Argief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Bieg /
Confess
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Onderhoude /
Interviews
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Rubrieke /
Columns
Kos & Wyn /
Food & Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Feeste /
Festivals
Spesiale projekte /
Special projects
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Geestelike literatuur /
Religious literature
Visueel /
Visual
Reis /
Travel
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Hygliteratuur /
Erotic literature
Kompetisies /
Competitions
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

’n Tribute aan die Springbok Nude Girls

Kytie Koekblik

Die een of ander dominee het eenkeer beswaar gemaak teen ’n plakkaat waar ’n vertoning deur naakte meisies geadverteer word.

Dit was natuurlik nie meisies nie en hulle was ook nie kaal nie.

Dit was die Springbok Nude Girls.

As jy ’n tiener was in Kuilsrivier, het jy altyd gewonder oor jou bure op Skelmbos se underground musiek-industrie en die Koos Kombuise en Valiante en Dagga-Dirk Uyse van die Bos. Toe boom die Skelmbos-industrie ewe skielik toe hierdie outjie uit Worcester en voormalige DF Malan-boys ’n band begin. Chutney de Ridder het in 1995 in die Jong Burger geskryf oor hierdie Stellenbosch-boys wat destyds gespeel het in Upstairs (wat later Jacobs Ladder genoem is en nog later iets simpels soos Limes en Lemons of so iets obskuurs).

Natuurlik het ons ook na 5FM geluister op ’n Dinsdagaand. Tussen my religious radio luister na Barney Simon se SA Music Explosion en my brekfis oor Chutney in die Maandagoggend Jong Burger, het ek van die Afrikaanse boytjies van Stellenbosch gehoor. Natuurlik het die naam mos jou fancy getickle. Watter goeie boereseuns noem hulleself die naakte dames en dink die tannies en ooms van die goeie Suid-Afrika gaan nie kla nie?

Ekself het iewers in 1994/95 besluit ek wil musiekjoernalis word na ek my onderhoude met Steve Hofmeyr op twee hande kon tel. Die misterie van musikant wees wou ek ontrafel na onderhoude met onder andere Danie Niehaus en Albert Frost van die Blues Broers toe ek en hy altwee 16 was. Daar was ook my onderhoud soos ’n lig in die donker met Johannes Kerkorrel oor sy Bloudruk-album …

Wat gaan in die koppe van musikante aan? — dit was altyd my main motief. Hoe was hulle op skool, wat maak jou oppie verhoog klim om jou guts en siel uit te sing en wat presies is die bestanddele van stage-persoonlikheid?

Toe sit ek een goeie Saterdagaand as ’n happy 17-jarige op Hermanus se duine vir my matriekvakansie en ek hoor hierdie trompet wat loei en ek raak verlief daarop.

My eerste ware encounter met die Springbok Nude Girls.

En ek gaan staan voor daai verhoog op Smileys se strand. Dit was soos magic met die musiek en die see in jou ore. En ek sien hierdie persoon wat sing vir al die mense van die wêreld anderkant horisonne wat sy crazy audience nie kan sien nie, so asof hy iets weet wat ons nie weet nie.

Tot vandag toe sweer ek Arno Carstens het die meeste stage-appeal wat ek al ooit in ’n mens teëgekom het. Bono lyk pretensieus teen hom.

In Junie 1996 word ek toe amptelik en offisieel Kytie Koekblik, idealistiese musiek-junkie.

Toe Arno sing “Pappa ek wil ’n popster word”, toe sit ek al my hopes op die band en ek besluit, in my lifetime sal daai band popsterre wees of anders gee ek sommer moed op.

Daai selfde Junie het ek my eerste onderhoud met die band gehad. Dit was in die dae toe trumpeter Adriaan Brand sulke bont wyepyp-broeke gedra het. Kitaarspeler Theo Crous het ’n bos hare gehad en Arno het sy Edblo Energizer-hempie gedra.

Ek het net 18 geword en ek is nou nie eintlik behandel asof iemand my ernstig opgeneem het nie. Wie neem nou iemand ernstig op wat vrae vra soos waar kom jou band se naam vandaan en waar was jy op skool? (Maar ek het nooit die band-naam-vraag gevra nie; ek het geweet dit was taboe in musiekkringe — maar ek is seker soortgelyke simpel of geclichéde vrae het wel in my nervous chitter-chatter/interview opgeduik.)

Ek was nooit ’n joernalis se kleintoon nie — daarvoor het ek te veel passion en te min objektiwiteit gehad. Ek was deep down ’n fan — almal het gunsteling-bands soos REM gehad, net ekke nie, ek was into my South African music met hart en siel.

Daai tyd toe ek 18 was, was die Big Five bands: die Springbok Nude Girls, Sugardrive, Squeal, Lithium en Urban Creep. Ek het hulle almal sien speel, honderde kere. My generasie het binne ’n vyf-jaar-periode al hulle CD’s gekoop en agter hulle aangejaag na klein stofdorpies en gigs regoor Suid-Afrika. Ek het Urban Creep sien opbreek, daarna het Squeal en Lithium ook gesneuwel. Die Nude Girls het net groter en groter geword soos wat ek ouer geword het, asof hulle ’n soundtrack was vir my varsity-jare. Ek het gesien toe Theo al sy hare afskeer en toe Arno sy rokke en vests verruil vir Levi-jeans en toe Adriaan wegdoen met sy neongroen bellbottom.

Ek het my probeer joernalis hou by tye en met die Nudies onderhoude gedoen, maar ek dink ek was net hulle grootste fan, ek het altyd starstruck geraak as ek hulle moes interview — ek sou hulle kon motiveer met my geloof in hulle as hulle die motivering nodig sou gehad het.

