Argief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Bieg /
Confess
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Onderhoude /
Interviews
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Rubrieke /
Columns
Kos & Wyn /
Food & Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Feeste /
Festivals
Spesiale projekte /
Special projects
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Geestelike literatuur /
Religious literature
Visueel /
Visual
Reis /
Travel
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Hygliteratuur /
Erotic literature
Kompetisies /
Competitions
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Liewe lesers

Ek, palings en Viagra

Was vanoggend weer vir emotional therapy. Doen dit een dag per maand wanneer ek al my aandag vrywillig aan my senior burgers gee. Die matrone van die tehuis noem my tyd met die agt seniors wat sy aan my toevertrou het, group activity. Ek noem dit terapie. En dit is. Ek hou die groep weg van die stoele waarop hulle lang-vergete drome begrawe lÍ, en hulle kry my reg vir my oudag. Oor hoe ek die kersvet net op die regte temperatuur moet het om dit op my bolip en ken te sit as die hormone opdroog en die baard sy verskyning maak; hoe om my lyf eendag statig en met waardigheid uit my huis te vat en in ’n tehuis te gaan bly wanneer die kinders besluit dat my huis klaar betaal is en hulle nie die las van ’n eie huis kan bekostig nie; hoe om met trots by my portuur van my agterkleinkinders te kan spog wat ek nooit gesien het nie; hoe om te verstaan wanneer my kinders se huise ewe skielik te klein geraak het om my oor naweke by hulle te huisves; hoe om al my ipekonders na vore te bring as my kind skielik besluit dat ek by haar moet gaan bly omdat die huur wat sy my gaan vra, ’n hele honderd sente minder as dit is wat ek by die tehuis betaal.

Ek leer als, en vanoggend is ek weer in die ruim sonnige stoepkamer waarin ons die groepgesprekke hou. Nege stoele staan reg en ek wil net op een gaan sit en op die span wag, toe ek die ding op ’n stoel sien. Groot en wit met vet rooi letters daarop. Vir ’n oomblik moet ek my oŽ vinnig knip en weer kyk. “Ek en Aids” dans soos rooi vlamme teen ’n wit agtergrond voor my. Wie verwag om dit in ’n ouetehuis te sien? Nie ek nie! Hier is g’n plek vir so iets nie! Dit hoort nie hier nie, gons dit in my gedagte. Of ... doen die oues van dae dan nog ...?

’n Dankbare sug van verligting glip oor my lippe toe die groep hul verskyning maak. Mevrou Steyn is eerste. Krom maar statig met ’n loopstok in die regterhand en ’n rietmandjie wat haar piesak onder ’n pienk kombersie versteek, laag teen haar linkersy. As groet knik ek net my kop, want ek het lankal geleer om haar nie hardop te groet nie. Sommer daai eerste dag al toe ek deur die matrone aan die groep voorgestel was. Daai dag het ek almal met die hand gegroet soos ek aan elk voorgestel was. Voor mevrou Steyn se stoel gekom, het sy haar lyf dieper in die stoel gewurm en die matrone toegesnou: “Kon niemand ’n regte mens vir die groep kry nie? As iemand my genader het, sou ek iets aan die saak gedoen het!” Haar oŽ het iewers op my groot bors tot ruste gekom toe ek haar maar sonder ’n handdruk groet. “Daar is niks goeds aan hierdie mŰre nie! En ek groet net persone met wie ek gemaklik voel!”

Ek weet nie of ek meer verbaas of geamuseerd was nie. Ek het al baie name gehad, maar nog nie dŪt nie. En die groep was bont!

Die matrone het maar rooi getrek, en ek het maar my oŽ op die pyp van die piesak gehou wat by ’n opening in die naat van die eienaar se groen broek uitgekom en onder die pienk kombersie verdwyn het.

Ek het gedag dat mevrou Steyn haar van die groep sou onttrek en by een met ’n regte mens aansluit. Sy het nie. Sy’t elke keer ’n stoel ver van my af in die kring beset en dwarsdeur my gekyk en bo-oor my gepraat.

“Goeie more, mevrou Willemse!”

My kakebeen raak skielik slap en ek voel hoe my mond oopval. Sy het my gegroet! Na al die maande groet sy my! Ek gee haar ’n vinnige, agterdogtige kyk. Iets is verkeerd. Sy is soos altyd netjies uitgevat, maar haar rooi lipstiffie is amper oor haar hele ken gesmeer. My oŽ gly vinnig na die ander lede toe. Daar’s fout. Meneer Groewee se ontbyt sit in koue hawermoutklonte op sy das en mevrou Pienaar het vergeet om die pienk sponshaarroller, wat hoog teen haar voorkop sit, uit haar hare te haal. Dit steek soos ’n platgedrukte blom onder die gehekelde swart hoed uit. En die gewone pratery is weg. Elkeen gaan sit stil in ’n stoel. Mevrou Steyn verbaas my weer toe sy langs my kom sit en haar stoel nog nader na my toe wikkel. Ek loer onderlangs na haar, maar haar oŽ is op die plakkaat op die stoel genael terwyl sy sukkel om nog nader aan my te kom. Al sewe van hulle se oŽ is op die plakkaat gerig.

