Pop se gedagtesArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Bieg /
Confess
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Onderhoude /
Interviews
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Rubrieke /
Columns
Kos & Wyn /
Food & Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Feeste /
Festivals
Spesiale projekte /
Special projects
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Geestelike literatuur /
Religious literature
Visueel /
Visual
Reis /
Travel
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Hygliteratuur /
Erotic literature
Kompetisies /
Competitions
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Kreatiewes en amokmakers

Chutney de Ridder

Kunstenaars is veronderstel om wispelturig te wees, raait?

Soos die weer, die een oomblik sonskyn, die volgende oomblik bedonderweer. Uit die gepynigde siel van die mens vloei die mees kreatiewe idees, reken hulle mos. Of soos die Engelsman sê: There is no art without suffering.

Kyk maar na die tientalle voorbeelde: Jim Morrison van The doors, ’n diep, hartseer seun met ’n handvol roerende gedigte, Kurt Cobain, Jimi Hendrix, Michael Hutchence, Janis Joplin, die skilder Francis Bacon, Van Gogh — die lys kan aangaan. Ek het respek vir dié klas van dinge. Van my beste kreatiewe oomblikke het juis voortgespruit uit diep en bittere beproewing.

Soos die keer toe ek “Hey Jude” gesing het in die Skippiebar in Voortrekkerweg, Parow, ná ’n klein finansiële motor-terugslaggie vroeër die dag.

Die tasbare pyn in my stem, daardie rou emosie vertrek op my gesig, het selfs die blinde klawerbordspeler met ’n knop in die keel gelaat.

En die ander gaste in die Skippie, ses of sewe stuks vroue — almal beroepsdames wat saans werk (maar nie in kantore soos ons dit ken nie) — was meegesleur, not a dry eye in the house!

Ek het later ’n duet saam met een van hulle gesing, maar ek kon sweer haar stem was laer as myne. En daai adamsappel het my laat wonder. Toe maak ek myself maar eerder uit die voete.

Elk geval, wat ek wou sê, is dat mens dikwels baie eerliker met die waarheid omgaan as jy dit aan jou sak, lyf of siel voel. Kyk maar na die groot liriekskrywers in Afrikaans — almal mense wat met eerstehandse kennis te koop loop.

Hier is Koos du Plessis en David Kramer twee van ons voorste eksponente. Valiant Swart, Paul Riekert, Francois Blom, Gert Vlok Nel, Koos Kombuis en Karen Zoid is ook goeie voorbeelde, maar daar is nog vele ander wat nie toelaat dat die ontbloting (of openbaarmaking) van innerlike struwelinge hulle afskrik nie.

Raad aan aspirant-liriekskrywers, digterlikes en prosaplegers: moenie probeer mooi skryf nie, moenie ’n ding met ’n ompad vertel nie, maar wees reguit, openlik en bowenal eerlik.

En laat die anties en omies maar die blommende blommetjies, die golwende golfies en die seilende seilskippies besing, want daar is ’n mark (en ’n backtrack) vir alles.

Ek het ’n bietjie skindernuus heelpad van Aardklop af. Dié het ek van my ore en oë op die toneel gekry, maar omdat ek hierdie ore en oë so goed ken, sal ek dit maar eerder (as die waarheid) met ’n knippie sout neem.

Die Anton Goosen en Vrinne-show, waar top-kunstenaars in die land die liedjieboer se songs gesing het (amper soos “Death to the Pixies”, maar in Afrikaans), was glo ’n hoogtepunt, maar met ’n paar klassieke laagtepunte.

Die warmste skinderbrokkie is dat Karen Zoid glad nie by die vertoning opgedaag het om “Bring vir die harlekyn” te sing nie. Sy het net eenvoudig weggebly en niks laat weet nie, ook nie die rehearsal bygewoon nie. En Anton is juis so ’n groot aanhanger van haar! Dit moes seker ’n taai klap in sy gesig gewees het.

Iemand vertel ook dat ’n Steve Hofmeyr-plakkaat op die vertoning opgeveil is. Enige bod? Blykbaar nie eens R2 nie!

Heita, wat het van Potch se smaak geword?

En dan is daar die gerug wat loop dat Dozi glo R5 per handtekening gevra het. O ryperd, onthou net, elke sentjie kom met die komplimente van maksi-spaar!

Die rubriek “Pop se Gedagtes” verskyn elke Maandag in die bylae JIP en word met vriendelike vergunning van Die Burger redaksie hier gebruik.

to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.