Pop se gedagtesArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Bieg /
Confess
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Onderhoude /
Interviews
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Rubrieke /
Columns
Kos & Wyn /
Food & Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Feeste /
Festivals
Spesiale projekte /
Special projects
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Geestelike literatuur /
Religious literature
Visueel /
Visual
Reis /
Travel
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Hygliteratuur /
Erotic literature
Kompetisies /
Competitions
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Herrie oor ‘godslasterlike’ liedjie

Chutney de Ridder

Was dit Kareltjie Marx wat destyds in agttien-voertsek iewers iets oor godsdiens geskryf het? Godsdiens is opium vir die volk, het hy gereken. Dis die sug wat ’n onderdrukte wese uitlaat, die hart van die hartelose wêreld. Of so ietsie.

Kareltjie is natuurlik nie familie van Franz Marx nie. Franz sou reken Egoli is die opium vir die mense. En hy is waarskynlik nie ver van verkeerd nie, of hoe, mevrou Voorstedelik? Maar dit is ’n heel ander storie.

Ofskoon die sepie en die filosoof niks gemeen het nie, het ek noodgedwonge aan albei gedink nadat ek onlangs ’n beriggie in ’n koerant gelees het. Die gebeure daarin was so dramaties dat dit sepie-afmetings aangeneem het.

En omdat die kerk by die drama betrokke was, het ek aan Marx se woorde gedink. Nie dat ek noodwendig daarmee saamstem nie, maar dit bied stof tot nadenke.

Die storie loop so: Koos Kombuis en die Belg Stef Bos het saam die liedjie “Die Duiwel en God” geskryf en gesing. Die musiekprogram Geraas (SABC2) het ’n video daarvan geskiet en uitgesaai.

Die snit is gegrond op die simboliese stryd tussen goed en kwaad, en hoe nou verwant die twee aan mekaar is; hoe nou die skeidslyn tussen die twee is.

Koos en Stef “vertolk” die rolle van God en die duiwel, en dit het kerkmense hewig ontstel. Soseer dat dr Frits Gaum, redakteur van Die Kerkbode, in ’n hoofartikel die liedjie as “godslasterlik” afgemaak en dit as “weersinwekkend” en “pynigend” bestempel het.

Die snit het gaan draai by die Uitsaaiklagtekommissie, wat bevind het daar is niks godslasterliks in die liedjie nie. Die Kerkbode was nie in sy noppies met die bevinding nie.

Nou ja, ek moet eerlik erken ek het nog nie die snit gehoor nie. En ek wil ook nie daarop aanspraak maak dat ek Koos persoonlik ken nie. Ons het egter al by geleentheid ontmoet en hy het nog nooit vir my as ’n godslasteraar voorgekom nie, vir wat dit werd is, dr Gaum.

Ek kan maar net my beskeie mening lug oor die redenasie agter die uitspraak dat dit lasterlik sou wees om “God” en die “duiwel” in gesprek met mekaar te laat tree.

Destyds was baie goed godslasterlik of sondig. Op Sondae kon ’n mens net kerk toe gaan, jou knuppeldik eet aan ryk kos en dan in ’n middagslapie verval. Swem was uit, behoed die mens wat naaldwerk wou doen, musiek (tensy gewyd van aard) was sondig, en selfs storieboek lees is met ’n frons begroet.

Dit wás so, want iemand het êrens besluit dit moet so wees. Geen vrae nie. Daardie ewige skuldgevoel het soos ’n skaduwee oor jou gehang as jy Sondagmiddag skelmpies die laaste hoofstuk van Jasper die rugbyheld in die swanger stilte van jou binnekamer gelees het.

Die heilige vrees wat daardie soort godsdiens by mense ingeskerp het, en byvoorbeeld predikante van kansels af laat verkondig het dat popmusiek, duiwels en dans sonde is, het baie mense verwar.

Wie bepaal wat godslasterlik is? Is dit die Kerk se plig om ’n soort morele waghond te wees?

Indien wel, het hy Koos Kombuis en Stef Bos se woorde bekyk vanuit die konteks waarin dit geskryf is, of het hy hom blind gestaar teen ’n “kru liedjie wat God se eer aantas en gelowiges ontstel”?

Die rubriek “Pop se Gedagtes” verskyn elke Maandag in die bylae JIP en word met vriendelike vergunning van Die Burger redaksie hier gebruik.

to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.