Pop se gedagtesArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Bieg /
Confess
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Onderhoude /
Interviews
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Rubrieke /
Columns
Kos & Wyn /
Food & Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Feeste /
Festivals
Spesiale projekte /
Special projects
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Geestelike literatuur /
Religious literature
Visueel /
Visual
Reis /
Travel
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Hygliteratuur /
Erotic literature
Kompetisies /
Competitions
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Lotto nooi breek steelkant

Chutney de Ridder


Ek weet Valentynsdag het gekom en gegaan. Maar so ’n romantiese oomblik kan mens nie ongesiens laat verbygaan nie.

Natuurlik verwys ek na ons singende Lotto meisie, sy wie se naam jy heel ironies in die woordeboek tussen “amok” en “amoreus” aantref. Dis Amor, die kwiksilwer-hartedief, wat steelkant om die oond gebreek het om Joost, haar nommer 9 Springbok, in besit te betrap.

Kyk, as iemand vir my so ’n liefdesverklaring in die openbaar gestuur het, sou ek waarskynlik van naam of nommer verander het. Maar nie ons eie Amor nie.

“My nommer 9, jy bring die beste in my na vore. Jy laat my lag, sing en dans van blydskap. Jou pragtige hart, spesiale manier van omgee en liefde maak [*gelukkig g’n komma hier nie!*] van my ’n beter mens. Dankie dat jy in my lewe gekom het...”

Amor het pas haar derde CD uitgereik en dit goed gedink om haar “nommer 9” in die omslagboekie te bedank vir sy volgehou ondersteuning by haar konserte en so aan.

Joost is natuurlik — heel onwetend — besig om onverantwoordelik op te tree. Ja, dis inderdaad sy grootste mistasting agter die skrum tot op hede. Maar die liefde is blind, so ons moet hom vergewe.

Ek bedoel, dis sy ondersteuning wat Amor laat “lag, sing en dans”. En ek het Amor al drie sien doen. Op Noot vir Noot, waar anders, wat ek as straf moes kyk omdat ek nie die gras gesny het soos ek my pa belowe het nie. Ek het lyfstraf ontgroei, sien, nou gee hulle my pak op die manier.

Ek het nog nie Amor se nuwe CD gehoor nie. Maar as dit klink soos dit wat sy daar langs Johan “onderstebo-baadjie” Stemmet staan en doen het, kan ek net hoop dat Joost tot sy sinne kom en sy tortelduifie vra om ‘seblief tog haar talente onder ’n maatemmer te verberg.

OK, wag bietjie — voor julle weer die strydbyle opneem: ek wou maar net sê dat smaak verskil. Party mense hou van “oorspronklike Suid-Afrikaanse musiek” wat klink soos Euro-pop met ’n dansritme, ander verkies hul twak onverdun.

Ek is in die laaste groep. Dus doen ek aan die hand dat julle uitkyk vir die Brixton Moord en Roof Orkes se debuut-CD Spergebied wat geloods gaan word by die Klein Karoo Nasionale Kunstefees.

En hier is nog plaaslike pêrels wat in julle CD versameling moet skitter — die Dollyrockers se Glory, Glory, Frosted Orange se My Love is a Leopard, die kompilasie CD Vloek van die Kitaar met sy 18 rocksnitte wat kronologies begin by Anton Goosen en eindig by Karen Zoid en die nuweling Jakkie Louw, wat pas sy debuut Makietie geloods het.

Al hierdie produkte behoort te koop te wees by die Tassenberg Stalteater by die KKNK, die einste plek waar ons einde vandeesmaand gaan kuier tot die swaargewonde daeraad uit die dieptes van die nag hinkepink. Die Legende nooi ons uit: “kom haak vas in die musikale Tabernakel van Tas!”

Vinnige internasionale brokkie: die Rock and Roll Hall of Fame het uiteindelik besluit om die Ramones erkenning te gee vir wat hulle met musiek aangevang het.

Die naam is miskien vreemd vir meeste van julle, maar die groep was die voorvaders wat die spore getrap het waarin groepe soos Pearl Jam, Nirvana en ander rocklustiges sou volg.

Ander toevoegings tot die Hall is die coutrykitaar-koning Chet Atkins en die lieflike malletjies Talking Heads.

Die rubriek “Pop se Gedagtes” verskyn elke Maandag in die bylae JIP en word met vriendelike vergunning van Die Burger redaksie hier gebruik.

to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.