Edie van die AardeArgief
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

'n Betervreter bieg

Edie Boshoff

Nou die aand kon ek dit nie meer hou nie. Praat toe 'n vriendin om om gym te dodge en eerder saam met my by die Spur te gaan eet. Dit was nie moeilik nie - sy is ook 'n Spur-junkie. Het ek al genoem dat ek verslaaf is aan Spur-kos? Ek weet nie of dit die vet, die vleis of die pienk sous is nie - maar as Spur-kos op straathoeke te koop was, het ek dit waarskynlik gemainline. Het ek al genoem dat, bo en behalwe my Spur-verslawing, ek ook 'n ernstige comfort-eater is? Terloops, wat sou die Afrikaanse woord vir "comfort-eater" wees? Trooseter? Knusknager? Betervreter? Sê maar laasgenoemde. En nou wonder ek - wat sou die faktore of omstandighede wees wat 'n betervreter tot gevolg het? En, op 'n meer persoonlike trant, wat het hìerdie betervreter gevorm?

My ma was verskriklik gesond-eet- betjoinks. Ek en my susters mag soveel vrugte geëet het as wat ons wou, maar dit was ál wat vryelik beskikbaar was in ons huis. Net een glas vrugtesap per dag. Kaas. Spek. Olywe. Noem maar op. Alles was gerantsoeneer (en ook maar beter so, of ons sou haar in bankrotskap en onsself in diabetes ingevreet het). Maar een maal per week het 'n wonderlike, wonderlike dag aangebreek. Vrydae was die dag waarop ons elkeen 'n tjoklit uit 'n bak wat baie, baie hoog weggebêre was, kon kies. Dit was die hoogtepunt van my week. Ek het gereeld oor daai bak gedroom (behalwe vir die aand vóór die groot dag - dan kon ek skaars 'n oog toemaak). Ja, ek was 'n depraved klein monster wat net mooi enigiets vir lekkergoed sou doen. Niemand kon dit beter vreet as ek nie.

Ook was ek 'n nimmereindigende peuselaar. My ma moes my compulsion opgetel het, want sy het my unlimited access gegee tot nog iets: ontbytgraan. Ek dink dit sê "Puffed Wheat" op die pak, en binne-in is die korinkies, mooi al die kleure van die reënboog gedye, amper soos 'n acid trip in 'n plastieksak. Nou, ek kon soveel van die ONgegeurde en ONgekleurde variant eet as wat my hart begeer het. Ma se konsessie. Nie heeltemal dieselfde as die soet, bontes nie, maar beter as niks. Dus het ek die meeste middae na skool gou my huiswerk afgehandel, 'n beker met pofkoring gevul en met 'n boek agter die swaar sitkamergordyn gaan sit. Daar het ek op die eighties flokati-mat gesit en lees en knibbel en dagdroom, vir ure en ure aaneen. Totdat ek gewoonlik op 'n stadium in my ma se stem kon hoor dis tyd om NOU uit te kom.

En daar (so vermoed ek), agter die pofkoringgordyn, is die bloudruk vir my betervretery gevorm. Die wêreld agter die pofkoringgordyn was 'n plek waar ek (met 'n koppie pofkoring of ses as padkos) meer tuis was as in die wêreld vóór daardie gordyn. En daai wêreld is vandag nog my gunstelingplek. My bed het nou wel die pofkoringgordyn vervang (ek het net blinds voor my vensters), maar afsondering, ontsnapping en versnaperings bly die drie constants in my betervreet-equation. En wat kan als beter gevreet word? Vra eerder wat nié!

Ek sou selfs so ver gaan as om te sê dat daar vir elke teëspoed 'n betervreet-antidote is. Voorbeelde:

  • Teëspoed 1: Voel depressed maar weet nie hoekom nie.
    - Betervreet-antidote: KFC Streetwise Meal # 2, pienk Steri-Stumpie en 'n pak Jelly Babies
  • Teëspoed 2: Fight met ouer/sibling/body corporate/baas/…
    - Betervreet-antidote: Vis en chips, Plat Aero, pak Fizzers en 'n bier
  • Teëspoed 3: Break-up
    - Betervreet-antidote: Grootste roti in die land (jy kry hulle in Mowbray), bak roomys, 2-liter Coke en 'n halwe bottel Tas.
  • Teëspoed 4: Finale, FINALE Break-up (wanneer jy besef dis vir altyd verby)
    - Betervreet-antidote: Grootste roti in die land, Spur-burger, Tong Lok Sweet & Sour Pork, 2-liter Coke, 6 biere, 'n pakkie Marlboro Lights en Rapport of 'n Huisgenoot, alles deur Mr Delivery afgelewer (behalwe Rapport/Huisgenoot) en in die bed geconsume oor die loop van 'n naweek.

Ja, dis nogals sad. Ja, dit laat my beter voel. Nee, ek voel nie rêrig skuldig na so 'n uitvarksessie nie. En nee, ek het nog nooit my vinger in my keel gedruk na 'n betervreet nie (wel al slegs slaai geëet gedurende die twee weke tot die volgende sessie). Maar dit bly maar sad. Dank die vader ek het nie kinders nie. Dank die vader ek het 'n vinnige metabolisme (miskien al daai pofkoring?)! En dank die vader ek weet deesdae hoekom ek depressed raak, dat die vrede met my ouers/susters/bure/baas hou en dat ek nou al 'n hele ruk lank single is. Ook dankie vir Fizzers, Jelly Babies, plat Aero's, Coke en pienk Steri-Stumpies. En dank die vader vir Spur.

Take me theeeeeeeere!



LitNet: 09 Maart 2005

Wil jy reageer op hierdie rubriek? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.