“Gaan meneer Williams vandag by ons aansluit?” onderbreek ek die swaar stilte.

As antwoord buig almal vooroor om die plakkaat nog beter te sien.

En toe praat ek maar met die plakkaat. “Ek sien vandag se onderwerp is Aids. Maar kom ons gesels eers oor HIV en hoe dit versprei word en ...”

“Toe ek nog ’n kind was,” sÍ mevrou Steyn hier vlak langs my terwyl sy my aan my linkerarm gryp, “het ek eendag saam met Pappa in die rivier gaan palings vang. Ek het ’n groot een gevang. Pappa het my gehelp om die paling uit die water te kry en om die vishoek uit die ding se mond te haal. Net toe Pappa die paling se keel wou sny, het ek die koue paling gegryp en dit sommer onder my trui gedruk sodat dit kon warm raak. Dit was my paling. Die nat, koue, slymerige, kriewelende paling wou nie stillÍ nie. Kon ook nie warm raak nie. Sy mond het net oop en toe gegaan totdat dit later net oop gebly het. Ek het dit op die rivieroewer begrawe. Het van daardie dag af nog nooit weer vis van enige soort geŽet nie.”

Ek is verward. Kan om die dood nie sien wat palings met Aids te doen het nie. “HIV word deur ...” probeer ek om almal weer rigting te gee, maar meneer Goosen knip my kort. “Ja-a-a. In my kinderjare was dit die groot depressie en die regering het ons gehelp om daardeur te kom. En toe raak TB ’n epidemie, en die regering gee inspuitings en medisyne verniet. En toe kom diť ding wat nou daar op die stoel sit, en die regering sit agteroor en los als in ons hande! Hulle sit liefs Viagra op die mark en dis skaars hier, of die hele Home se mans sleep vlerk straat se kant toe om ... hmm. Verskoon tog, dames” eindig hy met ’n verleŽ kuggie, maar die oŽ bly op die plakkaat.

’n Lig gaan in my verwarde verstand aan die brand en my oŽ is ook op die stoel en plakkaat.

Meneer Goosen se kuggie het egter die tonge los, maar mevrou Pienaar kry eerste ’n woord in. Met ’n dreigende vinger na die plakkaat toe. “Ek het dit sien kom! Daai tyd al toe algar teen Gods gebod gegaan het en van Lot en sy vrou vergeet het. Ek het my tjinners en kleintjinners gewarn, maar hulle glo mos nie in my visions nie. By the way, ek het vir julle ook gewarn! Ek het julle gesÍ hoe die hele Kaap in my vision leeg is en daar oral net doodskiste staan. Ek het julle van die groot rooi lint gesÍ wat ek oor al die doodskiste gesien het. Ek het julle gesÍ, maar julle wou nie luister nie. Ook nie hy nie!” Sy wip rats op en klap die plakkaat met ’n rumatiekhand van die stoel af sodat dit onderstebo op die ronde bruin mat lÍ. Die ding het skaars op die mat geland, of almal is gelyk aan die praat.

“Ek het elke dag vars veldblomme op die paling se graf gaan sit.”

“God sy dank dat my Poplap nie meer hier is om als te aanskou nie.”

“Ek sien ’n swart kombers oor die hele Home en algar is daaronder toegegooi!”

“Dis Viagra se skuld! Ons moet ’n petisie optrek om dit uit die land te kry!”

“Ek sien donker dae sonder govermint-aid wat ...”

Ek wikkel mevrou Steyn se hand versigtig van my arm af en spring op en gaan staan op die mat en kyk om die beurt na elkeen terwyl ek orde roep. Ek hoef eintlik ook nie om orde te vra nie, want almal is skielik stil en kyk my met groot bevreesde oŽ aan. Ek staan op die gevreesde plakkaat. “Goed,” sÍ ek met ’n kalm stem om hulle angs te verminder. “HIV en Aids is hier om te bly totdat daar ’n genesing gevind word. Maar ons kan maatreŽls tref om onsself daarteen te beskerm. HIV word nie net seksueel oorgedra nie, al ...”

“Mevrou Willemse!” roep meneer Goosen geskok uit. “Hier is dames teenwoordig en sulke gesprekke is nie vir hulle fyn ore bedoel nie!”

“Maar ...” ’n Klop aan die deur onderbreek my en ’n verpleegkundige kom die vertrek binne. “Mevrou Willemse,” praat sy met ’n sagte stem, “matrone wou jou dringend spreek voor jy die groep ...” Haar oŽ vang die leŽ stoel en haar woorde droog op. Met ’n sagte sug draai sy haar rug vinnig op ons en stap deur toe. Maar ek het alreeds die trane gesien.

Sterkte

Dido

to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.