Argief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Bieg /
Confess
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Onderhoude /
Interviews
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Rubrieke /
Columns
Kos & Wyn /
Food & Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Feeste /
Festivals
Spesiale projekte /
Special projects
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Geestelike literatuur /
Religious literature
Visueel /
Visual
Reis /
Travel
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Hygliteratuur /
Erotic literature
Kompetisies /
Competitions
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Maart 1999

Maartmaand se “allamagtig!”-vonds is ’n webwerf waar ’n mens Esopus se fabels, die sprokies van Hans Christian Andersen asook fabels deur Jean de la Fontaine en Ambrose Bierce kan lees. “Aesop’s Fables — Online Collection” is pragtig uitgelê en geïllustreer, kompak en netjies. Soveel om te lees — en alles verniet!

Wanneer jou oë begin swem van al die fabels wat jy op die skerm gelees het, gaan sitlê jy in ’n leunstoel en slaan ’n boek oop. Jy lees: “I have just returned from a visit to my landlord — the solitary neighbour that I shall be troubled with.” Watter boek is dit? Wuthering Heights van Emily Brontë, natuurlik. Jy haal ’n ander boek uit die rak. “This is the saddest story I have ever heard.” In jou hande hou jy ... The Good Soldier van Ford Madox Ford. As jy die eerste sinne van al die boeke in jou versameling ken, is “First Lines” net vir jou. Wees gewaarsku: dit gaan jou ure besig hou. Dit is ’n soort vasvra, met die eerste sinne van dosyne boeke waarvan jy die titels reg moet raai (die antwoord word opgetower met die druk van ’n knoppie). Dit is heerlik om jou gunstelinge te herken, en om te jeuk van nuuskierigheid oor onbekende boeke waarvan die eerste sinne jou onmiddellik betower.

CNN se boekeblad is altyd ’n staatmaker. Gaan lees die eerste hoofstuk van Welcome to the World, Baby Girl, geskryf deur Fanny Flagg, wat ook reeds Fried Green Tomatoes at the Whistle Stop Café op haar beroemde kerfstok het. Daar is ook ’n leksel van die Nigeriese skrywer Wole Soyinka se “The Burden of Memory, the Muse of Forgiveness” en onderhoude met Isabel Allende, John Updike en Alice Walker (kyk in die argief).

Jonathan Demme se powere rolprentweergawe van Toni Morrison se briljante boek Beloved draai tans in rolprentteaters. Lees meer oor Beloved, waarvoor Morrison ’n Pulitzerprys gewen het by die Nobelpryskomitee se webwerf oor haar (Morrison het in 1993 die Nobelprys vir Letterkunde gewen).

Die veteraanskrywer Iris Murdoch is op 8 Februarie vanjaar oorlede. Besoek ’n uitstekende webwerf met inligting oor haar en haar boeke. Daar is ook ’n diepgaande studie oor die godsdienstige aspekte van haar werk op die net en ’n kort biografie.

Vir nuus oor Nederlandse skrywers en hul dinge, besoek die maandelikse literêre joernaal Meander.

Elektroniese groete, tot volgende keer.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.