Argief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Bieg /
Confess
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Onderhoude /
Interviews
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Rubrieke /
Columns
Kos & Wyn /
Food & Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Feeste /
Festivals
Spesiale projekte /
Special projects
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Geestelike literatuur /
Religious literature
Visueel /
Visual
Reis /
Travel
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Hygliteratuur /
Erotic literature
Kompetisies /
Competitions
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

’n Hele nuwe besigheid

Kytie Koekblik

Vlug SA210 het geland op Kaapstad Internasionaal. Ek het deur die klein venstertjie vir Tafelberg gekyk. Buite het die son geskyn oor die Kaapse vlakte en ek het gewens ek kon uit die vliegtuig ontsnap en my twee stomgeslaande kollegas agterlos op die Airbus en die pad vat, huis toe.

Het ek al genoem dat ek in murg en been ’n Kapenaar is wat steeds droom oor die Bolandse berge en die wit strande van die Kaap?

Maar nou was ek in transito, op die vlug vanaf Atlanta na Johannesburg vir ’n besigheidstrip. Dit was my eerste keer in die Kaap na ’n jaar en vier maande en ek kon nie eers afklim toe die SA210 land in die Kaap nie. Vir ’n uur lank moes ek deur die klein glasvenstertjie staar na als wat so bekend is en tog so ver weg in my verlede lê.

Maar dit was dan die keuse wat ek gemaak het: om die soort Suid-Afrikaner te wees wat op my aankoms- en immigrasievorms skryf: “Permanent Residence: USA.”

Ek sou in ’n larney hotel bly in Sandton, Johannesburg. Vir die eerste keer sou ek Suid-Afrika ervaar op ’n dollar per diem: vreemde terrein, ’n vreemde stad en ’n Suid-Afrika waarmee ek nog nie voorheen kennis gemaak het nie, die Suid-Afrika van besigheid.

Dit is hoe dit voel om ’n verlore dogter te wees, het ek gedink en begin huil op daardie Airbus, met soveel intensiteit dat my twee kollegas my vermy het. ’n Verlore dogter wat terugkeer na wat ek eens gedink het is die Beloofde Land. (Na als wat in ons Suid-Afrikaanse geskiedenis gebeur het, wonder ek steeds of ek mag aanspraak maak op die Beloofde Land en die kontinent. Maar dit vir eers daar gelaat. Hierdie rubriek is nie oor die intellektuele chips op my skouers en my wroeging oor Afrikanergeskiedenis en my eie identiteit nie.)

Toe ek land in die Kaap, het ek klaar geweet al my vriende sou my spot oor die All-American Ash Blonde look en die Amerikaanse klankie wat my aksent kleur.

As ek sou besluit om op te skop en my hele Amerikaanse lewe te quit, as ek van die Airbus kon ontsnap, sou ek die N2 vat Kaap toe en dan die afrit M5 na Milnerton. Ek sou binne ’n halfuur by die huis wees en langs Blouberg se strand kon gaan stap.

En ek sou heeltyd wonder hoekom ek ooit die Kaap wou verruil vir ’n steriele stad soos Washington DC waar Bush en al die fastfood- en oil-magnate probeer bepaal wat in die wêreld gebeur.

Om in die Kaap en by die huis te wees is soos om in ’n spieël te kyk en jouself onmiddellik te herken. Jy besef skielik agter die gedyede ash blonde hare en jou tong wat nie meer “lekker” of “howzit” so gereeld sê nie, lê ’n konteks. ’n Geskiedenis.

Iewers is ’n kind wat in Kuilsrivier se strate fietsry skool toe; met ’n ouma en oupas in grafte in die rooigrond van die Transvaal; ’n kind wat ’n oumagrootjie onthou met haar lang hare in grys vlegsels terwyl sy met ’n kers in die gang afstap.

En om in daai spieël te kyk en jouself skielik te herken, is ook ’n skok as jy die kraaispoortjies om jou oë raak sien. Want jy het onbekend vir jouself geword. Die meisie in haar business suit wat in Washington DC besigheidskaarte uitdeel en praat oor die African Growth and Opportunity Act en SACU en Bush se commitment to Africa, die grootmens wat tax betaal, is onbekend.

