir my gewys wat dit beteken om oopkop te dink terwyl jy ’n man van beginsels is. Sy pa is die eerste wat vir jou sal sê Amerika handel in die naam van sy Economic Interests.

Die boyfriend se ma het vir my ’n Krismiskous gemaak “because you’re part of the family”. Sy het my juis die naweek getreat vir ’n “French manicure” en my hare laat highlight. Ek sport nou deesdae die “All American Ashblonde” look, ná my variasies van swart/blond/pers/pienk/oranje hare.

Die Ultimate American Boyfriend het gister vir my blomme gegee toe hy terugkom van ’n besigheidstrip af.

So Amerika het inroads na my hart gemaak.

Toe ek in September vanjaar in Suid-Afrika gaan kuier het, het ek besef hoe my ekspatness aan my kleef en hoe ek ook, op subtiele maniere, hierdie nuwe kultuur begin internaliseer het.

My Suid-Afrikaanse vriende is almal movers en shakers. Hulle het vir hulleself ’n Home en suksesvolle loopbane geskep.

Washington is die eerste “Home” wat ek vir myself geskep het. Dis die plek waar ek moes leer independent word, ek moes leer taxes betaal en my eie oudit uitsort, ek moet overtime werk op ’n klein salaris sonder die ruggraat van ma en pa se bankrekening, en ek vir my ’n cheap plek moes soek met cheap rent waar ek kan slaap op ’n goeie matras.

Ek moes ook leer om weer dependent te raak toe die Ultimate American Boyfriend my pad kruis. Ek moet nie net my eie needs nie, maar ook dié van die Ultimate American Boyfriend akkommodeer.

En dit het my sommer so op die krop van my maag getref, toe ek begin dink aan my doelwitte vir 2003. My werkspermit verval binnekort, en ek moes ’n keuse maak. Gaan ek huis toe, of probeer ek my nuwe Home behou?

Ek dink Home moet die soort plek wees waar ek my persoonlike doelwitte en my politieke opinies met mekaar kan versoen.

En op die oomblik lyk Washington DC vir my na die plek waar ek wil wees.

So dalk het ek ’n ekspat geword.

to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.