Pop se gedagtesArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Bieg /
Confess
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Onderhoude /
Interviews
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Rubrieke /
Columns
Kos & Wyn /
Food & Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Feeste /
Festivals
Spesiale projekte /
Special projects
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Geestelike literatuur /
Religious literature
Visueel /
Visual
Reis /
Travel
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Hygliteratuur /
Erotic literature
Kompetisies /
Competitions
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Goue sterre aan noordelike bands op KKNK

Chutney de Ridder

Feesbaniere wapper halfstok en gehawend, geskeurde aanplakbiljette met varkore hang verbleik aan posbusse, winkelvensters en mure, leë bierblikke en halfgeëte worsbroodjies peul uit oorvol vullisblikke — nog ’n Klein Karoo Nasionale Kunstefees het op Oudtshoorn sy alie gesien.

Ek het die laaste rooi stof van my uitgetrapte Doc Martins afgeborsel net voordat julle hierdie woorde begin lees het.

Feesvoos, vuisvoos en verrinneweer deur die onherbergsame Karoo-son leun ek terug in my gunsteling-leunstoel. Wat het ek vanjaar wysgeraak by waarskynlik die funkyste kerkbasaar op ons planeet? Laat ek bietjie dink.

  1. Die Kaapse musiektoneel is ’n rigtinglose slaapwandelaar vergeleke met die goedgeslypte stormtroepe uit Pretoria en Johannesburg.
  2. Die deursnee-Afrikaner is verknog aan luisterliedjiekunstenaars — dit neem obsessiewe afmetings aan.
  3. Moenie ’n Afrikaanse kunstenaar op sy baadjie (of sy skoene!) takseer nie.
  4. Bier vir ontbyt is NIE ’n goeie gedagte nie — dit maak nie saak of Johnny Cash in ’n stadium so gesing het nie.

My standplaas vanjaar was die Tassenberg-Stalteater. Dis hier waar ek in ’n kwessie van ’n week agt vertonings per dag gesien het. Dis hier waar ek tot die gevolgtrekking gekom het dat die Kaapse musiektoneel ’n drastiese inspuiting nodig het, want dit is vaal in vergelyking met die kleurryke spulletjie uit die noorde.

Hoogtepunt sonder twyfel: die Brixton Moord en Roof Orkes. Dis nie ’n blaasorkes nie, en die orkes het niks met die polisie te doen nie — hulle rock in Afrikaans met lirieke wat jou hare laat rys. Spergebied is hul debuut-CD — koop dit op sig.

Hoogtepunt nommer twee: Riku Latti as solo-kunstenaar, maar ook as duo saam met Jean (eks-Duusman). Nogmaals ’n noordelike lig wat skyn, nogmaals puik lirieke aangevoer deur Riku se akoestiese kitaar en Jean se saxofoon.

Goue sterre aan Diff-olie vir hul gatskop-attitude, Wouter van de Venter vir sy treffende vertolkings, Scicoustic vir sy aansteeklike energie en Battery 9 — omdat hy dit verdien. En dis almal bands uit die noorde!

Die Kaapse musiektoneel? Ai tog. Waar is die nuwe bands, mense? Daar is tog ’n klomp talent en goeie rolmodelle: Valiant Swart, Delta Blue, Spinnekop en Akkedis, om enkeles te noem.

Waar is die mense wat luister na die briljante Sons of Trout (een van die beste uitvoerings in die Stalteater vanjaar!) en besluit dat dit hul kreatiewe snare tokkel?

Ek wag in spanning, maar in dié stadium is dit 1-0 vir Gauteng.

Luisterliedjie-kunstenaars net waar jy kyk op die fees. Op elke hoek en draai kraai een en die mense drom saam. Toegegee, smaak verskil. Maar ek kan nie verstaan hoekom mense sou wou luister na ’n kunstenaar wat met niks besonders vorendag kom nie, geen waarde tot die plaaslike musiekbedryf toevoeg nie.

Ja, en dan het ons die Steve Hofmeyr-moleste. Niemand is verhewe bo kritiek nie, Steve. En selfs al was van die kritiek onregverdig (’n persoonlike mening), dink ek nie geweld is die manier om jou ontevredenheid uit te druk nie.

Ja, joernaliste kom met moord weg. Die geskrewe woord is ’n magtige wapen en moet oordeelkundig gebruik word, maar ons het genoeg geweld in dié mooi land; ons soek nie nog nie.

Drank het, soos gewoonlik, gevloei. Seker jou keuse as jy op 15 al slingerende op ’n vreemde dorp wil wees. Dis net skrikwekkend om te sien hoe die dronkies optree en watter twak hulle kwytraak. Dit was ’n verleentheid.

So ja, my KKNK-wasgoed is uitgehang. Tot ’n volgende keer.

Die rubriek “Pop se Gedagtes” verskyn elke Maandag in die bylae JIP en word met vriendelike vergunning van Die Burger redaksie hier gebruik.

to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.