Argief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Bieg /
Confess
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Onderhoude /
Interviews
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Rubrieke /
Columns
Kos & Wyn /
Food & Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Feeste /
Festivals
Spesiale projekte /
Special projects
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Geestelike literatuur /
Religious literature
Visueel /
Visual
Reis /
Travel
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Hygliteratuur /
Erotic literature
Kompetisies /
Competitions
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Februarie 1999

Welkom by LitDorings — ’n maandelikse verslag van verwikkelinge in die boekhoeke van die webwêreld. Soos die ontdekkingsreisigers van ouds sal ek vreesloos rondswerf en later voetvoos en gehawend verslag kom doen oor begaanbare poorte na die elektroniese vastelande. Ek sal die waters toets en doodloopstrate identifiseer, dan kaarte optrek en wenke deel. Deur te kliek op die skakels op hierdie blad, kan jy saamreis sonder om in dieselfde strikke te trap as die verkenner en sonder die ontberings van webwerwe wat nog onder konstruksie is, spookadresse of die tirannie van kuberk(w)akke. Die skakels op hierdie blad is bielies, staatmakers, dorings. Skop jou skoene uit, voel die mat teen jou sagte voetsole, en volg die gids!

Splinternuut op die Net is Book magazine. Lees in die eerste elektroniese uitgawe van dié tydskrif die artikels oor Robert Pinsky, Amerika se poet laureate, of Tom Wolfe, wat die Amerikaanse literêre wêreld na ’n stilte van 11 jaar weer aan die praat het met sy jongste roman, A Man in full.

Terloops, ’n uittreksel van A Man in full verskyn op die net. Uittreksels uit ander topverkopers kan op dieselfde webblad gevind word.

The On-Line Books Page is ’n soortgelyke webblad wat nie net uittreksels nie, maar volledige boeke te lese bied. Lees George Bernard Shaw se Man and Superman of Guy de Maupassant se Bel-Ami op jou skerm. Wie’s lus om Die Bybel of Die Koran op die Net te lees? Soek hulle onder die lys van verbanne of voorheen verbanne boeke (en is jy langtand vir die religie, probeer DH Lawrence se Lady Chatterley’s Lover). Die On-Line Books Page verskaf ook ’n volledige lys van Booker en Pulitzer-pryswenners met ’n indrukwekkende getal skakels na hul manuskripte. Lees van dié werke of besoek regstreeks die amptelike Booker en Pulitzer-webblaaie vir meer inligting oor die skrywers. Nog ’n webadres waar ’n mens volledige manuskripte kan lees, is die Online Library of Literature. Die aanbod van beskikbare titels is meer beskeie, maar die tekste is almal meesterwerke.

Vandeesmaand se prys vir ’n webblad-met-woema gaan ongetwyfeld aan die UCT Poetry Site. Lees gedigte van Kelwyn Sole, wie se jongste bundel, Love is That Night, een van drie poesiëbundels is wat die Mail & Guardian se lys van 100 Kersboeke gehaal het (loer ook in die Mail & Guardian se elektroniese argief en lees die toespraak wat Sole by die bekendstelling van sy bundel gemaak het).

Van eie bodem terug in die wye wêreld: besoek die webblad van die Blue Moon Review, een van die wonderlikste letterkunde-tydskrifte op die Net. Die jongste uitgawe van die elektroniese kultuurtydskrif Cultronix bevat ’n interessante artikel oor die kolonialisering van die kuberruim. Die skrywer wys daarop dat baie van die terme wat no wêreldkundig is, ontleen word aan romans soos Neuromancer deur William Gibson (1984). Gibson is die vader van die term “cyberspace” en het dit in sy roman beskryf as “consensual hallucination” in the “nonspace of the mind”.

Op ’n ietwat ligter noot is die enigmatiese El Super Cow se essay oor die dryfsand van taal. Aan die einde van ’n lang kuberreis is dit raadsaam om litte los te maak met Dave’s List of Words That Are Fun To Say. As jy wil weet watter soort mens ’n “skamakowitz” of “beeblebox” is; hoe jy optree as jy “discombobulate” of “pecksniffian” is; watter gemoedstoestand die woord “zog” beskryf; of wat ’n “fandango” en “oligopoly” is: kliek net op dié woorde. Die betekenisse word vir jou in die Webster Dictionary opgesoek en selfs vergesel van ’n uitspraakgids.

’n Mens kan nie van brood alleen lewe nie en, na soveel woorde, kort ’n mens prentjies. Gaan kyk na Piet Grobler se illustrasies en Philip de Vos se (Engelse) versies by Multi-Data. Om die tweemanskap se poetse te sien, moet jy kliek op al die onderafdelings van die blad, en dan op die prikkels wat ’n verrassing beloof.

boontoe