Pop se gedagtesArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Bieg /
Confess
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Onderhoude /
Interviews
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Rubrieke /
Columns
Kos & Wyn /
Food & Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Feeste /
Festivals
Spesiale projekte /
Special projects
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Geestelike literatuur /
Religious literature
Visueel /
Visual
Reis /
Travel
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Hygliteratuur /
Erotic literature
Kompetisies /
Competitions
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Stel jou sangtalent ten toon, soos adv Barbie

Chutney de Ridder

Dis darem verbasend watse goeie reklame ’n paar groot titels ’n mens in die sak kan bring, mymer my filosofiese vriend Aap Vermaak nou die dag toe hy die soveelste keer terugblaai na die Huisgenoot-artikel oor “adv Barbie” met die dubbel-D’s soos Pamela Anderson s’n.

Nou hoe bedoel Aap dan nou?

Nee, hy bedoel maar net, sê Aap. Al wat jy moet doen om bekendheid te verwerf, is om bereid te wees om ’n spektakel van jou te loop staan en maak. As daar een of ander titel aan jou gekoppel kan word, is jy almal se boesemvriend.

Voorbeeld, Aap?

Noem jouself “Barbie” en die hele wêreld neem kennis. Of dam ’n joernalis by en jy haal die voorblaaie. Suid-Afrika kort Idols wat ietsie meer om die lyf het, ouens wat hul vuiste teen persvryheid inspan, vrouens wat die verskil tussen bates en laste ken.

Nou ja, my en Aap se tête-à-tête oor hoe om die gewildheidsleer te bestyg, het nie tot enige aardskuddende gevolgtrekkings gelei nie.

Die basiese afleiding wat ek kon maak toe ek Aap se aandag ’n oomblik van die artikel kon wegskeur, is dat mens nie op jou alie moet sit en wag dat die geleenthede na jou toe kom nie.

Doen selfondersoek, steek jou hand in eie boesem, gryp die kans voor die bors en mélk daai geleentheid! Jou kanse op sukses, roem en dalk bietjie rykdom is beter as die gemiddelde Jan Rap wat sit en dagdroom daaroor.

Kyk nou byvoorbeeld na hierdie kans wat in jul skoot val. Die Vuurdoop-liedjiekompetisie, aangebied deur Beeld, Geraas en Janus Musiek, bied opkomende sterre die geleentheid om in twee kategorië — Afrikaanse ligte kontemporêre musiek en Afrikaanse rock — deel te neem.

Liedjieskrywers kan 1 000 kort CD’s en ’n verspreidingskontrak wen — net reg om enige talentvolle aspirant-kunstenaar op die pad na plaaslike roem te plaas. Geraas sal boonop video’s van al die finaliste se handewerk vervaardig.

Die kompetisie is oop vir alle kunstenaars en groepe wat nog nie vantevore ’n Afrikaanse musiekopname of Afrikaanse lirieke kommersieël uitgereik het nie.

Jy moet ’n demo-kasset/CD met ’n minumum van drie (maksimum vyf) oorspronklike liedjies saam met die inskrywingsvorm instuur.

Die vorms is verkrygbaar van Janus Musiek. Bel dié musiekmaatskappy gerus by 021 362 4262. Die sluitingsdatum vir die kompetisie is 15 Augustus 2002 om 5 nm.

Benewens die CD’s en verspreidingskontrak sal die wenners drie dae ateljeetyd by RP Studios in Auckland Park kry. Janus Musiek borg die vervaardiging en verpakking van die CD, wat sal bestaan uit een snit en twee alternatiewe verwerkings daarvan en ’n omslagboekie van vier blaaie.

Nou ja, julle dink miskien “Vuurdoop-Scmuurdoop”, maar kyk bietjie wie was al vorige wenners van die kompetisie: Elle Chapman, Mel Botes, Buckfever Underground (as ek my nie misgis nie). Die groep Duusman was destyds ’n finalis en so ook Eugenie Grobler en Herman van der Berg.

As Afrikaanse musiek jou dus na aan die hart lê en jy al jou hand aan lirieke gewaag het, kan jy mos nie so ’n kans laat verbyglip nie.

Gaan maak nou daai demo-CD of -kasset, dis tog veel makliker en goedkoper as om die mate van jou bates te rek. Wie weet, dalk staan jy ook eendag breëbors in Huisgenoot en spog!

Aap stem volmondig saam: As jy die titel van SA se liedjiemeester wil dra, moet jy uithaal en wys. Moet tog nie jou talente onder die maatemmer wegsteek nie.

Die rubriek “Pop se Gedagtes” verskyn elke Maandag in die bylae JIP en word met vriendelike vergunning van Die Burger redaksie hier gebruik.

to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.