Argief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Bieg /
Confess
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Onderhoude /
Interviews
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Rubrieke /
Columns
Kos & Wyn /
Food & Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Feeste /
Festivals
Spesiale projekte /
Special projects
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Geestelike literatuur /
Religious literature
Visueel /
Visual
Reis /
Travel
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Hygliteratuur /
Erotic literature
Kompetisies /
Competitions
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Liewe lesers

Daai dag

Van 29 Augustus af is ek die een wat gedag het dat g’n berg of heuwel in my pad of krag sal staan om die mense van die tornadoramp met krag en bystand te help nie. Ek en my moed en durf kon als aanpak. Mure en bakstene het om en op my en my gesin gereën. Die een oomblik staan ons nog almal reg om Bybel in die hand uit ons middelste woonstel op die tweede verdieping van die drie verdieping hoë sement-en-blok-baksteengebou uit te stap. Kerk toe. Nee kyk, in dié Mannenberg kan mense maar roof en moor en aangaan, maar Sondagaande is die kerk van hoek tot kant volgepak. Of daar nou mense in die kerk sit en om vergifnis bid vir dit wat hulle nog beplan om te doen, sal ek nou nie weet nie. Elke huis het sy kruis, sê my Boek.

Elk geval, Bybel in die hand staan ek toe daar in die oop deur om seker te maak dat manlief en ons kroos darem ordentlik lyk om in die heilige plek te gaan sit, toe ons almal skielik soos lappoppe in ons huisie rondgeslinger word. Vastrapkans was daar nie, want die hele huis het nes die stormagtige Kaap van Storms geruk en geskud. Sommer net so. Sonder waarskuwing of ’n ding. Of die huis se mure en bakstene eerste op ons neergestort het, en of ek eers die donker lug gesien het waar die dak en vloer van die boonste verdieping veronderstel was om te wees, weet ek nie. Ek was lam geskrik. Die einde van die wêreld was op ons. Ek wou dit so graag in my aanbiddingsplek ontmoet.

Skree kon ek nie, want elke slag as ek my mond wou oopmaak, het die harde reënbui by my keel en neus blyplek gesoek en my laat stik. Maar al wou ek ook, sou ek nie kon nie. Niemand sou my hoor nie. Almal was aan die skree. Oral rondom my het ek mense hoor gil en skree. Openbaring was vervul. Allah, help!! Jirre, wees my genadig!! Was oral te hoor. Sammie! Rita! Griet! was my angskrete. Ek moes eers my gesin in die chaos kry, en dan na bo om hulp roep. Die angskrete was net in my kop, want die woorde wou nie oor my lippe kom nie. Stokstyf geskrik.

Seker die reën wat my gedwing het om op te staan. Of die mense wat huilend en paniekbevange heen en weer oor my lyf getrap en gespring het om na hul geliefdes te soek. Eers dag ek dat ek nie kon beweeg nie. Maar nadat ek ’n stuk dak van my bors afgepluk het, en myself betas het, sukkel ek op. Behalwe vir die seer soos ek deur die wind of stene rondgepluk was, en die skrape en knoue, makeer ek niks nie. Op my bene gekom en rondgekyk, wens ek om in ’n floute weg te sak. Maar floute kom nie op aanvraag nie en ek is gedwing om my oë in skok oop te hou. Ek het my op die grondverdieping bevind. Nugter alleen weet hoe ek daar geland het. Op ’n ope grondverdieping sonder mure. Die hele drieverdiepinggebou lê oral om my. Net stukke sement en baksteen en meubels om te getuig dat dit wel eens aan ’n gebou behoort het. Toe eers kom ek agter dat ek onder ’n dubbelbed wat skuins teen ’n stukkie muur beland het, geland het.

Binne ’n paar minute — of was dit sekondes? — was als waarvoor ons so hard gewerk het, weg. Missing. Sonder insurance. My gesin ook. Maar ek het soos ’n slaapwandelaar oor die puin geloop. En gesoek. Ek was nie al een wat gesoek het nie. Almal het. Ook diegene wat vinnig in die reën met als waarop hulle hul hande kon lê, weggesluip het. Ek het straat op en af gedwaal en na my gesin gesoek, maar oral was dit dieselfde. Verwoesting. En gulsiges wat in die chaos met meubels en goed in die reënstorm verdwyn. Laat hulle maar vat en gelukkiges wees. Die een se dood is die ander een se brood. My gesin!

’n Arm het my na die Nico Malan Verplegingskollege gelei. ’n Staatsgebou wat as ’n rampsentrum gemerk is. Die Rampsentrum. Stemme het my gevra wat my naam is. Ek kon nie praat nie. Maar ek kon skryf. Onduidelik en amper onleesbaar. Maar iemand kon lees, en my met my gesin verenig. ’n Bleek, vuil en huilende gesin. Ek moes vir almal sterk wees. Moes slapelose dae en nagte deur werk. Om ander te help. Moes my neus vir my eie sweet en stink reuke toedruk en ander troos. Moes met trane in my oë staan en toekyk hoe die hele Kaap en land hul harte, beurse, kos- en klerekaste oopmaak. Naasteliefde is ’n werklikheid. Self met my eie oë gesien.

Was ook deel van diegene wat tred moes hou oor wat die dringendste behoeftes was. Kos. Maatskappye het hul harte en fabrieke oopgemaak. Maar die trokkevol suiker, rys, Coke en goed kom nou nog. Het iewers tussen die fabriek en die rampsentrums in die niet verdwyn. Die wat het, kry meer. Die laaste bietjie word ook van diegene afgevat wat niks het nie.

Tydelike huisvesting moes vir almal gesoek word. Ek bid dis tydelik, maar klink tydloos. My man bly in ’n sentrum in Mitchell’s Plain. Ek en die kinders druk kop onder ’n lêplek in ’n weeshuis in Athlone. Makie sakie. Ons lewe. God sy dank daar’s net twee dood. Maar dis genoeg.

Ek troos almal. Het nog nie self ’n traan gestort nie. Tot vandag toe ’n maand later. Net oor ek by ’n huis ingegaan het om te help om die egte skade van die tornado te bepaal. Die gesin was gelukkig. Nie ’n krap of ’n ding aan ’n baksteen nie. Nooi ons binne en offer ons tee wat ek gretig aanvaar. Ek maak my tuis in die rooi bal-en-klou gemakstoel van die gesin wat ek nooit in my lewe gesien het nie. My trane rol toe ek na die krapmerke op die houtleuning van die stoel kyk. My oudste het haar naam daarop uitgekrap toe sy nog in groot sub A was.

Sterkte

Dido

to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.