Ek het gedink, wroeg maar deur die onsuksesvolle stadiums en identiteitskrisis in sommige songs, want julle gaan dit eventually doen. Daar was genoeg glinsterende genius-oomblikke, die frase van ’n trompet wat teen jou kop waai, ’n bas-line wat in jou belly dreun, Arno se stem wat hoog teen die dak vas-eggo, soms ’n song soos ’n gem wat jy na die eerste luisterslag onthou.

Die Nude Girls het geëksperimenteer, en soms het hulle kompleksiteit in hulle musiek met chaos verwar. Soms het ’n song begin soos ’n magtige hit, en dan binne twee minute in obscurity verdwyn. Soms het hulle ’n smooth pop song gemaak wat jy vir die volgende jaar sou saamsing.

Ek het gedink as hulle lank genoeg aanhou, gaan iemand hulle ontdek. Iemand buite Suid-Afrika wat hulle op covers kon sit en op wêreldtoere kon stuur. As joernalis het ek gehoop ek sou die een of ander contribution kon lewer en help om die band famous te maak of so iets ridiculous. Ek is mos maar ’n hopelose idealis.

Elke liewe vriend en vriendin en familielid van Kytie is gesubject aan die Nudies se musiek. My koshuisbure moes hoor hoe ek die CD’s op repeat speel. Ek sou voor my radio sit en elke song scrutinise: dis ’n vrot idee, hier is die vocals yl, daar is ’n drombeat uit tyd uit, hier is ’n juweel, hier is ’n hit. Ek het elke liewe CD gekoop en al die songs uit my kop uit geken. Ek het daai band sien speel oral oor die provinsies van Suid-Afrika, in klein klubs in Somerset-Wes, op Kalkbaai, in klein plekkies soos Northam.

Toe ek laasjaar States toe trek, toe gooi ek al my ou posters uit van die honderde gigs en festivals wat ek bygewoon het. Dit was so half soos om jou geskiedenis uit te gooi. Maar die een poster wat ek saam met my dwarsoor die oseane gesleep het, was ’n 1996 Springbok Nude Girls-poster van hulle Virgins Rights Tour. Dit sit nou nog teen die muur van my kamertjie in die VSA en almal vra my altyd uit oor daai poster. Dis ’n foto van ’n gehawende pop op ’n vlakte, en daai foto herinner my aan Suid-Afrika en aan my geskiedenis van roadtrips deur vlaktes en aande tussen sweterige crowds voor donker verhoë.

Die beste nuus ooit was toe ek laasjaar hoor die Nude Girls kom New York City toe. Ek het sommer op die eerste bus van Washington DC af na New York geklim en daar opgedaag soos ’n verdwaalde 22-jarige met ’n bespreking waarvan die een of ander dodgy backpackers vergeet het. Ek moes in die donker tussen al die geel cabs rondhardloop tussen my hostel en hulle hotel en hoop ek word nie ’n victim van violent crime of mugging in daai crazy stad nie. Maar dit was die moeite werd. Ek het die Nude Girls se latest album in die Hit Factory in New York City gehoor en saam met die band in jazz-klubs rondgehang. Langsaan was ’n tipiese movie-styl stripklub en ek het gedink, dis so half ironies om saam met die ware Nude Girls te sit en na SA musiek te luister in Manhattan.

Ek is terug Washington toe met die nuwe songs in my kop. Ek het gevoel asof die Nude Girls my konneksie tussen my ou wêreld en my nuwe wêreld geword het. Sommige van hulle songs, soos die reggae tune “I Love You” en “Baby murdered me” het wêrelde en herinneringe in Suid-Afrika opgeroep, maar die nuwe album was deel van my nuwe Amerika-experience.

Ek was sommer homesick die week na New York. Sonder om eers twee keer te dink, het ek vir my ’n kaartjie Londen toe bespreek waar die Nude Girls en Sugardrive by ’n South African music festival in Shepards Bush gespeel het. Ook daar het die Nudies al my nuwe wêrelde met mekaar laat bots: in die VK, Amerika, Grahamstad, Kaapstad of Kuilsrivier, was die een link met al my wêrelde nou die band.

Toe kom die nuus soos ’n skokker vroeër vanjaar: Sugardrive het opgebreek. Die Suid-Afrikaanse musiek-industrie is dood, het my bronne uit SA laat weet. Poegaai. Al die bands het opgebreek en Oppikoppi is nie meer Oppikoppi in Northam nie maar op die vlaktes van Pretoria.

No worries, het ek gedink. Die Nudies het dan so pas ’n nuwe album uitgebring, ses maande terug …

Laasweek het die cyberspace die doodstyding vir my gebring.

Die band het nou ook gesneuwel. Waarom tog, ek weet nie. Ek voel sommer siek as ek dink ek gaan nooit weer voor ’n verhoog staan en huilerig raak as “Blue Eyes” gespeel word nie. En nooit weer gaan al my spiere so tegelyk begin ruk op die beats van “Spaceman” nie.

Dis dan die einde van ’n era, dink ek. Die einde van die nineties-idealisme en vyf jaar in my lewe wat SA-musiek gehelp het om my persoonlikheid en my memories te vorm.

Kytie is mos nou juis in hierdie grootmenswêreld van bills en tax audits en verantwoordelikhede. Ek is nou een van daardie sad cases wat altyd refer na die pre- en die post-dae, en die tyd toe Suid-Afrikaanse musiek my identiteit geëggo het …

to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.