Daarom die trane op die Airbus. Dis asof ek ’n split persoonlikheid geword het.

Wanneer ek in Suid-Afrika aankom, is dit asof die Koekblik skielik oopgaan; wanneer ek in die Kaap land, is dit asof ek ’n ander kant van myself ontdek. Dit is asof ek iets in myself oopsluit — trane en verlange en heimwee en liefde en kreatiwiteit — en ook ’n vreemde gevoel dat ek BEHOORT. Dit alles breek los hier binne-in jou en jy voel weer bekend vir jouself.

Dieselfde deel van myself bly elke keer agter in Suid-Afrika as ek weer terugvlieg na Washington DC en die trane afvee en myself compose en onthou dat ek ’n grootmens is, met ’n grootmenslewe en ’n werk waaroor ek entoesiasties is en ’n lease op ’n great apartment in Washington se hip woonbuurt en vriende met wie ek kan gesels oor American Consumerism en Terrorism en HIV/AIDS en pop culture.

Wat maak ek dan in die VSA as dit so ’n pynlike keuse is wat my in twee skeur?

Dit is nie ’n maklike antwoord nie en ek gaan myself die kans gee om dit so eerlik moontlik te probeer antwoord. Dit is nie ’n swart of wit antwoord nie, dit is ’n antwoord wat altyd verander en nuwe dimensies van grys word, en elke dag tydens my laaste drie jaar in Washington DC verander die antwoord.

Oorspronklik is ek States toe oor ek nie ’n mens is wat nee sê vir ’n avontuur en ’n nuwe ervaring nie. Daarom en daarom alleen het ek stoksielalleen in DC opgedaag in Julie 2000.

Vandag het ek ander redes. In DC het ek onafhanklik geword. Hier het ek vir die eerste keer soos ’n grootmens begin voel wat my eie opinies oor die wêreld en Suid-Afrika en ons geskiedenis en Bush vorm.

Hier het ek ook besef wat dit is om ’n Suid-Afrikaner te wees, want ek moes oseane kruis en in ’n vreemde land en in ’n vreemde kultuur kom bly voor ek freedom fighters uit die struggle kon ontmoet. Dis hier waar ek vir die eerste keer kon leer dat Suid-Afrika actually in Afrika is, en dit is ook hier in die States waar ek kennis gemaak het met die HIV-AIDS pandemic en Black Economic Empowerment. Dit is ook hier waar ek met ander Africans kon interact en besef waar ek vandaan kom. Hier moes ek besef hoe weird dit is dat ek toevallig daar aan die voet van Afrika kon grootword in ’n bizarre beautiful land onder ’n wit minderheidsregering.

In Washington DC het ek geleer dat ek ’n ambassadeur kan wees en hier kan ek perceptions probeer verander oor my land. Hier kan ek ook bestaande stereotipes afbreek oor wat dit beteken om ’n Afrikaner te wees.

Nog ’n rede hoekom ek hier in Washington bly, is dat ek heel happy is om “foreigner” te wees — dit bring soveel vryheid. As mense my gedrag nie verstaan nie, dan dink hulle: “Ag wat, verskoon haar maar, sy is ’n foreigner.” In Suid-Afrika stereotipeer ons mense nog makliker en maak aannames oor hulle politiek en velkleur. Hier in die States dink ek nie elke dag aan die feit dat ek wit is en dat apartheid my bevoordeel het nie. Hier weet ek, as ek onder met ’n entry level salary begin, is ek op gelyke voet met soveel ander. In Suid-Afrika voel dit soms of ek met ’n scarlet letter op my bors rondloop: Ek is wit. Ek is ’n Afrikaner. Ek is jammer oor ons geskiedenis. Kruisig my maar oor my harde woorde, maar dit is hoe ek voel, ek wil nie langer my eie gevoelens invalidate nie. Daar was genoeg repression in ons geskiedenis, ek wil hieroor praat en skryf sodat ek ’n bietjie makliker kan asemhaal.

