Edie van die AardeArgief
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Mein Kampf

Edie Boshoff

My kampreël # 1 - toiletpapier, toiletpapier, toiletpapier - is die afgelope naweek gedemoveer na tweede plek. Kampreël # 1 is nou Vergewis jouself van skoolvakansiedatums en druk jou kamplus in jou gat totdat hierdie periode verby is. Anyway. Ek is pas terug van 'n naweeklange kamptrippie.

Dit was lekker. Dit was heerlik. Maar dit was fokkenwarm. Die paaie was fokkenbesig. En daar was fokkenbaie mense, tente, karavane en kinners, kinners, KINNERS net waar jy kyk. Ek is getannie by die pool, getannie in die toilets, getannie in die see en getannie terwyl ek die eerste drie kilometer van die Otterwandelpad gewandel het. OK, eintlik net die eerste twee kilometers, want my kampmaat, Lekkerjan, se plakkie het gekak en ons moes omdraai. Aanvanklik wou ek hom aanpraat oor sy swak beplanning (ek meen regtig, plakkies?!), maar eerstens het ek self plakkies (nie substandaard nie) aangehad, tweedens het ons ten tyde van die plakkie se ondergang al twee keer die spoor byster geraak en derdens was ek lusser om in die see te gaan swem as om in die bloedige son voort te hike.

Ja, die dae was lank en warm. En, aangesien ons net 'n naweek gehad het en ver moes reis, het ons baie tyd in 'n warm kar op besige paaie spandeer. Maar tussendeur al die stof, sweet, verkeer en ongeskikte receptionvroue het ons baie tyd gehad om te praat. En so het ons een aand om die kampvuur 'ontdek' dat die kampering-ondervinding die essensie van menswees omvat. Oorlewing, you know. Hier's ons teorie: So gou jy en 'n maat (of maters) gaan kamp, raak julle as't ware 'n clan in die kleine. Skielik is dit julle teen die res van die wêreld. Julle migreer van kampeerterrein tot kampeerterrein, kom in aanraking met ander clans, moet sosialiseer, moet territory negotiate, moet julle besittings oppas. Julle is op julleself en julle survival skills aangewese soos nooit tevore nie. Al die oorlewingselemente is daar. Migrasie. Skuiling. Vuur. Kos. En natuurlik moet julle die vrede in julle eie clan bewaar - julle voortbestaan hang daarvan af. Want face it. Daar is niks wat 'n trip kan opneuk soos clan in-fighting nie.

Hande op wie was al trapped op 'n trip met 'n irriterende donner wat 1. Nie kan ophou stront praat nie 2. Nooit in die rondte is wanneer daar skoongemaak/opgewas/gepak moet word nie 3. Sy/haar bankkaart by die huis vergeet, by almal geld leen en gewoonlik na die trip soos 'n groot tentpen verdwyn? Dis fataal. Die implikasies is groot en verreikend. Vriendskappe kan tot niet gaan ("Wie het die donner in die eerste plek saamgenooi?"). Die clan kan opsplit om nooit weer te migreer na enige kampeerterrein nie ("Ek klim nooit weer in 'n kar saam met enigeen van daai assholes nie.").

Maar, ten spyte van al hierdie oorlewingsrisiko's, ten spyte van die struggles, doen kampering iets vir jou siel. Iets pre-histories in jou menswees ontwaak. Jy jag ice creams en maak pamflette bymekaar. Jy kry 'n idee van die vastness van die wêreld, en jou klein plekkie daarin. Jy sien twee sterre verskiet terwyl jy langs 'n bos piepie, 'n valk wat 'n kolhaas oor die pad jaag, 'n travelling gang tarentale wat van tent tot tent kos demand en 'n bontebokma en kalfie sesuur die oggend by die ablusieblokke.

Dis hoekom ek weer sal gaan. Hitte, karre, karavane, die migrasie van miljuisende ander clans met miljuisende kinners - bring it on. Ons sal oorleef. Ons het oorleef. Ons oorlewing is verseker.


Klik op foto vir vergroting en volledige onderskrif

die pad was lank en warm
Enjinears
die aande lank en koel
op 'n plaas
lekkerjan verander 'n karavaan in KUNS
slaap
kinnerkleertjies by die poel

en die lang gesiggie?
 



LitNet: 10 Januarie 2005

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.