So hier is ek vandag. Terug van my eerste besigheidstrip na Suid-Afrika. Johannesburg was vir my net so vreemd soos Washington DC nog baie dae is. Die Jozi-spesie was net so gejaagd en net so image-oriented soos dit hier ook maar is.

Die Kaap wat ek so idealiseer, is ook die plek waarheen ek nie kan teruggaan nie, oor dit in my verlede lê. Die verlede is in my koekblik vol herinneringe. Ek kan nie teruggaan Kaap toe nie, omdat ’n mens nie vir ewig in jou ouerhuis bly nie, omdat jy nie jonger word nie, oor ek nooit weer gaan fietsry skool toe nie. Ek kan nie teruggaan Kaap toe nie, oor dit die verloop van die lewe is dat jy ouer word en jou eie klein koninkrykie om jou opbou waarin jy jou omring met herinneringe en mense vir wie jy lief is, nuwe mense wat jou pad kruis. Ek kan nooit weer my ma en pa se dogtertjie met drade aan die tande gaan wees nie — alhoewel ek dit tog ALTYD gaan wees, oor dit my konteks, my legacy, my eie geskiedenis is.

Daai tyd kom wanneer jy nie net ’n stukkie legkaart is wat in jou ma en pa se puzzle inpas nie. Jy begin bou aan jou eie legkaart. Dit is joune, dit is al wat jy het.

Drie jaar terug het ek ’n besluit geneem en States toe gehardloop vir ’n great avontuur — en dit is nou maar eenmaal wat daai grootmenslewe behels: keuses. En jy maak soms impulsiewe keuses sonder om regtig die impak van jou keuse te besef. Ek het nooit besef wat met my kon gebeur toe ek VSA toe gekom het nie. Maar as jy ’n keuse gemaak het, dan moet jy jou daarby berus.

Ek het in elk geval klaar in twee selwe opgesplit. Daar gaan altyd die Kytie Koekblik wees wat wonder of ek dalk nou al in Egoli sou speel as ek in Suid-Afrika agtergebly het. Of ek dalk my eie dramareekse sou vervaardig of dalk ’n talkshow vir ’n new generation of South Africans sou aanbied. Dalk kon ek selfs die eerste Afrikaanse rock diva wees. En ek sou wees naby my ma en pa en ouma en boetie en my hond en vriende. Al die mense vir wie ek so lief is. Dis as ek in Suid-Afrika sou bly.

Maar ek het reeds soveel belê in hierdie nuwe land en in hierdie vreemde kultuur. My job is hier waar ek elke dag werk met Suid-Afrikaanse issues wat my na aan die hart lê, met politiek en ekonomie en trade en investment en development. Ek het nooit eers gedink my loopbaan sou in ’n non-profit wees wat met Afrika werk nie. Maar dit maak my gelukkig.

Ek het ook my hart hier belê in ’n Amerikaanse man, die eerste groot liefde van my lewe.

Sou ek terugkom huis toe, Suid-Afrika toe, om in my land wat ek so verskriklik lief het te kom bly, sal ek moet opofferinge maak. Ek sou waarskynlik ook maar altyd wonder watter rigting die lewe met my sou loop in Washington DC. ’n Deel van my, die kind wat grootgeword en haar eerste plooie in DC gekry het, sal altyd wonder oor die lewe wat ek agterlos in die States. Net soos ek steeds wonder hoe my lewe in Suid-Afrika sou kon gewees het.

Waar ek ook al binne ’n jaar sou bly, of in die volgende tien jaar, of dit nou Suid-Afrika of die States of dalk Kuba is, daar sal altyd iets wees wat ek opoffer.

Dit is dan wat ek besig is om te ontdek. Opoffering. Ek is besig om ’n grootmens te word wat wonder oor myself en my land en waar ek inpas. Ek maak keuses oor geloof en hoop en pessimisme en optimisme en opofferings en rewards, elke dag. Dis dan waaroor dit gaan. Dis bittersoet.



LitNet: 18 Maart 2004

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.